+ Reply to Thread
Results 1 to 7 of 7

Thread: Gesindheid

  1. #1

    Gesindheid

    Hier by ons is daar n defnetief n gesindheids verandering onder die swartes
    Daar word weekliks raporteerings van vee diefstal wat aan die toeneem is deurgegee op die whatssapp groepe in ons area.
    Die polisie arresteer geen verdagtes nie
    Die krimeneele wat wel gevang word kom aan mekaar los Baie is deur die gemeenskappe uitgewys maar hul kom net eenvoudig los
    Dis asof die krimineele net eenvoudig nie meer bang is om misdaad gereeld te pleeg nie.
    Die getalle vee is ok lank nie meer vir honger mense nie nee dis nou goeie besigheid
    Dinge raak buite beheer en baie boere word ekonomies bedreig.
    Doen jy die poliesie se werk kry jy jou self in die moeilikheid of kan jou lewe bedreig word.
    Hoe maak mens

  2. #2
    ín Paar jaar gelede het Gerrit Henning die boere oortuig om Swartberg in julle gebied betrokke te kry om veediefstal tee te werk.

    Swartberg ISS het derduisende rande begin spandeer om die gemeenskap met kennis te bemagtig. Ons was nog nie vÍr gevorder nie, toe begin ons reeds rapportering kry dat selfs die verliese wat aan rooikatte toegeskryf word, skerp afneem.

    Maar toe besluit julle om eerder die AfriForum roete te gaan en nou kla jy dat julle misdaad julle ekonomies bedreig en dat die polisie nie die veediewe in die selle kan hou nie!?

    Ons het reeds die polisiemanne vir julle geÔdentifiseer. Ons het reeds die sterkmanne wat misdaad en veediefstal in julle gebied bedryf vir julle geÔdentifiseer en julle kan selfs met daardie kennis wat ons vir julle gegee het, nie met julle AfriForum karretjie die misdaad afbring nie!?

    Wie moet vir julle lewe verantwoordelikheid aanvaar? Is dit die regering wat in elke geval jou grond sonder vergoeding wil vat? Is dit AfriForum wat net ín politiek / finansiŽle motief het om verder op jou verliese uit te brei? Of is dit jou verantwoordelikheid om self vir jou eie veiligheid en oorlewing, verantwoordelikheid te aanvaar?

    En nou kry julle iemand wat deur die owerhede gedryf word om julle van tekens te leer wat glad nie met ons te doen het nie?

    Wat met julle gemeenskap gebeur is deur en deur die resultaat van julle eie besluite. En nou vra jy: Hoe maak mens?

    As jy vir my vra sal ek voorstel dat jy jou grond verkoop en trek na ín gebied waar AKSKA reeds gevestig is. In die gebied waar julle bly sal julle nie maklik tot 2024 oorleef nie. Nie finansieel nie.

    Daar is ín paar boere wat dit sal maak en miskien is julle gelukkig en sal hulle teenplanne, sonder dat julle dit besef, vir julle ín beduidende voordeel inhou.

    Die geleentheid is nog altyd vir julle geskep om julleself te help en Boet en Danie is daar om julle deur die drif te help, maar solank as wat julle nie bereid is om vir julle kursusse by Boet en Danie te betaal nie en nie bereid is om vir die ondersoeke te betaal nie, moet julle maar toekyk hoe dit waarvoor julle, julle hele lewe voor gewerk het, voor julle oŽ wegraak.

    Kriminele gaan nie wegraak nie. Daar is tans meer as 33 miljoen mense wat nie werk kan kry nie en wat moet eet. Die regering se empatie is by daardie mense en die regering se plig is om toe te sien dat hulle nie van die honger omkom nie.

    As jy politiek wil speel, speel dit, maar as jy wil oorleef, moet jy vir jou eie oorlewing verantwoordelikheid aanvaar en Boet en Danie is daar om julle te help.

    Weereens is die keuse julle keuse. Maak daarmee wat julle wil.

    My voorstel. Druk hierdie papier uit en lees dit aan jou hele gemeenskap voor.

  3. #3
    Dis maar reg so van ons wat met akska die pad wou stap was ver in die minderheid die weet julle mos
    Tenopsigte van die regering wat se empatie by die 33 miljoen is kom ons kyk hoe lank die ekonomie hou en daar stabiliteit is.

  4. #4
    Greengroen. Dit is tyd dat julle vir die mense begin wys dat hulle die verkeerde besluite gemaak het. Ons gaan niemand kan help solank as wat hulle aanhou om goed te doen, wat in die verlede bewys is, dat dit nie gewerk het nie.

    Ek kan dit nie doen nie. Boet en Danie is nou opgelei om aan julle gemeenskap die kennis te gee wat ek wou gee, en dit is nou tyd dat julle wat die pad saam gestap het, moet help om die mense se oŽ oop te maak.

    Die land is groot en wyd en ons het nie meer tyd oor nie. Ek probeer al vir langer as 10 jaar in julle gebied, maar ek het nie nog tien jaar oor nie. My takt het ek laat vaar en ek dra nie meer alleen die verantwoordelikheid om mense bewus en wakker te kry nie.

    Gerrit het hard probeer maar hy baklei teen ’n muur. Dit is nou tyd dat jy en Boet die lyne optel waar ek en Gerrit gestop het. Swartberg se aanbod is verby en dit sal nie weer kom nie. Maar met AKSKA se kennis kan julle dit maak.

    Help om die mense in jou omgewing by Boet en Danie se kursusse te kry. Help om mense se oŽ oop te kry. Daar is nie ander raad of ’n ander uitweg nie.

    Wat die ekonomie betref. Die ekonomie is op n doelbewuste negatiewe koers en dit is nie eintlik veronderstel om nog drie jaar staande te bly nie. En as ek verkeerd is omtrent die ekonomiese voorspelling sal ek vir jou ’n hoender en ’n stake kom braai.

    Last edited by Lukas; 07-04-2018 at 07:52 PM.

  5. #5
    Bothaville se boere het nou groot geld uitgehaal om orals in die distrik op strategiese punte kameras te installeer. Hulle is glo wat tegnologie betref die voorste boerevereniging in die land. My familie was so rukkie gelede woedend vir my toe ek sÍ dat n mens nie misdaad met n kamera kan voorkom nie. As n boer geskiet is, is hy geskiet. Punt. As jy nou sien n swart BMW het by die of daai punt deurbeweeg dan wat nou? Hy is deur en hy is weg. Ons almal weet teen die tyd die outjie wat in die beheerkamer sit en die skerms dophou raak maar verveeld en as die bom bars moet hy nou op n klomp skerms soek om tussen n klomp karre n moontlike verdagte te identifiseer. Ten beste gaan hy sien die kar is in Hoopstad of Welkom of waar ookal se rigting. En as hy het, dan is die boer steeds dood. En dis net n kwessie van tyd dan word die kameras beskadig. Al wat n kamera n mens leer is hoe misdaad gepleeg word. Maar dis hoe mense is, hulle hardloop agter goed aan wat niks werd is nie.

  6. #6
    547 jy slaan die spyker mooi op sy kop.

  7. #7
    n kamera is n hulp middel die gemeenskap moet nog altyd tyd en energie insit om hul gemeenskap te beveilig

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •