Nee Chris, God het dit toegelaat. Lees die res. Paulus vra vir God 3 maal om die engel van satan weg te neem, maar God doen dit nie. Dink jy Paulus het nie geestelike oorlog gevoer nie? So wat sê dit vir jou? God het dit toegelaat. God is bo alle mag, alle krag en alle heerskappy. Niks kan gebeur op aarde as God nie vooraf toestemming daarvoor gegee het nie. Ek het jou al verduidelik dat as satan mag gehad het om alle mense te vermoorr, hy dit in een dag sou doen. Maar lyk nie of jy dit kan begryp nie.
Wat dink jy sou gebeur het as God vir Paulus uitgelos het om homself te verder te verhef en hoogmoedig en trots te word? Dink jy dit sou God se toestemming weggedra het as Paulus so in hoogmoed en in trots verval het? Hebr 12 het ingeskop, ook vir Paulus, maar dit sal jy ook nie verstaan nie.