Results 1 to 8 of 8

Thread: Hoekom is daar soveel armoede in Suid Afrika?

  1. #1

    Lightbulb Hoekom is daar soveel armoede in Suid Afrika?

    Hier is een van die groot redes hoekom die land SA, en veral swartes swaarkry.

    Isa 8:19 En as hulle vir julle sę: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsę, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?
    Isa 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.
    Isa 8:21 Dan sal hulle deur die land trek, beswaard en honger; en as hulle honger het, sal hulle in toorn uitbreek en hulle koning en hulle God vloek; dan sal hulle na bo kyk,
    Isa 8:22 ook die aarde aanskou, en kyk, daar sal benoudheid en duisternis wees! In jammernag en donkerheid is hulle gedrywe.

    Isa 8:19 But people will tell you to ask for messages from fortunetellers and mediums, who chirp and mutter. They will say, "After all, people should ask for messages from the spirits and consult the dead on behalf of the living."
    Isa 8:20 You are to answer them, "Listen to what the LORD is teaching you! Don't listen to mediums---what they tell you cannot keep trouble away."
    Isa 8:21 The people will wander through the land, discouraged and hungry. In their hunger and their anger they will curse their king and their God. They may look up to the sky
    Isa 8:22 or stare at the ground, but they will see nothing but trouble and darkness, terrifying darkness into which they are being driven. (GNB)

    Hierdie boodskap moet aan DIE SWART BEVOLKING GESTUUR WORD, SODAT HUL die waarheid kan uitvind.

    Dis ons verantwoordelikheid om die WAARHEID aan hul te vertel, asook die redding wat daar in Jesus Christus is.

    Groetnis, Hein

  2. #2
    Hein, ek dink jy beskryf die een kant van die muntstuk baie mooi.

    Die ander kant, volgens my, is dat God se kinders nie Jesus se opdragte in terme van die versorging van die weduwees en wese, hulp aan die armes, dra van mekaar se laste en so aan uitvoer nie.

    Ons lewe sefsugtig want ons glo nie die Woord dat God ons oorvloedig sal seën wanneer ons hulp aan ander gee nie.

  3. #3
    Hein.

    Voorvader aanbidding is afgodery en lei na aardse ellende en die dood.

    Ek stem saam met jou S415. Ons leef uit die geloof en is vir baie lank geleer om te glo dat geld die wortel van alle kwaad is, dat ryk mense nie Hemel toe kan gaan nie en dat dit beter is om arm en behoeftig te wees as ryk en geseend. Dit bly elkeen se keuse en solank mense glo hulle moet arm wees sal hulle arm bly.

  4. #4
    Quote Originally Posted by S415 View Post
    Hein, ek dink jy beskryf die een kant van die muntstuk baie mooi.

    Die ander kant, volgens my, is dat God se kinders nie Jesus se opdragte in terme van die versorging van die weduwees en wese, hulp aan die armes, dra van mekaar se laste en so aan uitvoer nie.

    Ons lewe sefsugtig want ons glo nie die Woord dat God ons oorvloedig sal seën wanneer ons hulp aan ander gee nie.
    Stem saam hieroor. Maar wat ek van swartes gesien het, is dat hul baie meer na hul eie mense kyk en uitreik as ons blankes. Hul noem dit ubunthu dink ek???
    Ons blankes het nogal die geneigdheid om weg te kyk vir mense wat swaarkry, en met hul eie rykdom "empire"aan te gaan en op te bou.
    Die sondes van Sodom word verder beskryf as net gay sondes. Hul is ook verwoes omdat hul verharde harte gehad het en nie vir ander omgegee het nie.

    Dit was nogal vir my insiggewend om daardie skrif the kry, want 'n swart werkskolega het dit eendag aan my genoem as die rede waarom swart mense swaarkry, maar nie die skrif gegee nie. In elk geval

  5. #5
    Senior Member
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Johannesburg
    Posts
    118
    Hein, (1) begryp jy die volle konsep van Ubuntu? Dan wil ek jou ook daarop wys dat baie blankes wel uitreik na ander blankes...in meeste gevalle is die wat uitreik nie welaf nie - hulle gee maar net om. (2) Wat doen jy vir arm blankes? (3) My eie ervaring is dat meeste 'armes' te lui is om te werk - hul ly aan die 'under-dog-sindroom'. Dis altyd harde werk om te veg vir die regte van die under-dog juis omdat hul 'n houding aan neem wat uiters pateties oorkom.

  6. #6
    Senior Member
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Johannesburg
    Posts
    118
    Ek wil ook graag byvoeg dat die gees van die wereld nie die Woord van God sal begryp nie...of eens sal wil luister daarna nie.

  7. #7
    1616, wat wil jy byvoeg oor die konsep Ubunthu. Misakien kan ek iets by jou leer wat ek nog nie weet nie, en ek sal graag wil hoor.

  8. #8
    Senior Member
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Johannesburg
    Posts
    118
    @Hein Ubunthu kan ge'romantieseer' word net soos die woord 'liefde' en weinig begryp dat 'liefde' is harde werk en soms maak harde werk seer...

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •