Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 20

Thread: Hoe kan 'n Christen in China woon?

Hybrid View

  1. #1

    Hoe kan 'n Christen in China woon?

    Goeie dag,

    Ek werk in China. Van my verblyfpermit tot die opdattering van sagteware vereis 'n instemming om die landswette te gehoorsaam. Hierdie landswette sluit in dat 'n mens nie die evangelie sal verkondig nie, en (moontlik) net oor jou geloof sal praat indien 'n Chinees jou daaroor sou uitvra. Sover ek weet is 'n mens vry om met gelowiges van ander lande oor jou geloof te praat. 'n Ander wet s dat samekomste wat uit meer as twee mense bestaan slegs in amptelike erkende persele mag plaasvind. Dit beteken dat enige kleingroep in iemand se woonstel onwettig is. Verder rus die interpretasie van die wette by die regering wat dit vir my laat lyk asof die regering teoreties kan s wat 'n wet beteken sonder dat dit noodwendig sin maak, wat vir my rooi ligte laat flikker. Bv, wat as die regering op 'n dag sou besluit die instemming om al hulle wette gehoorsaam te wees sluit in dat elke gelowige sy geloof moet versaak. Dan het wie ookal ingestem het om al hulle wette gehoorsaam te wees, reeds sy instemming gegee. Die laaste scenario is in stryd met die grondwet van China en is onwaarskynlik, maar dit bly steeds 'n moontlikheid. Die regering het reeds vele wette gemaak wat in stryd met die grondwet is.

    Ek het op die verblyfpermit aansoekvorm, na die klousule dat ek instem om al die wette gehoorsaam te wees, geskryf, "Except where these are or will in the future be in conflict with my Christian faith. I have to obey God rather than men." Ek het egter daaraan gedink dat ek veroorsaak het dat die persoon wat my aansoek verwerk het haar ooreenkoms met die regering (wat ek seker is sy moes gemaak het om die werk te kry), verbreek het omdat dit nie binne haar reg was om wat ek geskryf het toe te laat nie. God vereis van ons om volgens ons ooreenkomste te handel. Sluit dit ooreenkomste in wat teen sy wil is?

    Daar is duisende buitelandse Christene en miljoene plaaslike Christene in China wat binne hierdie stelsel leef. My vraag is hoe 'n mens dit kan doen sonder om 'n kompromis met die wreld te maak. Daar was deur die eeue vele goddelose, anti-christelike stelsels in die wreld, maar daar was nog nooit soveel wette, en in 'n land soos China, soveel wette om mense se vryheid van geloof en gewete weg te neem nie.

    Groete,
    Arno

  2. #2
    Dagse Arno.

    Miskien moet jy so bietjie anders daarna kyk. Waar kan jy jou lig laat skyn?

    Honderde sendelinge regoor die wereld het in China gaan "werk", en dus ondergronds sending gaan doen. Te danke aan hul massiewe opoffering, word dit gereken dat die grootste herlewing in die hele wereldse geskiedeis nou tans in China plaasvind. Miljoene Chinese word kinders van die Here elke maand. Die Here werk kragtig daar en die mense is honger vir die Woord.
    Die grootste hoveelheid Christene in die wereld is nou in China. Dis nie oppervlakkige Fariseer en Saduseer hoogmoedige "Christene" nie, dis warm, aan die brand vrurige weergebore Christene... China is die plek om te wees as jy verstaan wat God van jou verwag....
    Ek sien dit so Arno...gebruik die geleentheid om 'n verskil in die koninkryk van God te maak, as jy geroepe voel.... dis tog jou eerste opdrag vanaf Jesus.

  3. #3
    Goeie dag Hein,

    Dankie vir jou antwoord. Jy is nie die eerste mens wat dit so vir my stel nie.

    Dit lyk of jy s die doel heilig die middele? Die dilemma is vir my steeds die twee opsies: 1. Teken, maar sonder die bedoeling om by die bepalings te hou, wat dan beteken 'n mens vertel 'n leuen, of 2. bly by die bepalings volgens jou woord (handtekening) en word ingeperk (wees ongehoorsaam aan God?).

  4. #4
    Goeie dag Hein,

    Dankie vir jou antwoord. Jy is nie die eerste mens wat dit so vir my stel nie.

    Dit lyk of jy s die doel heilig die middele? Die dilemma is vir my steeds die twee opsies: 1. Teken, maar sonder die bedoeling om by die bepalings te hou, wat dan beteken 'n mens vertel 'n leuen, of 2. bly by die bepalings volgens jou woord (handtekening) en word ingeperk (wees ongehoorsaam aan God?).

  5. #5
    Die dilemma is vir my steeds die twee opsies: 1. Teken, maar sonder die bedoeling om by die bepalings te hou, wat dan beteken 'n mens vertel 'n leuen, of 2. bly by die bepalings volgens jou woord (handtekening) en word ingeperk (wees ongehoorsaam aan God?).
    Vat maar my kommentar van wie dit kom ... ek vermoed jou bekommernis kom dalk uit die wettiese manier wat ons grootgemaak is.

    Dink jy dat indien jy die dokument teken en jy steeds die Evangelie verkondig en baie kom tot geloof dat dit eendag teen jou gehou sal word omdat jy op die vorm gelieg het?

    Aan wie moet ons gehoorsaam wees, God of mense?

    Die nuwe gebod is die gebod van liefde en nie van die nakom van wette nie ... maar dit is maar hoe ek dit sien.

  6. #6
    Dis nie maklik vir ons om vir jou te se wat jy moet doen nie, vra Heilige Gees moet jou lei en WYSHEID gee in die situasie. Kry Sy antwoord.

    Ons weet hoe in moslem lande en ander lande Bybels ingesmokkel is, en hoe ondergrondse kerke oopgemaak is. Is dit teen die wet? Ja... en dis basies jou punt, en ek verstaan dit. Ek wil die volgende raad gee...
    Jy moet besluit wat jou roeping is..., 1. om slegs te werk, 2. of te evangeliseer(tesame met werk). Dis basies jou vertrekpunt, en jou besluit. Indien jy nie geroepe voel om te evangeliseer nie(en moontlik opgesluit te kan word in tronk), moet jy eerder by jou standpunte hou en werk soek in 'n christelik vriendelike land soos Aus...

  7. #7
    Dankie vir julle reaksies. Ek het geen probleem om die wet te verbreek as dit teen God se woord is nie. Die probleem l vir my daarin om te teken dat jy die wette gaan gehoorsaam wees en dit dan nie te doen nie.

    Ek het vanoggend op die volgende afgekom:

    https://coachdavelive.com/news-with-...ristian-to-lie

  8. #8
    Dankie Arno
    Die skakel wat jy gegee het maak 100% sin.
    Die feit is, almal lieg op een of ander stadium vir een of ander rede. Aan God maak dit geen verskil wat jy se nie, God kyk na jou hart, jou doel en wat die gevolge van jou leuen gaan wees.

    Soos die man verduidelik, as jy moet lieg om jou lewe of ander kinders van God se lewens te red, het jy eintlik geen keuse nie jy moet lieg. Dit verskil van mense belieg om geld uit hulle te maak of selfs stil te bly en hulle te laat skade ly.

    Chris

  9. #9
    Alhoewel ek sukkel met die konsep, stem ek saam met Chris. Ons sien baie voorbeelde hiervan in die ou testament, waar Dawid ook moes lieg en bedrieg. Dit was vir my opvallend, dat dit tog God se goedkeuring dra. Daar is ook ander voorbeelde, kan dit net nie nou onthou nie.

  10. #10
    Dankie ook Chris en 472. Jammer Hein, my vorige pos lyk kortaf. Ek was aan die beweeg en het vinnig geantwoord. Ja, daar is geen direkte voorbeeld van my situasie in die Bybel nie; baie tekste egter wat s dat ons volgens ons beloftes moet handel. Daar is voorbeelde van mense wat landswette verbreek het en wat feitelik onkorrekte dinge ges het om hulleself en/of ander te beskerm, maar ek weet nie van een voorbeeld waar iemand ges het hy sal iets doen sonder dat hy bedoel het om dit te doen nie, en dat hierdie optrede dan God se goedkeuring dra nie. Ek stem saam dat die antwoord van die Here af moet kom. Miskien deur wat ander kinders van hom s. As ek bly waar ek is hoef ek nie weer so 'n vorm te teken nie, as ek na 'n ander stad verhuis moet ek weer na die immigrasie sentrum toe gaan en weer 'n vorm teken nie. Ek dink die volgende keer gaan ek 'n streep trek deur die deel oor die wette en skryf "My promise is to God, who has written his law on my heart." As hulle dit nie aanvaar nie is dit seker tyd om China te verlaat. Ek sien vir myself geen ander aanvaarbare moontlikheid nie.

    Dan is daar ook nog die aflaai van sagteware en toepassings. Dalk is Linux se "Eula" iets waarmee ek kan saamstem.

    Ja, ek sukkel ook met iets s wat nie feitelik korrek is nie. Wat vir my nog moeiliker is, is om 'n belofte te maak - in hierdie geval 'n vorm te teken - en dit sonder om dit te bedoel en dan herhaaldelik die teenoorgestelde te doen. 'n Handtekening op 'n vorm lyk so permanent.

Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •