+ Reply to Thread
Results 1 to 9 of 9

Thread: Mag mens dit doen

  1. #1

    Mag mens dit doen

    Ek wil weet of ek n bobejaan kan skiet en op n paal langs die pad mag plant bo op die bobejaan se rug wil ek n afgeslagte skaap vasmaak
    Ek wil vir my werkers vertel dat n sangoma vir my toorgoed gegee het om op die plaas uitestort sodat my skape getoor is en wanneer jy op die plaas iets slag sal die skaap nie van jou rug afklim nie en sal so n groot las op jou wees
    Mag ek so iets doen of is dit vir moeilikheid vra

  2. #2
    Unregistered
    Guest

    Lightbulb

    meng jou met die semels, en die varke sal jou opvreet.
    hoekom wil jy in dieselfde juk trek as jou werkers, en hul satanistiese metodes gebruik / mimmick?
    wat het geregtigheid uit te waai met ongeregtigheid?

  3. #3
    Quote Originally Posted by Unregistered View Post
    meng jou met die semels, en die varke sal jou opvreet.
    hoekom wil jy in dieselfde juk trek as jou werkers, en hul satanistiese metodes gebruik / mimmick?
    wat het geregtigheid uit te waai met ongeregtigheid?
    Kry eerder n leeu om die skapies op tepas. N wit een.

  4. #4
    Greengroen, doen asb die volgende,

    Eerste vraag, is jy weergebore en leef voluit met skoon hande vir God,
    Gaan dan met n opregte hart na die Here, gee jou hele plaas aan die Here, al jou implimente, besittings, voertuie, en vee, en elke ding aan God. Gee jouself, jou vrou en jou kinders oor aan God.
    Surrender it !
    Nou is dit nie meer joune nie, nou steel hul vanaf God, en hul sal die gevolge moet dra

  5. #5
    Hein ek stem nie heeltemal met jou saam nie en daarvoor het ek die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5.
    Jy kan nie jou grond vir God gee en dan die geld vir jouself hou wanneer jy dit verkoop nie.

    Die satan het gekom om te roof, te moor en te steel en dit is wat hy doen. Aan ons is die mag van kennis gegee om die bedreiging voor die tyd te sien en aan ons is die outoriteit in die Seun gegee om die bose planne en komplotte wat teen ons gemik is, te ontbind en te verbreek.

    Ek het vir jare met my pa oor die Bybel gestry en hom soms verkeerd bewys en in hoeke in gedruk. Op n dag vertel hy vir my dat hy so bly is dat ek die Bybel so mooi ken, wat sy hart nog blyer sal maak, is wanneer ek eendag n ontmoeting en n persoonlike verhouding met die Enigste Lewendige God sal h.

    Baie keer ken ons die Bybel uit ons kop en ons gebruik dit soos die swart mense hulle sangomas gebruik, om die lewe vir ons makliker te maak.

    Daar is twee probleme met Green groen se vraag.

    1. Wend jy jou na die sangoma of al maak jy asof jy met die sangoma onderhandel het, vertel jy vir die werkers dat hulle god sterker as jou eie God is.
    2. Die tweede probleem l in Hein se antwoord. Daar is nie n aggelaain, maggelaain, tarragie tarrago oplossing nie.
    Nie een van ons kinders is sonder sonde nie. Nie een van ons hande kan skoon wees nie. Wel, myne is nie skoon nie en ek sal baie oud en baie moeg moet word voordat dit eendag seker sal gebeur. Maar die Seun het nie vir ons gekom omdat ons goed is nie, maar omdat ons juis nie goed en betroubaar is nie.

    Ons probeer om goed te word en ons streef na die vrug van die Gees en meer kan ons nie doen nie. MAAR ons is nie meer verlore nie en ons het nie net die kennis nie, maar in die Seun met die outoriteit wat die Vader aan die Seun gee, gee Hy ook vir ons Matheus 18:18

    En dit beteken nie dat ons nou sonder kennis die probleem kan aanspreek nie. Ons moet nog ons kennis gebruik en ons moet nog doen wat ons kan doen om die skade te voorkom. Hoe die uitkoms sal wees word deur God besluit en nie deur ons nie.

    God help die wat hulleself help.

    Wat kriptografie betref, sal die Bobbejaan beteken dat jy n dom boer is. Jy moet maar self oor die een besluit

  6. #6
    Quote Originally Posted by Lukas View Post
    Hein ek stem nie heeltemal met jou saam nie en daarvoor het ek die verhaal van Ananias en Saffira in Handelinge 5.
    Jy kan nie jou grond vir God gee en dan die geld vir jouself hou wanneer jy dit verkoop nie.
    Lukas, jy moet asb vir my verduidelik, ek sal graag meer wil weet wat jy bedoel , en hoe jy die 2 stelings vergelyk. daarna sal ek my anwoord gee.

  7. #7
    Hein. Ek sal jou later op die Geestelike draad antwoord.

  8. #8
    Hoe het jul die moeti op die pyplyn gekry,waarom het jul dit gebruik ,mag ek van dit gebruik.

  9. #9
    Ons moeti was self ontwerpte, onsigbare elektroniese snellers, wat ons gebel het wanneer daar iets by die ding gekom het wat geteiken was. Hulle kon dit nie sien nie. Hulle het geweet dat die wagte nie uitpraat nie en hulle was uiteindelik oortuig dat ons baie sterk muti het


    En ek gaan die boodskap weer uitvee. As julle gemeenskap nie vir Swartberg met Afriforum vervang het nie, sou ons dit by julle gebruik het. Ons was besig om dit te bou.
    Last edited by Lukas; 12-07-2018 at 06:09 PM.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •