
Originally Posted by
454
Hein
Dis reg kom ons probeer.
Rev 20:1 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.
Rev 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
Rev 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Is die ketting figuurlik of letterlik? Is dit 'n regte ketting?
Is die sleutel figuurlik of letterlik? Is dit 'n regte sleutel?
Is die draak figuurlik of letterlik? Is dit 'n regte draak?
Is die duisend jaar figuurlik of letterlik? Is dit presies 1000jaar?
As jy die vrae eerlik antwoord sal jy sien ons het met beeldspraak te doen. 'n Duisend jaar het vir die jode eenvoudig 'n lang tydperk beteken.
Kyk die verskil tussen die twee vertalings.
Psa 50:10 For every beast of the forest is mine, and the cattle upon a thousand hills.
Psa 50:10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
Die 1000 jaar kan dus 1948 jaar wees.
Ja Hein dit het gebeur. Jy aanvaar dat al die plekke wat die Bybel van praat as Jesus se koms of wederkoms, een gebeurtenis is, die Bybel se nerens daar is net een wederkoms nie. Wat het Jesus in die doderyk gedoen? Hy het die sonde en die dood oorwin, alle outoriteit is aan Hom gegee, Hy kan kom soveel keer as wat Hy wil. Gaan kyk na die woorde wat na koms en wederkoms vertaal is.
Jesus het alle outoriteit en mag, Hy delegeer van dit na ons om te heers op aarde.
Chris