+ Reply to Thread
Results 1 to 10 of 10

Thread: Oorlewing: Brande en brandwonde

  1. #1

    Oorlewing: Brande en brandwonde

    In die lig van die onluste en vure, petrol bomme en moontlike brandwonde waarvoor gemeenskappe voorbereid moet wees, wil ek as leek graag 'n paar vrae vra vir die kenners wat hier lees.

    Waarmee blus mens brande wat met verskillende vlambare mediums veroorsaak is, bv.
    Petrol
    kookolie
    Gel
    Spiritus

    Voel asb vry om aan nog brand "mediums" te dink.

    En dan, watse nood behandeling pas mens toe op verskillende brandwonde?

    Watse mediese noodvoorraad moet gemeenskappe en huishoudings aanskaf ten einde gereed te wees vir onmiddelike optrede Indien mens nie vinnig by proffesionele mediese hulp kan uitkom nie.

    Watse beproefde "boererate" kan mens gebruik, soos Lukas se Coke raad om brande mee te blus?
    Last edited by 412; 04-21-2018 at 10:00 AM.

  2. #2
    Hi

    Vir vure werk oom Lukas se coke plan hou vir hou en soos met enige iets gaan moet n mens maar oefen sodat die dag as iets gebeur n ou dinge maklik kan beheer.


    Vir brandwonde gebruik ek professioneel en by die huis n produk- burn gel

    Die goed werk baie lekker en gebruiks aanwysings is in prentjies op die produk.

    Ek koop die goed in multipacks aan en dit werk soos n droom.

    ......

    Hier by my het ons n platvorm wat 24/7 hardloop vanuit die gemeenskap waar alle rolspelers wat n bydra kan maak geleentheid kry om deel van die databasis te wees, kommunikasie tussen gemeenskap en rolspelers ooptehou en te bevorder. Daar word op n gereelde basis planne hersien en ingeoefen wat van makro na mirco vlak moet deurgaan en goeie werking bevorder.

    Yes, daar was aan die begin baie haakplekke en leemtes maar probleme word stelselmatig opgelos.

  3. #3
    Alwyn blare werk goed as jy niks het nie.

    Sny die blaar en smeer die sap op. Jy kan selfs die Alwyn blaar in die lengte oopsny en met ‘n verband vasdraai. Vervang elke 10 min.

    Dit werk ook vir vlak snye en skrape.Ek het baie sommer in die veld met ‘n blaar geloop dit weer gesny(dwars) en aangesmeer.Ek herhaal dan die proses elke 10-20min.Dws sny blaar smeer nuwe sap op en sny weer en smeer ens.

  4. #4
    Quote Originally Posted by SA421 View Post
    Vir brandwonde gebruik ek professioneel en by die huis n produk- burn gel

    Die goed werk baie lekker en gebruiks aanwysings is in prentjies op die produk.

    Ek koop die goed in multipacks aan en dit werk soos n droom.
    Kan jy vir ons n naam van die produk en prentjie gee. Ek het navraag by die apteek gedoen en hulle se daar is n duisternis verskillendes.

  5. #5
    ... daar is n duisternis verskillendes ..
    Enige timpe burn gel sal werk. Dit gaan oor di eproduk en ne die maak ("brand") nie.

  6. #6
    SA421 mag ek vra waar koop mens dit teen die beste prys aan? Die goed is nogal duur as ek reg onthou. Ons wil graag 'n goeie noodhulp tas kry vir noodgevalle in die gemeenskap. Ons slaan gereeld vuur en mens kry dit soms nodig.

    Chris1, ja ek het persoonlike ondervinding van die wonder van Aalwyn blare se sap. Dit werk regtig uitstekend en help ook om nie merke oor te hou nie.

  7. #7
    Quote Originally Posted by 412 View Post
    SA421 mag ek vra waar koop mens dit teen die beste prys aan? Die goed is nogal duur as ek reg onthou.
    Dit is wat ek ook wil weet.

  8. #8
    SA421 mag ek vra waar koop mens dit teen die beste prys aan?
    Ek het nog nooit gaan rondsoek vir die beste pryse nie. Toe ek nog in bosbou was het ek eenvoudig by die apteek ingestap en vir my 'n paar groottes burn shields en klomp pakkies burn gel gekoop.

  9. #9
    Hi, ek koop my multipacks aan by burnshield.com

    hulle het n hele verskeidenheid produkte waaarna n ou kan kyk

    ek stoei vandag met sein so ek sal later n prentjie laai


    hoop dit help

  10. #10
    Quote Originally Posted by SA421 View Post
    ek stoei vandag met sein so ek sal later n prentjie laai
    Dankie, sal dit baie waardeer.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •