+ Reply to Thread
Results 1 to 6 of 6

Thread: Die "Reverse Takeover".

  1. #1

    Die "Reverse Takeover".

    Vir baie jare het ek al gewonder of die volgende scenario ooit moontlik kan raak, dit lyk tog of dit noudat Malema as Politikus opgelei word 'n vae moontlikheid kan raak iewers in die toekoms.

    Wat is 'n "reverse takeover" of in Afrikaans 'n omgekeerde oorname? Dit is 'n oorname van een entiteit deur 'n ander wanneer die "swakker" entiteit die "sterker" uitkoop maar die skyn bestaan dat dit andersom geskiet het. Dit sal wees soos wanneer Fiat vir Volkswagen uitkoop maar ophou om as Fiat besigheid te doen en met Volkswagen se Handelsnaam aangaan. Dit lyk of Volkswagen vir Fiat uitgekoop het maar eintlik het dit andersom gebeur.


    Geskiedenis leer dat die bewinds tydperk van 'n librasie organisasie soos ons leidende party 'n baie spesifieke raklewe het waarna 'n revolusie plaasvind. Ons revolusie is "overdue" en ons leidende party se relevansie is uitgedien! Die denkers in die leidende party is nie dom nie hulle weet dit ook.

    Wat as hulle 'n nuwe ANC met 'n nuwe naam skep om aan die einde van die revolusie as regerende party uit te stap? Nie noodwendig 'n militere leier nie dalk 'n vredesmaker? As hulle dit nie lei nie gaan dit spontaan gebeur en wie weet watter kant van die stok gaan hulle dan kry?

    Wat as Malema eintlik reeds die toekomstige leier is van die organisasie wat deur die ANC geskep is om die toekoms in te lei? Wat as hy tans soos die swakkeling lyk maar vetgemaak word om 'n plek vir die sinkende ANC leierskap gereed te maak? As die ANC nie die proses gaan lei nie gaan dit in elk geval gebeur? Wat as die ANC eintlik die EFF uitgehol het en die ANC prysgee vir 'n sterker naam wanneer die ANC se tyd in elk geval getel is?

    'n Tipe omgekeerde oorname?

  2. #2
    OVS is nou genadeloos besig om die grysstof te skut en te skommel.

    As ek so bietjie aan my eie duim mag suig?

    Ek dink dat die ANC uiteindelik soos die NP sy naam gaan verloor. Hulle het so veel drooggemaak en is op die oomblik besig om soveel steun onder die inheemse bevolking te verloor, dat die EFF werklik ín kans het om die ANC te vervang.

    Die EFF sal voortgaan met dit wat die ANC nie kom regkry nie en uiteindelik sal dit dalk die EFF wees wat die ou ANC drome sal verwesenlik. As dit ín reverse takeover is, stem ek saam. Dit is baie moontlik.

  3. #3
    Terwyl die ANC se website van die lig af is is Malema besig om naam te maak en die PAN Afrikaanse agenda wat deel van die een wereld orde uitmaak te dryf.
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	6DC43609-018B-4CF0-B699-76EC78868BB1.jpg 
Views:	4 
Size:	3.5 KB 
ID:	3730   Click image for larger version. 

Name:	71482499-1DB6-49E8-B3D5-16E92B56F6A6.jpg 
Views:	6 
Size:	43.7 KB 
ID:	3731  

  4. #4

    Meskien is dit goed

    Ja die manne kuier lekker rond in afrika,..
    Is daar nie ook eeebola nie hoop hy bring interesante goed terug vir sy party.

  5. #5
    Julius Malema verteenwoordig ons land by die PAN Afrikaanse Parlement en nie iemand van die ANC nie-neem kennis!
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version. 

Name:	95F92B11-1C0F-4507-889C-D8DCB622FC77.jpg 
Views:	6 
Size:	73.2 KB 
ID:	3733  

  6. #6
    Unregistered
    Guest

    Talking

    Quote Originally Posted by OVS View Post
    Julius Malema verteenwoordig ons land by die PAN Afrikaanse Parlement en nie iemand van die ANC nie-neem kennis!
    agge nee, hoekom het hy dan nie nou sy rooi overlall en pet aan nie....

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •