+ Reply to Thread
Results 1 to 4 of 4

Thread: Thomas Sankara

  1. #1

    Thomas Sankara

    Die Anargistiese Organisasie wat op die voorfront van verandering in Suid Afrika is, nie die rooi een met kaal koppe nie die ander een wat hulle hare en baarde groei beskou die bestel wat Thomas Sankara in sy kort 4 jaar as President van Burkina Faso van 1983 tot 1987 as die ideale bestel vir Suid Afrika. Ironies genoeg was sy slagspreuk, ‘Homeland or Death’!

    Dit is belangrik om kennis te neem van die feit dat Sankara daarvoor gesorg het dat al die grond in daai land onder die massas verdeel is asook daarvoor dat Tradisionele Leiers van hulle regte ontse is. Sankara se beleid was soos 'n koeksister waarin mooi en goeie sowel as slegte waardes ineen verweef is.


    Sankara het die Wereld Monitere Fonds en Wereld Bank verwerp asook al die ander arms van die VVO soos die Wereld Gesondheid Organisasie. Hy is in 1987 in 'n sluipmoord vermoor waarna sy opvolger weer by die Wereld Monitere Fonds en Wereld Bank en die VVO in die geheel ingeskakel het.

    Wat is die gevolgtrekking?

    1. Moenie die VVO minag nie, jou sukses sal van korte duur wees!
    2. Ten spyte daarvan dat sy land onder dwang in lyn met die "Franchisor" se planne vir die wereld gebring is deur sy sluipmoord het hy steeds genoeg tyd gehad om die grond te nassionaliseer en Tradisionele Stelsels omver te werp.

    Waar laat dit ons?

    Die Regering het dit duidelik gemaak dat hulle wel die Tradisionele Stelsels omver wil werp asook grond wil herverdeel onder die massas eintlik net nasionaliseer weet ons. Anders as Sankara deel ons regerende party die "Franchisor" se visie en wil nie vervreemd raak van die Wereld Bank en die Internasionale Monitere Fonds en die VVO in geheel nie. Ons regerende pary bestaan uit Globaliste en dit is die verskil. Dit klink nogal soos 'n teenstrydigheid!

    Daar word beweer dat Sankara die grond gegryp het en herverdeel het en toe voedsel produksie kon opstoot daardeur. Dit sal maar lol om voedsel produksie in die kommersiele sektor van die landbou noemenswaardig op te stoot in ons land. Dit kan wel bereik word deur die beginsel van skaal ekonomie toe te pas. Maw die gemiddelde landbou eenheids groote moet vergroot sodat gemiddelde koste kan afkom en gemiddelde produksie per eenheid oppervlakte kan toeneem. Sou Tradisionele Leiers ook afstand van hulle grond doen en dit volgens kommersiele landbou beginsels bewerk word sal dit 'n massiewe verskil maak aan die land se voedsel produksie en Afrika se voedsel sekuriteit.

    Ongelukkig beteken dit dat eiendoms reg soos ons dit ken in die spervuur kom! Nie net vir ons nie maar ook vir Tradisionele Leiers soos die Zoeloe Koning.

    Die Anargistiese Organisasie wat tans die stryd lei is maw die antithesis van die bestaande situasie om verandering te bring wat beteken elemente van hulle doelwitte is geoogmerk as eindbestemming maar nie hulle volkome visie nie.
    Last edited by OVS; 10-16-2018 at 09:04 AM.

  2. #2
    OVS. Hier is nog iets wat jy by jou denke kan inwerk. EN dan wil ek ín klippie in die bos gooi waarna ek graag sal wil sien hoe jy dit dan opsom.

    Volgens my info moet wat voedselsekerheid betref, n paar goed gebeur. Alle grond gaan nie vervreem word nie. Daar moet plek gemaak word vir 4000 mega boere wat die voedselsekerheid moet verseker.

    Standard bank is reeds besig om met bestaande Mega boere te onderhandel sodat die boerdery en die bank as vennote in n konsortium werk.

    Wat grond onteiening betref. Die wet word getoets maar dit is staatsgrond wat hoofsaaklik geteiken word. Niemand kla oor staatsgrond nie en wanneer dit genoeg gebeur, kan die regering seker aanvoer dat die beleid moontlik is.

    Ek dink dat ons hierdie hele plan deurmekaar kan krap.

    Wat gaan gebeur wanneer ons op groot skaal die volgende doen.

    1. Bewerk die bestaande staatsplase wat deur grondeise bekom is.
    2. Beheer die bankrekening namens die hoofman of koning in die gebied.
    3. Bestuur die lande asof jy dit huur
    4. Hou boek van al jou uitgawes, wat slytasie en waardevermindering van toerusting insluit
    5. Sorg dar die produk geoes verpak en versprei word.
    6. Met die eerste winste word jou koste en gedek
    7. Jy beheer die uitvoer van die produkte
    8. Jy beheer die finansiŽle administrasie van die rekening
    9. Aan die einde van die jaar verhaal jy jou uitgawes.
    10. Hou jou volgende jaar se insetkoste terug
    11. ReŽl ín groot byeenkoms en oorhandig die jaar se winste aan die hoofman sodat die hele groep kan sien dat die geld oorhandig is
    12. Beplan om bewerkbare grond te vergroot sodat meer mense ín inkomste sal hÍ
    13. Stimuleer die plaaslike ekonomie en bevorder die oprig van winkel sentrums in die area.

    Op die manier kan ons boer. Ons kan lewe en ons neem beheer oor ons toekoms omdat ons vir die gemeenskap onmisbaar word.

    Die projek moet soveel werk skep, dat die plaaslike werkloosheid verminder.

    OPSOMMING

    Skep welvaart waar jy jou eie toekoms bestuur en terselfdertyd namens die stamhoof, vir sy mense werk skep. Ek dink wanneer ons so iets effektief kan regkry en uitbou, kan ons die res van die onteiening van grond totaal neutraliseer.

    Jy bly op jou plaas terwyl jy van die ander om jou ook ín sukses storie maak wat dan op al wat ín media netwerk bemark word.

    Omdat jy die hoofman of koning skielik as landbouer bekend staan en die projek reeds ín sukses is omdat jy onmisbaar is, kan ons dit moontlik regkry dat die gematigde swart mense ons gaan beskerm omdat hulle by hulle hoofman werk het en omdat hulle as gevolg van ons, kos het om te eet.

    Ek dink wanneer ons vasstaan op ons voorwaarde dat ons self finansies in hierdie projekte beheer en ons kry dit reg om die stamhoof soos Blink Stefaans te laat lyk waar ons geen eer vir die suksesse vat nie, kan ons vir onsself geleenthede en welvaart skep wat ongekend is.

    Ns.

    Botswana doen dit min of meer op die manier en daardie land is op die oomblik nog redelik stabiel. Ons boere gaan ploeg en plant vir hulle teen betaling en dit werk goed. Maar as ons die hele proses beheer kaon ons nog beter doen.

  3. #3
    Toe die Hottentotte nie meer alleen in die Kaap was nadat Jan van Riebeek in die Kaap aangeland het nie was dit sonder dat ons of hulle dit ooit sou besef alles deel van wat eventueel op Globalisme sou uitloop. Onwetend was die oorwinning van die Britte en neerlaag van die Boere in 1902 ook deel van die Globalistiese agenda. So ook was 1994 in ons land oor niks anders as die bevordering van die Globalistiese agenda nie. Ek het altyd gedink die Pan Afrikaanse agenda is iets uit die oudedoos en pas nerens in die prentjie in nie tot ek besef het dat dit juis deelmaak van die Globalistiese agenda daarin dat die soewereiniteit van lande gesnoei gaan word tot daar in elke streek net een soewereine streeks owerheid oor is.

    Ek gee nie voor ek verstaan die groot prentjie nie, ek sou baie graag wou en prober my beste!

    Of ons beste pogings deur onsself onmisbaar te maak aan die Tradisionele leiers eventueel sal verseker dat ons beter anderkant uitkom weet ek nie Lukas. Hulle is egter wat grondbesit betref in dieselfde bootjie as ons en indien ons hulle kan help soos jy verduidelik om hulle grond in produktiewe landbou eenhede om te skakel sal dit waarskynlik vir ons tyd koop en ons stem versterk deur hulle invloed. As ons plan verder nie in die pad is van die Pan Afrikaanse agenda nie is ons kans soveel beter.

    Waar begin mens met so iets, ek sou se om 'n NPO te stig wat kan geld insamel en landboukundiges huur om 'n strategie te formuleer en te skakel met Tradisionele leiers sal die begin wees. Dis 'n mondvol, hulle se 'n plan sonder 'n strategie is slegs 'n droom!

  4. #4
    OVS. Ek het ook gedink dat die PANS iets van die verlede was tot en ongeveer ín jaar gelede gehoor het dat die PAN agente carte blanch geniet waar hulle ook al gaan.

    En jy is reg. Om nou so iets met die tradisionele leiers te begin sal loodreg in die pad van globalisering wees. Vir die mense wat die algoritmes manipuleer is anergie die volgende orde wat geskep moet word waaruit die Phoenix moet verrys. Enige organisasie of mens wat nou stabiliteit gaan skep waar hy is, sal totaal in stryd met die groot plan wees en hy sal ín aggressie op homself ontketen wat hy nie geglo het bestaan nie.

    Ons land moet nou eers vir die volgende agt jaar deur diep waters gaan, voor daar weer iets positiefs mag gebeur. Die Sjinese wat nou ín groot invloed in Afrika word, sal ook mooi deurgekyk moet word voor ons te veel stabiliteit gaan skep. Vir die Sjinese is dit nie vreemd om 250 duisend van hulle eie mense wat halsstarrig is te trek, oornag te vermoor nie en as hulle dit daar kan doen, wonder ín mens wat hulle hier gaan doen?

    Soos wat die kaarte beskikbaar word verander my gedagtes ook dag na dag. Ons ekonomie word nou in die afgrond in bestuur en ons kan daaraan niks doen nie. Maar ín swak ekonomie het ook sy voordele wanneer ín mens die uitvoermark ingedagte het.

    Ek dink ons moet aanhou om te kyk en te dink want uiteindelik gaan alles oor tydsberekening.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •