Page 3 of 3 FirstFirst 123
Results 21 to 23 of 23

Thread: Revelation End Time and the so called rapture ?

  1. #21
    Hein

    Ek het Openbaring gaan bestudeer, ek doen nog steeds.

    Rev 1:1 Wat hier volg, is deur Jesus Christus geopenbaar. God het die openbaring oor wat binnekort moet gebeur, vir Hom gegee om aan sy dienaars bekend te maak. Jesus het toe sy engel gestuur om sy dienaar Johannes dit alles te laat sien.
    Rev 1:2 Johannes is die getuie van wat God gesÍ en wat Jesus Christus bevestig het; hy getuig van alles wat hy gesien het.
    Rev 1:3 GeseŽnd is die een wat die woorde van hierdie profesie lees, en die mense wat dit hoor en wat ter harte neem wat daarin geskrywe staan, want die eindtyd is naby.
    Rev 1:4 Van Johannes. Aan die sewe gemeentes in die provinsie AsiŽ. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon,

    Ek het by die eerste vers begin wonder hoekom ek glo soos ek geglo het, dat alles in elk geval in een groot ellende gaan ontaard en niemand niks daaraan kan doen nie. Ek het gewonder wat beteken binnekort en wie is die dienaars. By die derde vers het ek begin wonder watse eindtyd is naby, dit kan tog nie die eindtyd wees waaraan ek dink nie. In vers vier het ek besef dat ek iets verkeerd verstaan. Dit saam met die wete dat God almagtig is en net die beste vir Sy kinders wil he, het my verder laat bestudeer. So, ek dink nog lank nie ek is klaar en weet alles nie, ek bestudeer nog steeds, maar ek skeur nie bladsye uit my Bybel soos ek aangaan nie.

    Chris

  2. #22
    Chris, ek het jou gevra om aan my te bewys dat ALLES wat in Openbaring opgeskryf is, reeds op aarde plaasgevind het, dis al?

    ... Ek wag..., Ek wag vir jou direkte antwoord, ek wag nou al vir dae en dae lank....

  3. #23
    Hein

    God kan jou nie eers oortuig nie, hoe kan ek?

    Jy kies om Jesus as vals profeet te impliseer, jy kies om ons Vader as 'n verraaier uit te beeld, jy kies om onbybelse tradisies aan te hang net omdat dit populer is.

    Nee wat ou Hein, my tyd is kosbaar en daar is baie vrugbare grond. Gee maar jou definisie van bewyse dan probeer ek weer. Voor jy dit hier neerskryf maak asb seker jy kan God ook daarmee bewys. Maak seker jy kan jou eie defenisie van bewyse gebruik om almal te oortuig dat nog niks van Jesus se profesie waar geword het nie.

    Chris

Page 3 of 3 FirstFirst 123

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •