Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 1 of 8 123 ... LastLast
Results 1 to 10 of 79

Thread: Die Soewereiniteit van God

  1. #1

    Die Soewereiniteit van God

    Daar mag by baie mense die vraag opkom: Is God Soewerein? Gryp God in op die aarde, of los hy die mens uit om sy eie wil te volg, en te maak wat hy wil.
    Ek het gepoog om dit saam te vat, maar daar kon soveel meer bygevoeg word in hierdie klein boekie. Dit het my oe oopgemaak om God te bestudeer en Hom uit die Woord van God te leer ken soos ek nog nooit tevore verstaan het nie.

    Lekker lees, Hein
    Attached Files Attached Files

  2. #2
    Chris, Jy het my beskuldig met die volgende woorde:
    "Ek het dit vinnig gelees en vind dit lasterlik en ek weet dat jy rerig spyt gaan wees dat jy sulke drek in die waarheid kan verweef."

    Wat was daar in hierdie boekie waaroor jy nie saamgestem het nie? En ek vra dit omrede jy so vinnig gelees het?

  3. #3
    Hein

    Ek dink nie ons sal verder as jou punt 1 kom nie maar kom ons probeer.

    Jy reken God het satan geskape. Ek het vir jou goeie nuus, God het nie, die mens het. God het Lucifer geskape, Hy kan nie foute maak nie, die mens wel, die mens het satan geskape en gee hom vandag nog al die mag wat hy het. Kyk die video, die oubaas verduidelik baie mooi.

    Chris

  4. #4
    Chris.

    Ek weet nie waarom jy dit nou noem nie? Ek het gevra wat het jy in die boekie gelees waarmee jy nie saamstem nie?
    slang, duiwel, versoeker, vervalle satan, vader van die leuen, owerste van die mag van die lug, lefitiaan, draak, of vervalle lucifer - moet ons nou met woordjies speel?

    My vraag aan almal was dit en waarna jy kan dink: Was dit in God se Raadsplan? My antwoord was ja!. Dit was nie 'n verassing vir God gewees toe lucifer dit aanvang nie. God het 'n doel met dit ook gehad.

    Ek hoop nie dis te moeilik vir jou om te verstaan nie.

  5. #5
    Hein

    Jyt gevra waarmee verskil ek, dis een wat ek noem, die ander sal volg wanneer ons die een uitgesort het.

    So wat jy nou se is God is verantwoordelik vir die sondeval, dit is deel van Sy raadsplan. Dit was Sy plan want Hy het 'n doel daarmee gehad. As die sondeval nie plaasgevind het nie kan God se raadsplan nie volbring word nie en kon God nie Sy doel bereik nie.

    Is dit wat jy se of verstaan ek verkeerd.

    Chris

  6. #6
    Quote Originally Posted by 454 View Post

    Ja Chris, jy verstaan verkeerd. Ek hoop regtig jy het die boekie heeltemal deurgelees. Want as jy dit sou doen, sou jy glad nie hierdie vraag gevra het nie. Alles sou vir jou sin gemaak het. So indien jy dit nie gedoen het nie, lees dit asb eers deur, en dan sal jy die hele prentjie verstaan.

    Om jou te antwoord: Ons AS MENS het nie vir satan geskep nie. Ons het nie die slang, die draak, of die duiwel geskape nie. Jy weet goed genoeg dat satan op die aarde gegooi was deur God, toe lucifer homself wou verhef bo God. So indien enige iemand dit vir jou vertel het, dis 'n leuen. Die gevalle engel, luucifer het homself verlaag as gevalle engel na die slang, na satan of die duiwel toe. Nie die mens nie!

    God se doel met satan was reeds opgeskryf in Sy Raadsplan, nog voordat satan tot 'n val gekom het. Hy as God het dit vooraf geweet met Sy voorkennis. God is nie verantwoordelik vir satan se val nie, satan was self verantwoordelik daarvoor.

    God het 'n uiteindelike doel gehad met satan ja. Jy sou nooit goed geken het, as jy nie boosheid geken het nie. You would not have known what evil was, if you did not know what good is. God is goed, satan is boos. Ons kan vandag 'n keuse maak.

  7. #7
    Hein

    Ek het jou boekie weer gelees, meer sorgvuldig, my opinie bly dieselfde.

    So ons stem saam. Alles wat op aarde gebeur is nie God se wil nie. Jy se mos satan is vir Sy eie val verantwoordelik.

    Satan se val was nie God se wil nie. God het nie Lucifer geskape met die doel dat hy tot 'n val kom nie. Satan het Sy skeppingsdoel gemis, deur Sy verkeerde keuses. God se plan met satan was nie om die mens te verpes nie. Die God van liefde skape tog nie boos nie.

    Stem ons saam daaroor?

    Chris

    Kyk die video asb, jy gaan 'n vars perspektief kry.

  8. #8
    Ons stem dus saam daaroor Chris.

    1. Daar is wel 'n siening daarbuite dat ons satan gemaak het, en dis verkeerd. Ons gee aan satan al sy mag. Dis nie so nie.

    2. Dan is daar nog 'n siening dat satan geen mag oor ons het, as ons hom dit nie toelaat nie. Gedeeltelik kan ek daarmee saamstem, en dis slegs gedeeltelik. As ons oop sodige moedswillige deure het, kan satan ons aanval..., en as ons wil sondig, kan ons satan toelaat om ons te verlei, ens. Dis wanneer ons vir satan "mag" gee as voorbeeld.

    Maar jy kan tog nie sekere siektes wat oor jou kom soos kanker of longontsteking of alzheimers griep, of waterpokkies toeskryf aan elke mens wat satan toegelaat het om dit aan hom te doen nie. Dis tog belaglik om so te redeneer. So kan jy mos ook nie al die lyding wat Christene (slagoffers) moet verduur regdeur die wereld toeskryf en toedig aan hulself wat vir satan die mag gegee het nie. Plaasaanvalle, verkragting, ens is mos 'n aanval van satan wat steel slag en verwoes. Mense(slagoffers) het dit mos nie toegelaat nie. Ek verwerp dus daai siening dat mense vir satan die mag geggee, en dat hy dit nou aan hul kan doen.

    So hoop ek ons stem daaroor ook saam.

  9. #9
    Hein

    Jy se dit is nie satan of die mens self nie. Bedoel jy nou dat dit God is wat die dinge oor mense bring, dat God mense siek maak?

    Chris

  10. #10
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Jy se dit is nie satan of die mens self nie. Bedoel jy nou dat dit God is wat die dinge oor mense bring, dat God mense siek maak?

    Chris
    Waar lees jy of verstaan jy dat ek gese het satan bring nie siektes nie? Wys my assseblief, of verstaan jy alweer nie of lees jy nie alweer deeglik genoeg nie?

    Lees weer wat ek geskryf het:
    Maar jy kan tog nie sekere siektes wat oor jou kom soos kanker of longontsteking of alzheimers griep, of waterpokkies toeskryf aan elke mens wat satan toegelaat het om dit aan hom te doen nie. Dis tog belaglik om so te redeneer. So kan jy mos ook nie al die lyding wat Christene (slagoffers) moet verduur regdeur die wereld toeskryf en toedig aan hulself wat vir satan die mag gegee het nie. Plaasaanvalle, verkragting, ens is mos 'n aanval van satan wat steel slag en verwoes. Mense(slagoffers) het dit mos nie toegelaat nie. Ek verwerp dus daai siening dat mense vir satan die mag geggee, en dat hy dit nou aan hul kan doen.

Page 1 of 8 123 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •