Copy hierdie skakel. Skep n nuwe tab of bladsy en plaas dit in die internet adres area om die advertensie te sien. http://www.youtube.com/watch?v=bO-gBzTzha0
+ Reply to Thread
Results 1 to 2 of 2

Thread: Tereur

  1. #1

    Tereur

    Met die dat die Blf die Guptas se soldate is en betaling ontvang en moontlik by plaas aanvalle betrokke is en so druk toepas op die regeering waarom word dit nie onder die terrorists wette hanteer nie
    Wat is die verskil tussen Muslim extremists wat tereuer dade asgevolg van hul geloofs oortiugings pleeg en plaasaanvalle gepleeg deur Blf extremists wat n sekere groep as vyand verklaar

  2. #2
    Daar is fyn lyne wat die definisies betref en die regering doen op die oomblik nie te sleg nie. Plaasaanvalle is n prioriteitsmisdaad en meer as dit kan die regering nie op die oomblik doen nie.

    Dit is nie wat hulle kan of nie kan nie, en dit is ook nie oor wat hulle wil en nie wil nie. Hierdie regering is gebind aan die VVO of in Engels UN, s rels en al weet elkeen van ons hoe die sake gaan verloop, sal die regering nie iets kan doen voor die volgende stap homself openbaar nie.

    Die regering is amper in dieselfde situasie as die polisie. Daar moet eers n wet oortree word voor die polisie kan optree. IN die regering se geval moet daar eers n daad by die woord gevoeg word voor hulle kan optree.

    Daar is byvoorbeeld baie blankes in die land wat gereeld praat oor hoe hulle die regering omvr wil werp, of ander wat gereeld besprekings oor selfbeskikking hou waar hulle van die bestaande regering wil wegbreek. En net so is die BLF besig om te praat oor hoe hulle die wit mense wil uitdun. Vir dieselfde rede wat die regering nie die blankes vir hulle drome arresteer nie, kan die regering ook nie die BLF vir hulle drome arresteer nie. En omdat die regering nie klinies kan bewys dat die BLF ook by plaasaanvalle betrokke is nie, kan hulle nie teen die BLF optree nie.

    Die BLF sal eers n amptelike stap moet neem en soos ander terroriste organisasies in die wreld, wat vir een of ander daad van terreur verantwoordelik moet aanvaar, voor hulle hulleself vyand van die staat sal maak en waarna die staat teen die BLF sal kan optree.

    Die BLF het aan die regering sekere ultimatums gestel wat teen 31 Desember verstryk, en ons sal maar eers moet kyk wat gebeur wat die BLF daarna gaan doen en of hulle verantwoordelikheid vir hulle dade sal aanvaar, voor enige organisasie homself as n terroriste organisasie sal klassifiseer. Ek glo dat die dag wanneer die BLF homself vyand van die staat gaan maak, daar ook ander wit organisasies sal wees wat dieselfde sal doen.

    Soos dit vir my lyk, kan 2018 n jaar van groot veranderinge en van groot aanpassings vir ons almal wees

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •