+ Reply to Thread
Results 1 to 5 of 5

Thread: Gaan ons n Chinese regering he?

  1. #1

    Gaan ons n Chinese regering he?

    In Nelson Mandela baai, het ek fotos gesien van hoe die Chinese ons polisie begin infiltreer, hul begin ook die polisie te leer om Mandarin te praat. Hul noem die beweging, CCPCC, of Chinese Community and Police Co operation Centre, waar SAPS, CPF Metro en die Traffic police betrokke is. Ek hoor by die werk en op sosiale media hoe ongelukkig die swartes gaan wees as die Chinese gaan begin oorneem.

    My vraag, as die Chinese oorneem, hoe gaan dit Dan in ons land gaan, ekonomies, die verdrukking teenoor ons blanke bevolking, gaan die swartes Wil xenofobiese aanvalle rig teenoor die Chinese? Het Siener v Rensburg enige iets te se gehad oor die Chinese?

    Ek is bewus vd finansiele situasie en Dat Ramaphosa n lening aangegaan met die Chinese, en ek is bewus van ander arm lande wat dieselfde gedoen het en hoe die Chinese Dan n gedeelte v hul land of groot inkomste gedeelte vd land Dan vir hul self gevat het vir hul eie finansiele 'gain'. Is hul die dier uit die Ooste? Of is die moslems die dier uit die Ooste soos Openbaringe van praat?

    Dis nou so moeilik om kop te hou van wie gaan regtig in beheer geplaas word oor die land, wat is die toekoms vir die ANC met die Chinese?

  2. #2
    Sjina is nie net by ons betrokke nie. Afrika is deur Brittanje aan Sjina gegee en wat ons nou sien gebeur is deel van die BRICS ooreenkomste.

    Sjina beplan om die ouboet in Afrika en suid Amerika te word en is besig om n stabiliseringsmag ook in Suid-Afrika te vestig.

    Sommige skole in Natal leer glo reeds om Mandarin te praat en Mandarin gaan ook op universiteite aangebied word en sommige vakke sal ook in Mandarin aangebied word.

    WAT IS AFRIKA SE GEVOEL OOR DIE BESIGHEID?

    Dit lyk nie of hulle baie daarvan hou nie. Die swart mense besef dat ons weer gekolonialiseer word en dit is nie vir hulle n lekker gedagte nie. Maar of hulle iets daaraan sal kan doen dit weet ek nie. Die intelligensie vermo is so geweldig groot in hierdie land dat dit baie maklik sal wees om enige opstand teen die Sjinese gou en vinnig plat te druk.

    Die plan om Afrika aan Sjina te gee is al meer as n 100 jaar oud en ek weet nie hoe ons die ding gaan hanteer nie. Nog nie.

    Die probleem is dat die regering te korrup en te ongeletterd is om logies te dink en n mens weet ook nie wat die voorwaardes was indien hulle nie tot die besluit sou instem nie.

    Op hierdie stadium is ons, en nou ook die swart mense van hulle eie land vervreem. Daar is nog n regering maar hulle word net die handperde van die Sjinese en die gepeupel moet toekyk sonder dat ons ooit seggenskap in die saak sal h nie.

    ONS KORTERMYN PLAN

    Ek dink nie dat ons Sjina ons vyande moet maak nie. Nie op die oog af nie. Hulle gaan van die swart bevolking teenstand kry en ons moet nie betrokke raak nie. Iewers in die nabye toekoms kan die hele wreld se dinge ernstig deurmekaarraak en dan kan ons dalk n uitkoms kry.

    Maar as ons vyandig teenoor die Sjinese gaan optree, glo ek dat hulle die lewe vir ons baie warm sal kan maak. Hulle het nou die mag en die internasionale toestemming om dit te doen. En as hulle hulle gesag hier by ons gaan afdwing soos wat hulle dit in Sjina doen, sien ek groot hartseer vir die wat met hulle wil swaarde kruis.

  3. #3
    Unregistered
    Guest
    China kry sy voet orals in Afrika in die deur. Met Mosambiek en Angola se gas en olie reserves, sal hul baie "TRANSAKSIES" daar doen.

    China is ook besig om sy weermag op te ramp, hy maak gereed vir oorlog. So ook Rusland en Amerika.

    China het nou 750 Miljoen soldate wat hy kan ontplooi...

    Ek glo dat as enige land behalwe Amerika en Rusland, vir China wil teestaan, sal daar glad nie weerstand gebied kan word nie,
    Kyk link hieronder van hul wermag:
    https://www.globalfirepower.com/coun...untry_id=china

  4. #4
    Okay so as almal regmaak vir oorlog, Dan beteken dit seker die 3e wereld oorlog, maar gaan SA dan neutraal wees of gaan ons mooi in die middel vd ding wees?

  5. #5
    Ons is te ver uit die pad. Die regering sal nie neutraal wees nie, maar hulle sal ook nie veel kan doen nie.

    3# Die olie wat in Mosambiek ontdek sal word sal nie deur Sjinese ontgin word nie. Hou die nuus maar dop

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •