Alet van der Walt
Niemand kan ontken dat wit boere meestal die slagoffers van plaasmoorde is nie, die vraag is waarom dit so is. s dr. Piet Croukamp van die Noordwes Universiteit.
Croukamp s beskikbare inligting wys nie waarom dit so is nie en hy beskou stellings dat daar n volksmoord is as oordrewe en sonder feite wat dit bewys.
Croukamp s die feit dat wit boere as welaf gesien word en meer geld het laat misdadigers glo dat hulle kan wegkom met misdaad op plase.
Hy s hy glo daar kan gevalle wees waar politiek n rol in enkele plaasmoorde speel. Hy stem egter nie saam dat daar n agenda is om wit boere te teiken nie.
Die joernalis en politieke wetenskaplike, James Myburgh, het verlede week aan die hand van data van die Transvaalse Landbou Unie (TLU) en Statistiek SA n artikel op die webblad Politics Web (HYPERLINK) geskryf waarin hy s syfers bewys dat wit boere en hul gesinne beslis meer aangeval word as ander groepe mense.
Myburgh s daar is volgens Stats SA se opname in 2016 47 218 wit grondeienaars en altesaam 125 000 wit mense (boere en hul families) wat op plase en hoewes woon en die een of ander boerderyaktiwiteit beoefen.
As die TLU se syfers oor moorde reg is, word 51,2 per 100 000 van die groep vermoor. Wanneer jy gesinslede uitsluit en net wit grondeienaars bereken word 108 per 100 000 mense vermoor.
Dit is 3.2 keer hor as die nasionale gemiddelde moordsyfer van 34 per 100 000.
Hy s n mens kan ook nie net die groot nasionale getal moorde vat en dit dan verwerk om te bewys dat almal slagoffers van misdaad is nie.
Die meeste moorde word regoor die wreld deur jong mans gepleeg en die meeste slagoffers van di moorde is ook jong mans.
Di moorde word sosiale moorde genoem en is tussen mense wat bymekaar bly en onder mekaar baklei en soms weens dronkenskap mekaar vermoor.
Die polisie sluit die soort moorde uit wanneer plaasmoorde aangeteken word.
Wit boere en hul familielede val nie in hierdie kategorie nie en dit is ongehoord dat so n ho persentasie mense wat buite hierdie kategorie val vermoor word.
Hy s heelwat plaasaanvallers het in 1996 aansoek by die Waarheids- en Versoeningskommissie aansoek om amnestie gedoen en ges hulle was polities gemotiveerd.
Kan ons aanvaar hulle politieke begeertes het net oornag verdwyn? vra Myburgh.
Myburg s dit is te maklik om net te s dat roof die hoofmotief is. Hy s deur die eeue het soldate ook wanneer hulle mense aanval geplunder en materile goed gebuit as deel van hul beloning.
Lukas Swart, n misdaadkenner wat boere met voorkomende beveiliging help, s Myburgh is reg in sy aanname.
Jy kan plaasaanvallers sien as soldate. Hulle is meestal goed opgelei en behoort aan n spesifieke politieke groepering.
Hulle is selfonderhoudend maar kan ook opdragte van bo kry om uit te voer. n Mens moet onderskei tussen die soort misdadigers wat n sekere doktrine aanhang en goed opgelei is en die gewone opportunistiese kwaaddoener wat geld vir dwelms soek, s Swart.
Swart s dat MK-lede in 2000 in n SAUK-onderhoud ges het as die weermag hulle nie kan gebruik nie sal hulle weer hul ou ambag moet beoefen.
Op n vraag oor wat dit is, het een ges dit is misdaad.
Swart s daar is bewyse dat transitorowers in groepe in Suid-Amerika militre opleiding by rebellegroepe gekry het. Hy glo die vlaag transitorooftogte van die afgelope tyd is polities gemotiveerd en gaan daaroor om radikale groepe te finansier.
Hy s die heersende gronddebat dra by tot die moorde op boere.
Daar is groepe wat konflik tussen wit en swart mense wil aanblaas en hulle sal boere wat n goeie verhouding met hul werkers en die swart gemeenskap het laat vermoor. s Swart.
Dr. Jane Buys van Vrystaat Landbou (VL) s daar is al heelwat navorsing oor plaasmoorde gedoen. n Verslag van die Menseregte Kommissie (MRK) in 2015 het roof as die hoofmotief gegee.
Sy glo egter ook dat daar n mate van georganiseerdheid by plaasmoorde en ander landelike misdaad soos veediefstal kan wees.
Ons moet aanhou navorsing doen en as daar groeperinge betrokke is by die goed kan sulke groepe dalk tot niet gemaak word.
Buys s dit is nie van veel waarde om by gevangenes inligting te probeer inwin nie. Hulle sal almal dieselfde antwoord gee en n mens kan agterkom dat hulle nie openhartig is oor hul rol as misdadigers nie, s sy.
Sy s die polisie is tans besig met navorsing oor huisrowe en sakerowe en sy glo daar sal baie ooreenkomste wees met plaasaanvalle.
http://www.politicsweb.co.za/politic...e-factcheckers