+ Reply to Thread
Results 1 to 5 of 5

Thread: Wolwe in skaap klere

  1. #1

    Wolwe in skaap klere

    Wie weet wie is dieClick image for larger version. 

Name:	Screenshot_20180513-115805.jpg 
Views:	37 
Size:	9.3 KB 
ID:	3707

  2. #2
    Vir my lyk dit na 'n Albino

  3. #3
    Dis ‘n Albino. Daar is ander fotos wat hom van voor wys.

  4. #4
    Dit is n Albino en daar is ook witmense wat die EFF ondersteun. Van hulle is Suid Afrikaners en van hulle uitlanders. Van hulle praat Afrikaans en ander praat nie Afrikaans nie. Wat maak dit saak? Dit is tog maar net politiek.

    Politiek is maar net een vorm van n multidimensionele breinspoeling proses en dit hang van jou omgewing en vriende af en dit waaraan jy blootgestel word, wat jou eie persepsies van reg en verkeerd, uiteindelik sal wees.

    Die politieke aanslag om die wreld se denke gunstig vir die nuwe orde te verander is geweldig gekompliseerd en omdat dit so multidimensioneel is, is dit vir ons as mense feitlik onmoontlik om die rigting van die stroom te verander.

    Wanneer politiek suksesvol word, word pole geskep en dit is waarin jy wat van wolwe praat, jou bevind. Die hele proses om die denke van die mens te verander word die Big Game genoem en alles is uiteindelik vir die wat die toue trek, net n spel wat oor honderde jare gespeel word.

    Ek dink wanneer ons die proses verstaan en wanneer ons die koers van die politiek kan bepaal, stel dit ons hoogstens in n posisie om onsself terwille van selfbehoud en oorlewing so te posisioneer dat ons die skokke wat vir ons beplan word, met die minste ontwrigting kan bestuur sodat ons in vrede kan oorleef.

    Die politieke retoriek wat die wreld vandag skud is juis die onteiening sonder vergoeding. Jy wat boer dink dat jy jou grond gaan verloor. Ramaphosa s in een paragraaf dat dit moet gebeur, maar dat voedselsekerheid beskerm moet word.

    Ons weet dan nog twee goed. Ons weet dat ons te veel boere is en dat die landbou met mega boerderye vervang moet word. En ons weet dat die kleiner boere een of ander tyd meer bedreig sal word omdat hulle vir Mega boere plek sal moet maak.

    Die plan is uiteindelik dat jy nie sal doodgaan nie, maar dat jy vir n mega boer sal werk en nog sal kan boer. Jy sal dan net n salaris kry en nie meer vir al die ander risikos verantwoordelik gehou moet word nie.

    Wat ons ook weet is dat maatskappye wat landboubedryf, op hierdie stadium redelik beskermd is. Banke is reeds besig om met maatskappye wat in landbou is, consortiums te stig wat hulle glo in die nabye toekoms, glo nog n groter beskerming teen die politieke aanslae sal gee.

    Wat sal jy as kleinboer dan moet doen om jouself vir die toekoms in n beter posisie te plaas?

  5. #5
    Of dit nou politiek is of nie dit is energie en energie het n reaksie en daardie reaksie het nagevolge.
    Plaasmoorde is een so reaksie net soos wat hierdie politiek ook deur onkunde en ondeerdagte aksies die land ekonomies breek die breek is waar die probleem le want dit kan tog nie anders werk nie daars n paar wetenskaplike wette wat nie saak maak of n witte dit gese of n swarte dit gese het nie dit sal altyd wees soos die wette is gravitasie bly 9.8 meter per sekonde of dit nou rassisties is of nie dit bly n feit
    Ek is maar net n dom boer maar dis nie te moeilik om te sien hoe hierdie land van binne gesaboteer word nie die meerderheid mense in die land se intelektueele vermoe is van so aard dat hulle nie die skade en of impak van hulle doen en late kan begryp nie.Daar kom verseker n onstuimige tyd wanneer die dwase die omvang van hul dade besef verwaand sal hul die energie wat hulle in beweeging gesit het uit die voorste sitplekke kan aanskou wanneer mense vervalle in hopeloosheid moet sit.
    Die ergste vir my is dat daar oplossings is vir al hierdie sogenaamde probleeme maar dat daardie oplossings aspris ondermyn word sodat daar juis nie hoop geskep word nie en dan natuurlik wanneer dit gebeur is dit dan mos net geregverdig om populistiese kwik fix oplossings uit te dink soos kom ons vat die plase asof dit iets gaan help. Ek is lief vir die land en lief vir my grond en lief vir sy mense.Ek besef dat ek heel moontlik nie die gemors gaan oorleef nie.Ek besef dat ek moontlik my geleentheid om grond te he en te boer gaan verloor maar wat maak dit tog saak as ek dit verloor.Die vooreg wat ek het is nie in my hande nie die feit laat ek het wat ek het is uit God se goedheid en seen hy kan dit als vat en terug gee nes Hy goedink my reels vir my lewe is eenvoudig
    Ek is nie belangrik nie
    Dit gaan nie oor my nie
    Ek is nie in beheer nie
    God is in beheer
    Die lewe is kort tel jou seeninge

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •