Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 5 of 5

Thread: Stellenbosch Kursus

  1. #1

    Stellenbosch Kursus

    NaandsÍ
    Daar gaan 8 tot 10 Desember 'n kursus in Stellenbosch wees.
    Is daar enige forumgebruikers of Akska lede wat belangstel om dit by te woon?

  2. #2
    Hier is die daums vir kursusse tot in Februarie 2018

    Click image for larger version. 

Name:	Kursus datums.jpg 
Views:	4 
Size:	20.7 KB 
ID:	3603

  3. #3
    Stellenbosch kursus:

    8 Des 2017 - 18:00-20:00
    9 Des 2017 - 14:00-16:00
    10 Des 2017 - 09:00-16:00

    AM sekuriteit bied die 9de 'n program aan van 09:00-14:00 wat ook bygewoon kan word.

    Bespreek by [email protected]
    Koste: R1400pp

  4. #4
    Met die Stellenbosch kursus het daar net 16 van die 30 mense wat belowe het, wat uiteindelik opgedaag het en weer was dit nie vir my winsgewend nie. Tog is ek baie dankbaar vir elkeen wat gekom het en ek glo dat ons in die toekoms ook daar in die Wes-Kaap ín verskil sal maak.

    Met die prakties het ons eers ín voertuig roete gevolg wat ons uiteindelik na ín ou boom wat gesloop word, geneem het.

    Die vorige dag het ek ín ondersoek in Klapmuts gedoen en gesien dat die revolusionÍre politiek, reeds besig is om mense in Klapmuts te teiken. Terwyl ons die reeks ondersoek het, het ons baie belangstelling gekry en toe ek die volgende dag die kursus lede daarheen wou neem om te wys hoe mooi die reekse in die Kaap gebou word, was die hele reeks wat van die teerpad, tot binne ín huis gemerk was, totaal verander.

    Die goeie nuus is dat ons ín moord voorkom het, maar die slegte nuus is dat iemand anders wat glad nie belangstel om te weet wat om hulle aangaan nie, op ín ander dag, die volgende teiken sal word.

    Die realiteite van die saak is dat ons die kennis het om te oorleef en daar sal baie ander mense wees wat nie dieselfde voordeel het nie. Ons sal in die begin, tot ons eendag deur die gemeenskappe aanvaar word, net kan konsentreer om self te oorleef. Wanneer die pennie eendag val, sal ons die res van die gemeenskappe wat oorbly, kan help om in ín tyd van chaos te oorleef.

    Intussen oefen ons, ons nuwe vaardigheid en help die ander mense wat saam met ons die kursus gedoen het, om in die kuns van kriptografie beter te word.

    Ons het geleer hoe die vyand werk. Ons het geleer wat die vyand se planne is en ons het geleer hoe ons dit ongedaan kan maak, sodat ons eie gesinne en ons eie families wat na aan ons is, kan oorleef.

    Die goeie nuus is dat meer mense binne die volgende vier jaar ons outoriteit sal verstaan en uitleef sodat ander mense ook gehelp kan help.

    Kennis is, mag. Ek het die mense met kennis gebombardeer wat hulle nie verwag het nie, maar nou dat hulle dit weet, weet hulle ook hoe om die vrees te oorwin en hoe om die aanslag teen ons gesinne in ín oorwinning te omskep.

    Volgende jaar sal ons kursusse anders lyk. EK sal nie meer kursusse kan aanbied nie en in julle gebied is daar vier mense wat ons tot op die volgende vlak moet kry, sodat hulle vir julle die kursusse in die toekoms kan aanbied. Die toekomstige kursusse sal baie anders lyk as wat julle nou gedoen het en dit sal baie meer prakties georiŽnteerd wees.

    Baie dankie vir elkeen wat die kursus bygewoon het en dankie vir Coenraad wat dit vir ons moontlik gemaak het.

  5. #5
    Lukas
    Baie dankie dat julle so ver gery het en die hittegolf en droogte kom trotseer het. Ek is jammer dat die opkoms ietwat teleurstellend was. Nietemin was dit 'n baie lekker kursus (watter Akska kursus is ooit sleg?).
    Nog 'n dankie vir Coenraad ook.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •