In die lig van die onluste en vure, petrol bomme en moontlike brandwonde waarvoor gemeenskappe voorbereid moet wees, wil ek as leek graag 'n paar vrae vra vir die kenners wat hier lees.
Waarmee blus mens brande wat met verskillende vlambare mediums veroorsaak is, bv.
Petrol
kookolie
Gel
Spiritus
Voel asb vry om aan nog brand "mediums" te dink.
En dan, watse nood behandeling pas mens toe op verskillende brandwonde?
Watse mediese noodvoorraad moet gemeenskappe en huishoudings aanskaf ten einde gereed te wees vir onmiddelike optrede Indien mens nie vinnig by proffesionele mediese hulp kan uitkom nie.
Watse beproefde "boererate" kan mens gebruik, soos Lukas se Coke raad om brande mee te blus?