Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Page 2 of 8 FirstFirst 1234 ... LastLast
Results 11 to 20 of 80

Thread: Die Soewereiniteit van God

  1. #11
    Hein

    Jammer Hein, ek probeer net duidelikheid kry.

    Dus se jy satan het die mag om dit doen sonder die mens se meedoen. Beteken dit nou satan kry hierdie mag en outoriteit van God af?

    Chris

  2. #12
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Jammer Hein, ek probeer net duidelikheid kry.

    Dus se jy satan het die mag om dit doen sonder die mens se meedoen. Beteken dit nou satan kry hierdie mag en outoriteit van God af?

    Chris
    Ek toon aan vir jou dat dit oorlog is. Hierdie aarde is 'n slagveld, en dit sal 'n slagveld bly totdat ons in die nuwe Jerusalem ingaan met verheerlikte liggame.
    Rev 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan OM OORLOG TE VOER teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar EN die getuienis van Jesus Christus hou.

    Sekere goed laat die mens deure oop in sy mondering, en is nie waaksaam nie, en sekere goed is direkte aanvalle van satan af. Net soos al die Apostels verdrukking, marteling en vervolging verduur het, so kan ons dit ook te wagte wees, want dis opgeskryf in God se Woord. Vat Paulus as voorbeeld.
    Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

    Joh 15:18 As die węreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.
    Joh 15:19 As julle van die węreld was, sou die węreld sy eiendom liefhę. Maar omdat julle nie van die węreld is nie, maar Ek julle uit die węreld uitverkies het, daarom haat die węreld julle.


    Op jou tweede vraag, gaan ek dit so antwoord, en kyk duidelik hoe ek dit stel..., satan het beperkte mag ek kan nie doen wat hy wil nie. Indien alle mag aan Christus oorgegee is, kan satan nie alleenlik maak wat hy wil nie, en is onderworpe aan Christus ook. Indien satan al die mag gehad het, sou hy al die kinders van God onmiddellik uitwis.
    Dit is so dat satan 'n sekere rol speel tot selfs aan die einde van die 1000 jaar regering van Christus op aarde. Wie bind satan vir 1000 jaar? Die Here! Wie laat satan weer los na 1000 jaar? Die Here! Sien jy hoe God selfs vir satan gebruik en hom manipuleer om God se uiteindelike doel te laat slaag, soos opgeskryf in Openbaring en die hele nuwe testament. Eers na die 1000 jaar, is satan iets van die verlede, as Christus hom finaal oorwin.

    Jy sien alles wat ek hier skryf, herhaal ek want dis reeds opgeskryf in die boekie....

  3. #13
    Hein

    Dit is dan ook hoekom ek jou boekie as lasterlik beskou.

    Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

    Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

    Chris

  4. #14
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Dit is dan ook hoekom ek jou boekie as lasterlik beskou.

    Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

    Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

    Chris
    Kom ons klaar eers die woordjie “mense” uit.
    Ja God kan selfs satan gebruik om met mense op aarde te peuter, en as kinders van God nie luister nie selfs hulle ook. Dis orals opgeskryf in die Bybel, en ek kan nie daarmee stry nie. Ek laster nie as ek die Bybel aanhaal nie. Dis oor ekn oor aan jou bewys.

    Maar soos jy weet kry ons verskillende mense op aarde soos ongelowiges, sondaars, wreedaards, boosaards, en dit kan ons sien as boos.

    Dan kry ons mense wat hulself "kinders van God" noem, of beter mense is...
    Dit hang af wat jy beskou as kinders van God Chris?

    Kom ek lig vir jou uit watter soorte “kinders van God” ek glo daar bestaan, in hierdie węreld.
    1. Ongehoorsaam.
    2. Wetties (Fariseër)
    3. Skrifgeleerde (Sadduseër)
    4. Verharde hart
    5. Onvergewensgesind
    6. Trots, eie ek
    7. Jaag rykdom na, geldgierig
    8. Verskillende gelowe (Rooms Katoliek, Hervorm, Protestant, Charismaties)
    9. Skewe karakteristieke
    10. Blind in die gees.
    11. Koud en lou.
    12. Geesvervulde maar min kennis van Woord
    13. Geesvervulde maar baie kennis van Woord.
    14. Geesvervuld maar baie Besig, min tyd saam met God
    15. Geesvervulde maar nog besig met sondetjies.
    16. Geesvervulde maar min werke (nou en dan vrugte)
    17. Geesvervulde en baie aanhoudende werke (goeie vrugte)

    So van watter kind van God praat jy?

  5. #15
    Die wat wedergebore is Hein. Die wat die Bybel na verwys as heiliges.

  6. #16
    Ek wou eerstens aan jou wys hoeveel "kinders" van God daar bestaan. Ook kan ek nog meer vorme van weergeborenes aan jou uitwys.

    Kan jy my wys met watter vers en versverduideliking jy nie saamstem in die boekie nie? Watter bladsy ?

  7. #17
    Hein

    Jy weier om my vrae reguit te beantwoord. Ek probeer om jou redenasie te verstaan, tog kan ek my nie indink dat 'n kind van God, Sy Vader sal beskuldig dat Hy die vyand gebruik om aan Sy kinders te peuter nie. Jammer Hein dis siek, dit gebeur nie. Jy het jouself nou weer in 'n hoek met die bygelofies, maar nou ja kom ons kyk hoe kom jy hier uit. Moenie die onderwerp verander nie, moenie probeer verwarring saai nie, jy kan jouself bedrieg maar nie die heiliges nie.

    Verstaan ek reg dat jy se, satan kry die mag om kinders van God te vernietig van God af?

    Verstaan ek reg dat jy se, God mannipuleer satan om Sy kinders te vernietig dat God se uiteindelike doel kan geskied?

    Chris

  8. #18
    Was Paulus ń heilige? Ja definitief. Wie het gegee dat n engel hom op sy mond slaan?
    Ons verskil hemelsbreed. Ek se daars geen mag wat ingestel is as dit nie van God af kom nie. Jesus (God) is bo alle mag en krag aangestel. Ook satan.
    En ja God kan enige mag gebruik soos Hy goeddink. Dit sluit satan in.

  9. #19
    Hein

    Verseker nie God nie. Ons het mos al die doring in die vlees deurgetrap.

    2Co 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.

    Se jy God stuur 'n engel van satan om Sy kinders te slaan?

    Chris

  10. #20
    Hein

    Kyk vanaf 16:00


Page 2 of 8 FirstFirst 1234 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •