Page 8 of 8 FirstFirst ... 678
Results 71 to 75 of 75

Thread: Revelation End Time and the so called rapture ?

  1. #71
    Chris, ek dink dis nou genoeg van jou dwase redenasies, en dis duidelik dat jy die Woord interpreteer volgens jou eie persoonlike bygeloof.
    Jou interpretasie van die Woord spruit uit dat jy die Woord wil lees soos jou waansinnige en dwase internet maatjies geloofsoortuiging van Pretrisme.

    Ek kan jou en hulle nie help as julle nie eens die Woord kan lees soos dit daar staan nie. Jy is besig om my en ander se tyd te mors. Gaan kyk maar deeglik na hierdie draad, dan sal jy sien hoe dwaas jou redenasies is. Jy moet sommer ook mooi gaan kyk hoe jy die onderwerrp heeltyd verander het as jy nie vrae kon antwoord nie.., daai "kite" gaan nie by my vlieg nie..

    Geniet jou reis saam met die Woord, en mag Heilige Gees jou lei, en NIEMAND ANDERS NIE.

  2. #72
    Quote Originally Posted by Hein View Post
    Chris, ek sien jy sukkel weer so bietjie om mooi deeglik te lees:

    1Co 1:1 Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes,
    1Co 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan DIE geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met ALMAL wat die Naam van onse Here Jesus Christus in ELKE plek aanroep, hulle sowel as onse Here:

    Sien jy raak - ALMAL ?


    1Co 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie ALMAL ontslaap nie, maar ons sal ALMAL verander word,
    1Co 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die LAASTE basuin (Jesus se wederkoms); want die basuin sal weerklink, en DIE DODE (afgestorwe siele) sal onverganklik opgewek word; en ONS (wat nog by die laaste basuin lewe) sal verander word.

    Sien jy - Laaste Basuin? Sien jy Almal?
    Hein

    As jou laster nie so walglik was nie sou ek seker maar gedink het jy is snaaks. Jy weet in jou hart jou redenasies maak glad nie sin nie. Die "almal" waarna jy verwys sluit die "ons" in. Volgens jou redenasie Het Paulus nou 'n brief aan "ons" gerig om hulle in te lig oor iets wat met "almal" gaan gebeur maar nie met "ons" nie. Ja, dit klink sinneloos en dit is presies hoe sinneloos jou redenasie is.

    Soos gewoonlik is jy klaar gestry sodra jy die rondawel se hoek gekry het. Dis reg Hein maar jou spore le op die nat verf. Jou laster is op rekord.

    Jy se: Jesus is 'n vals profeet want die dinge wat Hy profeteer het, het nie gebeur met die mense vir wie Hy gese het dit gaan gebeur nie. Dit terwyl die Bybel vir jou uitspel in hierdie geslag, terwyl Jesus self se sommige van julle wat hier teenwoordig is sal dit beleef. Hoekom Hein?
    Net omdat jy nie wil erken dat die manier wat jy geleer is om die Bybel te lees nie noodwendig die regte manier is nie.

    Ek het jou gevra vir wie is die geskryf? Dit is mos in die Bybel.

    Deu 22:22 As ‘n man betrap word terwyl hy met ‘n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

    Jy antwoord my nie want jy weet dit bewys presies die punt wat ek wil maak. Alles wat in die Bybel staan is nie op almal van toepassing nie. Hoekom maak ons nie mense dood wat buite-egtelike verhoudings het nie. Maklik, ons mag nie, moet nie, wil nie, daardie reels was nooit vir ons nie, ons is nie Jode nie, was nie God se volk nie en sal nooit wees nie. Ons is Sy kinders.

    Dieselfde geld met die eindtyd Hein, dit is nie ons eindtyd wat in Openbaring en Mattheus, Markus, Lukas, Daniel, Esegiel, ens opgeteken is nie dit was die eindtyd van God se volk, die einde van Sy verbond met hulle, sodat hulle en ons(heidene) deel kan word van Sy nuwe verbond.

    Jy soek bewyse, ek het nie vir alles bewyse nie, ek sal nog soek, dalk kry ek en dan sal ek dit weer hier deel. Ek het egter heelwat onbetwisbare bewyse gelewer waarvan die vernietiging van die tempel en Jerusalem, presies soos Jesus profeteer het soos 'n paal bo water uitstaan. Jy kan nie ontken dat die tempel vernietig is nie, jy kan nie ontken dat Jesus van daardie spesifieke tempel gepraat het nie, tog kies jy om te glo dat die tempel herbou moet word sodat hy weer afgebreek kan word. Sterkte met daardie Kite ou Hein.

    Ek stel voor jy hou op om te laster en dit as evangelie te probeer verkondig, dit is verkeerde saad en jy sit 'n oes van ellende en hartseer in die grond.

    Chris

  3. #73

  4. #74

  5. #75

Page 8 of 8 FirstFirst ... 678

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •