+ Reply to Thread
Results 1 to 6 of 6

Thread: Redes vir plaasmoorde, wat gaan aan met transitorooftogte?

Hybrid View

  1. #1

    Redes vir plaasmoorde, wat gaan aan met transitorooftogte?

    Alet van der Walt
    ďNiemand kan ontken dat wit boere meestal die slagoffers van plaasmoorde is nie, die vraag is waarom dit so is.Ē sÍ dr. Piet Croukamp van die Noordwes Universiteit.
    Croukamp sÍ beskikbare inligting wys nie waarom dit so is nie en hy beskou stellings dat daar ín volksmoord is as oordrewe en sonder feite wat dit bewys.
    Croukamp sÍ die feit dat wit boere as welaf gesien word en meer geld het laat misdadigers glo dat hulle kan wegkom met misdaad op plase.
    Hy sÍ hy glo daar kan gevalle wees waar politiek ín rol in enkele plaasmoorde speel. Hy stem egter nie saam dat daar ín agenda is om wit boere te teiken nie.
    Die joernalis en politieke wetenskaplike, James Myburgh, het verlede week aan die hand van data van die Transvaalse Landbou Unie (TLU) en Statistiek SA ín artikel op die webblad Politics Web (HYPERLINK) geskryf waarin hy sÍ syfers bewys dat wit boere en hul gesinne beslis meer aangeval word as ander groepe mense.
    Myburgh sÍ daar is volgens Stats SA se opname in 2016 47 218 wit grondeienaars en altesaam 125 000 wit mense (boere en hul families) wat op plase en hoewes woon en die een of ander boerderyaktiwiteit beoefen.
    As die TLU se syfers oor moorde reg is, word 51,2 per 100 000 van die groep vermoor. Wanneer jy gesinslede uitsluit en net wit grondeienaars bereken word 108 per 100 000 mense vermoor.
    Dit is 3.2 keer hoŽr as die nasionale gemiddelde moordsyfer van 34 per 100 000.
    Hy sÍ ín mens kan ook nie net die groot nasionale getal moorde vat en dit dan verwerk om te bewys dat almal slagoffers van misdaad is nie.
    Die meeste moorde word regoor die wÍreld deur jong mans gepleeg en die meeste slagoffers van diť moorde is ook jong mans.
    Diť moorde word sosiale moorde genoem en is tussen mense wat bymekaar bly en onder mekaar baklei en soms weens dronkenskap mekaar vermoor.
    Die polisie sluit die soort moorde uit wanneer plaasmoorde aangeteken word.
    Wit boere en hul familielede val nie in hierdie kategorie nie en dit is ongehoord dat so ín hoŽ persentasie mense wat buite hierdie kategorie val vermoor word.
    Hy sÍ heelwat plaasaanvallers het in 1996 aansoek by die Waarheids- en Versoeningskommissie aansoek om amnestie gedoen en gesÍ hulle was polities gemotiveerd.
    ďKan ons aanvaar hulle politieke begeertes het net oornag verdwyn?Ē vra Myburgh.
    Myburg sÍ dit is te maklik om net te sÍ dat roof die hoofmotief is. Hy sÍ deur die eeue het soldate ook wanneer hulle mense aanval geplunder en materiŽle goed gebuit as deel van hul beloning.
    Lukas Swart, ín misdaadkenner wat boere met voorkomende beveiliging help, sÍ Myburgh is reg in sy aanname.
    ďJy kan plaasaanvallers sien as soldate. Hulle is meestal goed opgelei en behoort aan ín spesifieke politieke groepering.Ē
    Hulle is selfonderhoudend maar kan ook opdragte van bo kry om uit te voer. ín Mens moet onderskei tussen die soort misdadigers wat ín sekere doktrine aanhang en goed opgelei is en die gewone opportunistiese kwaaddoener wat geld vir dwelms soek, sÍ Swart.
    Swart sÍ dat MK-lede in 2000 in ín SAUK-onderhoud gesÍ het as die weermag hulle nie kan gebruik nie sal hulle weer hul ou ambag moet beoefen.
    Op ín vraag oor wat dit is, het een gesÍ dit is misdaad.
    Swart sÍ daar is bewyse dat transitorowers in groepe in Suid-Amerika militÍre opleiding by rebellegroepe gekry het. Hy glo die vlaag transitorooftogte van die afgelope tyd is polities gemotiveerd en gaan daaroor om radikale groepe te finansier.
    Hy sÍ die heersende gronddebat dra by tot die moorde op boere.
    ďDaar is groepe wat konflik tussen wit en swart mense wil aanblaas en hulle sal boere wat ín goeie verhouding met hul werkers en die swart gemeenskap het laat vermoor.Ē sÍ Swart.
    Dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou (VL) sÍ daar is al heelwat navorsing oor plaasmoorde gedoen. ín Verslag van die Menseregte Kommissie (MRK) in 2015 het roof as die hoofmotief gegee.
    Sy glo egter ook dat daar ín mate van georganiseerdheid by plaasmoorde en ander landelike misdaad soos veediefstal kan wees.
    ďOns moet aanhou navorsing doen en as daar groeperinge betrokke is by die goed kan sulke groepe dalk tot niet gemaak word.Ē
    Buys sÍ dit is nie van veel waarde om by gevangenes inligting te probeer inwin nie. Hulle sal almal dieselfde antwoord gee en ín mens kan agterkom dat hulle nie openhartig is oor hul rol as misdadigers nie, sÍ sy.
    Sy sÍ die polisie is tans besig met navorsing oor huisrowe en sakerowe en sy glo daar sal baie ooreenkomste wees met plaasaanvalle.
    http://www.politicsweb.co.za/politic...e-factcheckers

  2. #2
    Roof bly nog al die jare die hoof motief en dit is waarom dit so moeilik is om hierdie aanvallers volgens die ou definisies as terroriste te klassifiseer. Die probleem is dat die meeste aanvallers erkende bendelede, met bende lidmaatskap is. Wanneer hulle gevang word, was die motief roof en dit kan nie weerspreek word nie.

    11 Junie 2018 het ín boer in Mpumalanga drie kriminele gekonfronteer en hulle het erken dat hulle gestuur is om boere te vermoor. Die probleem met hierdie hele storie is dat die boer nie die gesprek opgeneem het nie en nou is daar weer nie bewyse van wat gesÍ was nie, en is ons weer terug by hoorsÍ.

    Volgens AKSKA se eie informasie is omtrent al die bendes in die land deur die BLF oorgeneem en kan die BLF aan die bendes sekere take gee om uit te voer. Bendelede hoef nie aan íín spesifieke politieke groepering te behoort nie, maar hulle kan van enige politieke organisasie of selfs leiers van die organisasies ďopdragteĒ kry.

    Na 1996 het dit meer en meer duidelik geword dat mense met baie goeie mense verhoudings, veral in areas waar daar grondeise was, met meer aggressie vermoor is. Ek kan nie sÍ dat dit so sal wees nie, maar ek hoop verseker dat ons nie weer hierdie tendens sal sien, waar dit oor die regering se nuwe beleid gaan nie.

    Ek is seker dat kriminele wanneer hulle meer arrogant en onaantasbaar word, meer en meer uitlatings sal maak soos wat aan die boer in Mpumalanga gemaak is. Wanneer julle ín geleentheid kry, moet julle met die mense praat en vra hulle uit. Maar maak seker dat jou foon se opneem knoppie geaktiveer is sodat ons meer en meer bewyse kan kry.

    Dit is feitlik onmoontlik om die onsigbare skakel tussen terrorisme en politiek te bewys. En sosiale media en die media maak dit ook nie makliker nie. Hoe meer van hierdie wreedhede gepubliseer word, hoe meer probeer die kriminele om volgende keer daarop verbeter. Dit is nou volgens die weermag se navorsing gedurende 1999 tot 2002. Ek is oortuig dat die situasie nog nie verander het nie.

    Die goeie nuus is dat die Boek Oorwin Plaasaanvalle ten spyte van sy ouderdom, nog nie verouderd geword het nie. Die doktrines is nog presies dieselfde en die manier hoe politiek by geweld misdaad inskakel het nog glad nie verander nie.

    Uiteindelik maak dit nie saak of daar ín opdrag is of nie. Of ín aanval polities of krimineel geÔnspireerd is, die bedreiging bly presies dieselfde. Die doktrines bly dieselfde en omdat ons dit ken, kan ons enige aanslag voorkom of ontlont.
    Gister 11 Junie 2018 was daar weer een van my goeie kennisse geskiet. Twee van sy vier aanvallers het vir hom gewerk en dit maak my so moerig omdat ons die vermoŽ het om die bende lede wat vir jou werk te identifiseer, sonder om ín woord met hulle te praat.

    AKSKA het die vermoŽ om toekomstige bedreigings tydens die beplanning daarvan te identifiseer en AKSKA het die kennis om jou met raad te adviseer sodat niks met jou of jou gesin hoef te gebeur nie.

    Dit wat AKSKA doen het niks met die okkulte te doen nie, maar gaan oor die ou onderwerp van ďKen jou vyandĒ Wanneer jy weet hoe jou vyand lyk en optree, is dit so maklik om vroegtydig die regte skuiwe te maak, waardeur jy die aanslag kan afweer nog voor dit begin het. Dit is tog wat voorkoming is.

    Kry voor jou die boek Oorwin plaasaanvalle. Daardie boek se kennis het meer mense se lewens gered as wat enige statutÍre of privaat organisasies ooit kon doen.

    Die boek gaan jou wys wie jou vyand is. Hoe hy lyk en waaraan jy hom kan herken. Die boek gaan jou leer wat die politieke invloed is en al is die boek in 2003 uitgegee, het niks verander nie. En die rede daarvoor is omdat die bedreiging volgens ín vasgestelde algoritme met n uitgewerkte plan werk en omdat ons dit ken, hoef ons nie seer te kry nie.

    Die enigste ding wat nie in daardie boek hanteer was nie was jou fisiese bou. Hoe groter jy gebou is, hoe beter is jou kanse om vandag op sig geskiet te word omdat die krimineel vir jou bang is. En om ín pistool te dra help jou niks wanneer jy nie weet hoe jou krimineel lyk en wanneer hy wil toeslaan nie.

    Maar met die regte kennis is jy in ín ander klas en kan jy jou omstandighede beter en makliker bestuur. Oorwin plaasaanvalle is nie ín gewone boek nie. Dit is jou handleiding om te oorleef en dit moet van tyd tot tyd weer deurgelees en bestudeer word, tot die kennis deel van jou denke en daaglikse bestaan word.

    Oorwin Plaasaanvalle is meer werd as die vuurwapen aan jou sy en dit kos amper niks. Bestel dit nou by [email protected] Die prys is R350.00. En R350.00 is nie ín fraksie van die hospitalisering nie.

  3. #3
    Waarvoor kyk mens of te sien of hulle in n bende is?

    As die aanval die een op Hartbeesfontein is waarna jy verwys, wil ek net weer die belangrikheid van radios uitlig.
    Ons op Ventersdorp het hom eerste gehoor om hulp roep op die radio, sy foon het hulle geleen tydens die aanval.
    Was dit nie vir die radio nie, weet ek nie hoe lank hy in sy eie toegesluite huis sou oorleef het nie.

  4. #4
    Bees. Dit is baie sensitiewe inligting wat beskerm moet bly en lede wat vyf tot agt jaar aktief by AKSKA betrokke is, begin dit dan eers leer.

    Wit mense is ook by die bendes betrokke en dit neem lank om te sien wie eintlik teen ons werk.

  5. #5
    Dankie vir die bevestiging Bees, dat hy self en op die radio ingeroep het. Daar is so baie stories wat rondloop.

  6. #6
    kan julle asseblief net hierdie vraelys vir my voltooi? Ek doen n haalbare studie vir n sisteem wat ek graag wil skryf wat Lukas en die res vd boere dalk mag help met plaasaanval voorkoming.

    Hier is die link:

    https://goo.gl/forms/A2YFrPk7DgvLYZY03

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •