+ Reply to Thread
Results 1 to 4 of 4

Thread: Die plaas van foto's van kriminele

  1. #1

    Die plaas van foto's van kriminele

    [08:33, 2/5/2018] +27 72 249 5196: Dit klink of ons spiteful is wanneer ons vra dat foto’s van kriminele nie geplaas moet word voor hulle in die hof verskyn het nie.

    Ons het net een probleem met sosiale media en dit is die feit dat die woord media daaraan gekoppel word. Dit beteken dat ons of ons dit wil weet of nie, aan die media wette moet voldoen wanneer ons enige iets op sosiale media plaas.

    Dit is waarom ons gereeld die waarskuwings kry om versigtig te wees wanneer ons iets plaas en die feit dat onkunde van die wet vir ons geen verskoning is nie, maak dit net soveel moeiliker om vervolging vry te spring, en dit is waarom soveel groepe vandag ’n vrywaring klousule in hulle groep ooreenkoms inbou.

    Maar die vrywaring klousule vrywaar net die admins van daardie groep en nie die skrywers van sekere plasings nie. Ongelukkig hoor ons nooit van die wat stilletjies wegraak omdat hulle vervolg was nie en daarom hou ons aan om in dieselfde gate te trap, tot dit ons beurt word.

    Ek dink ’n mens moet dalk met joernaliste oor die aangeleentheid praat waar ons foto’s van kriminele wil plaas, voor die gemors in die howe verskyn het.

    Dit maak nie saak of die ou voor die tyd skuld erken het of nie. Dit is onbelangrik. Wanneer hy in die hof getuig dat die polisie hom so gedreig het, hy uit vrees vir sy lewe, eerder die erkenning gemaak het.

    Wanneer dit gebeur is die druk op die polisie om die persoon op die toneel te bewys en dit is nie maklik nie. Neem die voorbeeld van die ou mense. Een aanvaller was lank en die ander was kort. Dit is al.

    Nou plaas ons hierdie foto’s op sosiale media. Die man verklaar in die hof dat hy gedwing was en sy prokureur voer aan dat die hof bevooroordeeld is omdat die man se gesig, of naam reeds voor die tyd in die sosiale media verskyn het.

    Die hof het in so geval geen keuse as om die saak uit te gooi nie.

    Waarom is die saak uitgegooi? Omdat die hof nie kan bewys dat hy nie bevooroordeeld is nie. En wanneer dit gebeur, beteken dit eintlik indirek dat ons die krimineel gehelp het om die wet teen die gereg te gebruik om hom op vrye voet te hou.

    Of jy nou van die wet hou of nie, maak nie saak nie. Die wat so slim is om die foto te plaas en die plasing te verdedig, kan uiteindelik almal aanspreeklik wees vir die vrylating van die krimineel omdat die hof “bevooroordeeld” teenoor die krimineel was.

    Vir die twisgierige wat die krimineel doelbewus wil bevoordeel moet mooi gaan sit en weer oor sy dade dink wanneer die prokureur hierdie media plasings gaan gebruik, en die krimineel vrygelaat moet word.

    Op wie se hande sal daardie bloed dan rus? Op die regter wat geen keuse gehad het nie of op die egoïs wat die regter in daardie posisie geplaas het ?

  2. #2
    Moet ook asb. nie van 'verdagte' praat nie. Gebruik eerder 'persoon van belang'. (person of interest) Ek daaroor ook al oor die kole gehaal.

    En die gebruik van Bravo man is ook taboe. Ons praat van Wit man, Swart man ensovoorts.

  3. #3
    Ek probeer die mense op die Whatsappgroepe ook oorreed, maar die emosies is so hoog dat ek elke keer as die vark in die verhaal uitgemaak word ... want die mense daar buite moet mos weet dat so en so 'n skelm is en ek mag hulle inlig.

  4. #4
    Ons mag nie iemand se naam bekend maak of n foto van hom publiseer voordat hy in die hof verskyn het en formeel aangekla is nie. Jy kan sê iemand sal die polisie kan help met n ondersoek of iemand is n persoon van belang in n ondersoek. Die woorde "glo" en "na bewering" en "vermeende" verseker dat joernaliste nie maklik gedagvaar kan word nie.
    Dis baie dom om op enige sosiale media rassistiese taal te gebruik of om n foto van n moontlike verdagte te plaas. Mense moet ook altyd seker maar hulle plaas nie verkeerde goed op verkeerde plekke nie. En mense moet onthou, n geskrewe plasing of n stemboodskap kan vir ewig en altyd aanhou versprei word. As jy regtig iets vertrouliks wil bespreek bly maar by n gesprek onder vier oë. Mens kan nie juis ander mense vertrou nie.
    Groete Alet.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •