Page 6 of 8 FirstFirst ... 45678 LastLast
Results 51 to 60 of 75

Thread: Revelation End Time and the so called rapture ?

  1. #51
    Hein

    As jy die moeite doen om te lees wat ek jou antwoord sou jy lankal die ding verstaan het en opgehou het om God as 'n moordlustige verraaier uit te beeld.

    Lees vir wie word gese wat gaan gebeur. Dan weet ons mos met wie dit wanneer moet gebeur of gebeur het. Dit is so eenvoudig soos dit. Deur dit te doen en te vergelyk met geskiedenis is dit mos duidelik dat daar bewyse van baie goed is wat reeds gebeur het. Daar is verskillende bewyse wat sommige vir party aanvaarbaar is en vir ander weer nie, Dan is daar bewyse wat nie eers deur jou betwis kan word nie. 'n Voorbeeld is die tempel wat vernietig is. Nou net daardie een bewys behoort vir enige kind van God die lig te laat aangaan. Dit is 'n streep in die sand, jy glo Jesus se hele profesie het so gebeur of jy glo, die tempel moet herbou word dan gaan hy afgebreek word en vir al die mense aan wie Jesus, persoonlik die profesie gegee het is Hy 'n vals profeet. Dit kan nie wees nie.
    Kom nou Hein dit is tog logies, hou op om die satan se misleiding te aanvaar.

    Chris

  2. #52
    Ek bly hier in Pretoria Chris. Kom wys asb vir my jou verheerlikte ligaam wat jy dus 1948 jaar terug gekry het. Daardie onsterwende engel ligaam.

  3. #53
    Hein

    Die feit dat jy iets nie sien of beleef nie maak nie van Jesus 'n vals profeet of God 'n verraaier, soos jy beweer nie.

    Ons bely almal ons is dood, Christus leef in ons. In hoeveel christene sien ons Christus? Maak self die som.

    Regoor die wereld staan derduisende kinders van God vanoggend in ellende en hartseer. Dit terwyl die Bybel waarin hulle glo vol beloftes van voorspoed en seen is. Hoekom Hein?

    Omdat ons uit die geloof lewe. Dit wat ons glo is wat 'n werklikheid word en wat ons toekoms bepaal. Dit is Bybels, dit word uitgespel, dit kan niemand verander nie. Ons kan wel verander wat ons glo.

    God wil Sy koninkryk op aarde vestig, God het gekies om Homself aan die heelal te openbaar deur Sy skepping. Die mens is die kroon van daardie skepping en ons is deur God hier geplaas om te heers oor die skepping. Wanneer ons heers sal die skepping gevul wees met God se heerlikheid. Dink aan die mens wat jy ken wat die meeste soos Jesus is, 'n aarde wat vol is van net sulke mense, 'n aarde waar ons almal dood is en Jesus deur ons leef, dan my liewe Hein sien jy God se meesterplan, dan sal jy die hemelse koninkryk op aarde sien.

    Maar nee, baie christene soos jy kies om te glo, satan is magtig, God het Sy kinders aan die satan uitgelewer, die aardse lewe maak nie regtig saak nie, dit kannie net goed gaan nie, God maak Sy kinders arm, sieklik en ellendig, Jesus het ons nog nie kom verlos nie, Hy gaan eendag weer kom, God gaan in elk geval weer alles kom vernietig. Daai hele onbybelse siek geloof begin alles by jou vertolking van Jesus se profesie. Jou vertolking gee vir jou 'n afbrekende geloof en dit is hoekom jy nie nou 'n verheerlikte liggaam gaan sien nie Hein. BEKEER HEIN, JY DOEN DIE SATAN SE VUILWERK! Jy verkondig ellende en dood. In jou hart weet jy dit.

    Chris

  4. #54
    En daar beskuldig Chris my al weer oor goed wat ek nooit gese het nie. Soos gewoonlik. Soos gewoonlik, as Chris nie kan antwoord wat gevra word nie, dan verander hy die onderwerp.

    Ek het nie gese alles wat Openbaring opgeskryf is, het reeds gebeur nie, Chris het. Chris het op hierdie web bladsy erken dat dit alles REEDS gebeur het.

    Nou vra ek net vir jou en toets jou vir die waarheid, om jou verheerlikte ligaam aan my te kom wys, daai een wat soos 'n engel is.
    Dis al wat ek jou vra. En as jy dit nie kan doen nie, dan praat jy mos twak Chris.

  5. #55
    Hein

    Presies Hein, jy se dit het nie gebeur nie. Met ander woorde jy se Jesus het vir Sy dissipels gelieg toe Hy se:

    Mat_23:36 Voorwaar Ek sÍ vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
    Mat_24:34 Voorwaar Ek sÍ vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
    Luk_21:32 Voorwaar Ek sÍ vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.
    Mar_13:30 Voorwaar Ek sÍ vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

    Jy is die een wat se Jesus is 'n vals profeet. Ek noem dit laster.

    Moet ek jou skrywes gaan opsoek waar jy vir ons vertel het hoe God die satan gaan mag gee om Sy kinders te laat vermoor en vervolg. Miljoene laat onthoof was jou woorde. Dit is laster Hein. Jy weet dit en jy moet sulke twak kwytraak omdat jy 'n onbybelse geloof probeer regverdig.

    Vertel ons wat verstaan jy onder n verheerlikte liggaan. Ek vermoed ons verskil daaroor ook.

    Chris

  6. #56
    Hein

    Die geskiedenis bewys jou verkeerd, jy kies om dit te verwerp en te maak asof dit nie gebeur het nie. Daardie deel van die geskiedenis is baie mooi gekamoefleer met die doel dat ons dit moet mis. Genadiglik is kinders van God besig om al meer inligting in die lig te bring.

    Satan se plan kan nie verander nie, hy het geen mag of outoriteit behalwe wat ons hom gee nie, meestal uit onkunde omdat ons mislei is deur ander mense wat mislei is.

    Die farriseers en skrifgeleerdes in Jesus se tyd het met presies dieselfde situasie gesit. Hulle is mislei om te glo dat Jesus nie die messias was nie. Ons dink, hoe stupid dit is tog duidelik. Hulle kon dit nie sien nie want hulle het 'n vooropgestelde prentjie, wat waarskynlik deur ander mense en tradisies aan hulle oorgedra is, gehad. Die verlossing moes kom soos hulle dit gehoor en verkondig het. Hulle was so vasgevang in hul eie opinie, geloof en verwagting dat hulle Jesus verwerp het en die satan hul vader gemaak het.

    Mat 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
    Mat 23:14 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle Ďn swaarder oordeel ontvang.
    Mat 23:15 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom Ďn kind van die hel, twee maal erger as julle self.
    Mat 23:16 Wee julle, blinde leiers, julle wat sÍ: Elkeen wat sweer by die tempelódit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
    Mat 23:17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?
    Mat 23:18 En: Elkeen wat sweer by die altaaródit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
    Mat 23:19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
    Mat 23:20 Wie dan sweer by die altaar, sweer dŠŠrby en by alles wat daarop is;
    Mat 23:21 en wie sweer by die tempel, sweer dŠŠrby en by Hom wat daarin woon;
    Mat 23:22 en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.
    Mat 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle nŠ: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
    Mat 23:24 Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!
    Mat 23:25 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
    Mat 23:26 Blinde FariseŽr, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
    Mat 23:27 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
    Mat 23:28 So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
    Mat 23:29 Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
    Mat 23:30 en julle sÍ: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
    Mat 23:31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
    Mat 23:32 Maak die maat van julle vaders dan vol!
    Mat 23:33 Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?


    Net so word kinders van God vandag deur dieselfde satan mislei om te glo, Jesus se offer alleen is nie goed genoeg nie, Jesus moet ons weer kom red, satan is 'n brullende leeu wat magtig is en God se kinders verslind, God gaan Sy kinders regstraf, God wat liefde is regeer met vrees, God gaan satan die mag gee om Sy kinders te vervolg en te vermoor. Dit alles net omdat ons nie lees wat is in die Bybel vir wie geskryf nie.

    Maak die som Hein, verkondig jy oorwinning tot eer van God? 'n Aarde wat vol word van God se heerlikheid waar Sy vyande vernietig is of verkondig jy ellende en dood vir die kinders van God?

    Chris

  7. #57
    En daar wil Chris nie die vraag antwoord, of dit wat ek vra om te bewys nie. Dis maar gewoonlik jou taktiek Chris, om die vraag te ontwyk. Ek is nou al gewoond daaraan.

    Nee Chris, ek verkondig niks anders as wat in die Bybel staan nie. As ek dit doen dan is dit vals. As ek iets verkondig, heg ek die skrif aan, soos wat dit daar staan in die Woord.
    [B]2Co 1:13[/B] Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,

    Ek gaan soek ook nie ander tweedhanse inligtig van die Bybel, op die internet nie. Ek lees nie ander mense se boeke oor die Bybel nie. Ek lees die Woord soos wat dit daar staan. Heilige Gees lei my en leer my. So is dit die afgelope 10+ jaar al.

    Jare en jare se ondersoek oor die eindtyd is deur my gedoen in die Woord, om al die legkaarte bymekaar te sit. Dit wat jy dus sien in hierdie Powerpoint presentation is jare en jare se navorsing, om doodseker te maak.

    Ek sal niks hier kwytraak, as dit nie opgeskryf is en verduidelik kan word in die Woord nie. Gaan kyk na die presentation, en dan sal jy sien, dat meer as 90% van die presentation is Woord..... Woord, Woord, Woord.

    Soos voorheen stry jy dus met die Woord. So dan help dit mos nie jy probeer met my stry nie Chris.

    Groetnis.

  8. #58
    Quote Originally Posted by 454 View Post
    Hein

    Vertel ons wat verstaan jy onder n verheerlikte liggaan. Ek vermoed ons verskil daaroor ook.

    Chris
    1Co 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
    1Co 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
    1Co 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
    1Co 15:54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
    1Co 15:55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

    onverganklikheid
    aphtharsia
    af-thar-see'-ah
    From G862; incorruptibility; generally unending existence; (figuratively) genuineness: - immortality, incorruption, sincerity.

  9. #59
    Hein

    Wie is die "ons" waarvan die skrywer 'n deel is? Met wie praat hy? Aan wie is die brief gerig?
    1Co 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    Chris
    Last edited by 454; 07-04-2018 at 02:14 PM.

  10. #60
    Quote Originally Posted by Hein View Post

    Soos voorheen stry jy dus met die Woord. So dan help dit mos nie jy probeer met my stry nie Chris.

    Groetnis.
    Nee Hein ek stry nie met die Bybel nie, ek stry met jou verkragte weergawe.

Page 6 of 8 FirstFirst ... 45678 LastLast

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •