Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
Closed Thread
Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 24 of 24

Thread: Gaan ons trek of gaan ons hier bly?

  1. #21
    Unregistered
    Guest
    Lukas

    Jy woon inderaad op die plek waarna Sef. 3:10-13 verwys. Mag jy JHWH se Wil doen!

    Net soos die duiwel sy agente op hierdie aarde het - nét so het die God van Israel (JHWH) ook sy agente op hierdie aarde.

    My taak is nie tot SA beperk nie, en die uitverkore Israel is nie nét in Suid-Afrika te vinde nie:

    Jer. 31:10-11. “Hoor die woord van JHWH, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde. Want JHWH het Jakob (Israel) losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.”

    Sag. 2:6-9. “Op, op, vlug uit die Noordland, spreek JHWH! Want Ek het julle (Israel) na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek JHWH. Op, o Sion, red jouself, jy wat woon by die dogter van Babel! Want so sê JHWH van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan. Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle ‘n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat JHWH van die leërskare my gestuur het.”

    Matt. 24:31. “En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy UITVERKORENES versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.”

    My taak sal ek ook nie kan voltooi nie, want die (Blanke) stede van Israel is net té veel, en hulle is groot en hulle lê wyd, en my boodskap sal nooit by almal kan uitkom nie:

    Matt. 10:23. “En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die STEDE VAN ISRAEL sekerlik NIE KLAAR KRY voordat die Seun van die mens kom nie.”

    Die troos: Dit wat JHWH bepaal het sál gebeur, en dié wat moet gered word - die sál gered word:

    Amos 9:9-10. “Want kyk, Ek gee bevel en sal die HUIS VAN ISRAEL onder al die nasies skud soos in ‘n sif geskud word, maar daar sal GEEN KORREL op die grond val nie. Al die SONDAARS van MY VOLK (Israel) sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie.”

    Suid-Afrika se wit samelewing (Israel) is tot op die been verrot-liberaal en afgedwaal. Die meeste wittes in SA is hardkoppig en hulle het nie die ore om te luister nie. HULLE WIL NET NIE HOOR NIE!! Daar is sekerlik nie meer as omtrent 20-duisend behoudende en ware Bybelgelowige Israeliete in Suid-Afrika oor nie. Die res van die wittes is so liberaal soos die pes; hulle loop agter Aartappel Buchan en sy multi-kulturele handjie-vashou-brigade aan; hulle behoort op strepe aan geheime organisasies en hulle talle filiale (en hulle vertrou op Mammon om hulle te red); en boonop sit hordes wittes elke Sondag in die spul rasgemengde kerke wat konstant “gelykheid”, “broederskap”, “verbroedering”, “nie-rassigheid”, “ras-eenheid”, “versoening”, “vrede”, ensovoorts preek; en die wittes slurp dit alles soos soetkoek op, en hulle skel en verag diegene wat hulle daarteen probeer waarsku. En hiervoor betaal die wittes in SA vandag ‘n baie duur prys. Wanneer sal hulle ore oop gaan?

    Verder is al die sogenaamde “regse” groepe in SA deur die Intelligensie dienste gestig en word dit ook deur hulle beheer & bestuur. Nét so word al die sogenaamde “Israel Gemeentes” of Israel Groepe” in Suid-Afrika deur agente van intelligensie bestuur.

    Daar word byvoorbeeld met oorgawe allerande valse-hoop boodskappe deur valse-vlag groepe (en persone) gepreek - byvoorbeeld die bekende “Siener van Rensburg” (of is dit nou Siener Snyman?...) storie - wat deur die intelligensiedienste geskep/verdraai was - met die spesifieke doel om valse hoop by die konserwatiewe wittes te skep - naamlik dat daar byvoorbeeld eendag ‘n “man met ‘n grys pak” en/of met ‘n “bruin pak” gaan verskyn wat hulle gaan “lei” of “red”, ensovoorts.

    Deur die jare het die betaalde agente van die Afrikanerbond en die Joodse Rothschild Bankiers - wat dmv die intelligensie-agentskappe werk; wat ook ten doele het om niks-vermoedende behoudende / konserwatiewe blanke siele te mislei en te verdeel - deur opsetlik allerande VALSHEDE subtiel by die Israelwaarheid in te voer; en sodoende het hulle chaos, konflik en verdeeltheid onder Bybelse Israelgelowiges gesaai.

    Hierdie einste vuil taktiek was voorheen suksesvol deur die intelligensiedienste gebruik om die hele Israel-identiteit in Suid-Afrika te verstrooi en in hordes splintergroepies te verdeel, en sodoende hulle krag te breek en hulle outomaties in die publieke oog te laat “label” (teer & smeer) as sogenaamde mal “verregse ekstremiste” wat die Bybel verdraai - terwyl daardie einste siek verdraaiings deur die intelligensiedienste SELF ontwerp en ingevoer is - dws ‘n VALSE-VLAG operasie!

    So het hulle voorheen byvoorbeeld hulle (goedkoop) agente soos van Vuuren (“Dogter van Sion”) en sy spannetjie bebaarde “boere” gebruik, deur opsetlik ‘n agterlike en verkrampte publieke beeld van die sogenaamde “Israel-visie” aan die Media op te dis, naamlik om bv. destyds op die NASPERS (Broederbond) se Huisgenoot tydskrif se voorblad te verskyn, waar van Vuuren en sy trop “boere” met hulle dik oorvrete lywe, bierpense, kaal pote, bosbaarde, khaki klere, en die ‘boek van herinnering’ (voor hulle op ‘n tafel oopgevlek) op die Bloedrivier Terrein gaan sit en plak & poseer het vir (propaganda) fotos. Dié platvloerse agterlike prentjie was OPSETLIK BELAGLIK en dít het onmiddellik (soos beplan) die hele Israel-identiteit in SA met ‘n vrot teerkwas (van ‘agterlike mal verkramptheid’) geverf en gekelder. Mission accomplished.

    Verdeeltheid was o.a. só geplant: Agente / akteurs (en ons weet goed wie hulle is) het hulself as sg “groot Israeliete” en “Israel kerk leiers” voorgedoen. Hulle het o.a. begin preek dat Paulus glo “korrup” is en “nie in die Bybel hoort nie”; dat “manne hulself nou moet besny”; dat “die Ou Testamentiese offerwette weer ingestel moet word”; dat manne “moet baarde dra”; dat “daar vir die planeet Nibiru voorberei moet word” (sotlik!); dat daar “weer in tale gepraat moet word”; ensovoorts.

    Allerande sulke belaglike sotlikhede was OPSETLIK deur agente by die Bybelse Israelwaarheid ingevoer met die uitsluitlike doel om die HELE Israel-identiteit te besmet, te besoedel, te ondermyn, te verwar en te verdeel. Maar helaas…. Dit het toe nie so mooi vir hulle uitgewerk nie, want onder ons Israeliete was apartgestelde onverbonde nugterdenkendes wat goed ingelig was.

    Toe was daar natuurlik (in die Media en in die kerke) wyd en syd verkondig (geteer en gesmeer) hoedat hierdie soggenaamde “israel-visie” -malletjies die Nuwe Testament uit hulle Bybels skeur en vervang het met die “boek van herinnering”, ensovoorts; en ook hoedat die ‘Israel-malletjies’ nou hulself besny en weer diere slag vir offers, wag vir Nibiru, en nou weer glo in die “plat aarde”, ensovoorts. Et Voilá.

    Maar hier is ons vandag nog - sterker as tevore, en ons verkondig geen onbybelse snert nie. Hallelujah! (Prys JHWH).

    Diegene wat ore het om te hoor. Laat hulle hoor. JULLE IS ISRAEL!!

    Bekeer julleself van julle liberalisme, en julle sal sien dat die God van Israel (JHWH) is waaragtig en getrou, en Sy Woord is waar!

    D

  2. #22
    Daar is net een ding wat jy moet besef, en dit is dat hierdie geveg nie tussen wit en swart gaan nie. God praat van die mense met die blink velle wat iewers in die toekoms n groot rol in die wêreld politiek gaan speel, en hier aan die Suidpunt van Afrika is ons wit en swart en ons sal altyd so bly.

    Jy is reg dat daar op die oomblik n groot aanslag teen die Kaukasiese ras is en die sluier oor die mense se oë omdat hulle nie hulle ankers op die regte plek het nie, bedreig verseker die Kaukasiër. Tog moet ons erken dat alles reeds geskryf is en al verander hulle die Bybel kan hulle God se plan nie verander nie en ons gaan dit ook nie verander nie.

    Hier is daar nou groot paniek en die mense wil nou oorlog maak, maar omdat hulle dink dat dit tussen wit en swart is, weet hulle nie teen wie hulle oorlog gaan maak nie. Omdat meer as 90% van die swart bevolking in Suid Afrika ons nog goed gesind is, weet ek ook nie wie hulle wil skiet nie.

    Daar is n rede waarom ons hier aan die Suidpunt bymekaar gekom het en waarom ons tot aan die einde hier gaan bly. n Mense moet net altyd seker maak dat jou emosies nie met jou weghol nie en jy moet seker maak dat jou emosies jou nie verwar en jy teen God se wil besluit wat God se wil vir jou en vir ander mense moet wees nie.

  3. #23
    Unregistered
    Guest
    Wat jy as Blanke (Israel) moet weet,
    Waar kom julle aan die strooi? Blankes is g'n flippen Irael nie. Word wakker en gaan preek IsraelVisie op 'n ander plek.

  4. #24
    Elke gelowige wat Jesus as sy God en Saligmaker aanvaar en dien, ongeag sy velkeur is n kind van God en kinders van God is ook deel van Sy volk.

    Die wat dit anders vertolk, gebruik die Bybel vir sy eie agendas en dit gaan ek nie hier toelaat nie.
    Last edited by Lukas; 10-25-2017 at 10:07 AM.

Closed Thread
Page 3 of 3 FirstFirst 123

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •