Results 1 to 7 of 7

Thread: Angus se hand?

  1. #1

    Angus se hand?

    Dis nie vir my lekker om hierdie op te laai nie maar op presies 1 minuut 47 van Its Time se nuutste promosie video wys Angus die teken. Of hy dit bewusteluk doen weet ek nie? Hoe ook al tensy hy iets daarmee bedoel behoort hy van beter te weet.
    Attached Images Attached Images

  2. #2
    OVS, wat wil jy nou eintlik se? Is daar iets waaroor jy bekommerd is?

    Indien wel, dan wil ek jou gerusstel.
    Baiekeer is mens skepties, en gaan soek na iets wat daar nie is nie. Gaan kyk in die Bybel, hoe toets mens die geeste, of dit van die antichris is of nie.
    Indien jy dit gaan ondersoek, dan sal jy ook 2 keer dink, voordat jy so skepties is.

    Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wreld uitgegaan.
    1Jn 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
    1Jn 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wreld.

    1Jn 4:15 Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God.

  3. #3
    Ek bedoel wat ek s, Angus behoort van beter te weet! Die tipe ding kan sy naam baie skade doen.

  4. #4
    En dit kan totaal en al onskuldig on onwetend gedoen gewees het...

  5. #5
    Volgens iemand wat hom ken maak Oom Angus maar so met sy hande as hy verduidelik. Dis glo heel onskuldig. Ek glo die boodskap dat dit nie van pas is vir die bekendste evangelis van ons tyd om satanistiese tekens per ongeluk uit gewoonte te maak nie het reeds vir Oom Angus bereik en dat hy dit van harte sal neem. Ek weet hy is nie iemand wat hom met nonsens ophou nie dis egter juis hoekom dit vreemd is dat juis hy so gewoonte het. Mens wonder nou waar Obama, die pous, die Clintons en die Shah van Iran die gewoonte geleer het!

    Dis bietjie van n las wanneer mens oog ingestel is vir dinge wat patrone en reekse vorm soos klippe stokke en sakke langs paaie. Of vir die kleurkode van die krale wat afrika vroue dra om vas te stel of hulle sangomas is omdat jy weet net sangomas mag sekere kleure dra. Dis n akademiese oefening maar skielik is daar min spasie vir toeval! As iemand jou hand sag druk en jou met sy duim druk op die manier wat daai bekende geheime organisasie mekaar groet wonder mens? Dieselfde geld vir hand gebare waarmee mense van sulke organisasies aan ander lede van daai organisasies in die publieke oog en deur die media wys wat hulle affiliasie is?

    Gelukkig is almal nie so krities en analities soos ek nie!!

    Die punt is egter om nie te oordeel nie!

  6. #6
    Praat julle van die min dae teken wat vir ons gewys het hoe ver ons van uitklaar is, of van die uitkyk teken wat swart kulture gebruik? Daar is soveel handgebare wat aan organisasies gekoppel word dat ek in die toekoms met my hande in die sakke sal moet staan en praat.

    Sosiale media het die hoofstroom media baie seergemaak en die enigste om die verlies aan aansien te herwin, is om die sosiale media met dis informasie te oorstroom, sodat niemand later weet wat die waarheid is nie.

    EK dink dat ons twee goed in gedagte moet hou. Die vrug van die Gees kan niemand wegsteek nie en dan die belangrike een . Moenie oordeel nie, want met die maat wat jy oordeel sal jy geoordeel word.

    Angus se boodskappe wat ek gehoor het, was altyd suiwer.

    EK sien vandag op WhatsApp’s dat hy deur die round table vereers is en dat hy ook ’n round table lid is.

    Die round table is presies dieselfde as die rapportryers van die broederbond. Dit is die area waar mense wat geteiken word, op grond van ’n liefdadigheids organisasie wat vir ander mense en sy gemeenskap omgee en wil help.

    Soos wat ek dit verstaan is daar geen rituele van enige aard nie en dit is deur en deur ’n liefdadigheid organisasie, of so dink hulle.

    Vanuit hierdie organisasie word mense dan genader om vrder by die broederlike organisasie betrokke te raak en dit is dan waar die rituele van graad tot graad, jou stelselmatig van jou eie geloof vervreem. Maar God slaan ’n reguit hou met ’n krom stok en daar is al baie mense wat selfs tot by die 33ste graad van Vrymesselary gevorder het voor hulle tot bekering gekom het. En was dit nie vir daardie mense nie het ons vandag nog niks van die organisasie geweet nie.

    Ek vermoed dat die sataniste dalk ’n groot probleem met Angus het en dit is vermoedelik waar al die gerugte vandaan kom.

    Hoofstoom en sosiaal.jpg

    Ons kan nie wat ons gehoor het ont hoor of wat ons gesien het ont sien nie. Maar ons kan kyk, luister en uiteindelik vir ons self ’n besluit maak oor dit wat ons op grond van ons eie gewaarwording en gevolgtrekking besluit het.
    Wat ek wel weet is dat die EFF vir April twee jaar gelde groot planne gehad het om die land te ontwrig en die tydlyn was presies die selde tydlyn as wat Angus se groot saamtrek in Bloemfontein was. Die EFF se planne het ernstig skeef geloop en die BLF het later by die EFF oorgeneem omdat die EFF skielik te onbevoeg was om te doen wat hulle moes doen.

    Vanjaar is dit weer sulke tyd en die BLF het weer groot planne wat gedurende November moet begin en wat teen Februarie ’n hoogte punt moet bereik. En so kyk en toets en vra ons vrae tot ons oortuig is van wat ons uiteindelik op grond van ons eie oortuigings geleer het.
    Last edited by Lukas; 11-03-2018 at 02:16 PM.

  7. #7
    Lukas ek het self al gewonder oor die verwantskap tussen die eskalerings planne vir Suid Afrika en Angus se saamtrekke.

    Mens vergeet somtyds op watter mespunt die land was na die moord op Eugene Terreblance. Hy is vermoor die 2 de April 2010 en die grootste en laaste Manne Saamtrek by Greytown op Angus se plaas was op die 16-18 April 2010 waarna dinge afgekoel het in die land.

    Dit lei mens tog om te dink dat sy getrouheid om die mense bymekaar te kry dalk werklik 'n verskil maak!

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •