Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 11 to 16 of 16

Thread: Waarom kan jy nie jou grond vir God gee nie?

  1. #11
    Is dit nie moontlik nie om aan God te se jy gee al jou geld en besittings aan Hom met die doel dat Hy jou sal help om dit wys en tot sy eer te gebruik? Alles wat ons het behoort in elkgeval aan Hom. Iets soos om kinders in die gebed aan God se beskerming toe te vertrou.

  2. #12
    Ek het nou weer krag

    Hier is hoe ek die saak vir my uitgemaak het (vir nou) ...

    Ons word geskape met ingebore vermoeŽns of talente. Hoe PRESIES ons dit aanwend maak nie saak nie, maar ons is veronderstel om dit tot Godse eer aan te wend.

    Stan en sys siteme kom belieg ons egter en ons sit nou ons drome eenkant sodat ons 'n werk kan doen wat ons haat in die hoop dat ons genoeg geld bymekaar sal kan maak om te kan oorleef. En so word ons slawe van die banke en ander instanssies wat daar is om ons besig te hou.

    Wat veronderstel was om te gebeur is dat ons 'n abssolute intieme verhouding met God moes hÍ, die gawes/talente/vermoeŽns wat Hy ons mee gesskape het ontwikkel het tot voordeel van alaml om ons, maar veral tot verheerliking en uitdra van Sy naam en boodskap terwyl Hy vir ons sorg sodat ons in alles oorgenoeg kan hÍ om vir elke goeie daad te kan bydra.

    Die spesefieke pad wat elkeen stap word deur God bepaal ... Josef, Moses, DaniŽl en sulke manne het paaie gestap wat hulle nie verstaan het nie, maar hulle het dit wat in hulle was uitgeleef en uiteidnelik is hulle deur God verhoog omdat hullle getrou was.

    As kinders van die Allerhoogste moet ons oor die skepping en in die geestelike ruim heers, maar vir dit het ons kennis nodig en daardie kennis is deur georganiseerde godsdiens van ons weerhou. Nou vat dit 'n reuse kopskuif om in oorwinning te begin leef. Nog 'n groter kopskuif is hoe om in oorwinning te leef terwyl alles nie gaan soos jy dink dit moet gaan nie.

    Wanneer ons dit regkry om so in absolute oorgawe vanuit God se hand te leef sal PS 91 en 23 elke dag vir ons waar wees en sal geen aanslag teen ons slaag of siekte ons tref nie. Ons sal voor die oŽ van ons vyand 'n volgedekte tafel geniet en tot in lengte van dae God se teenwoordigheid leef. Dan sal ons op slange en skerpioene trap en ons sal niks oorkom nie. Ons sal die gawes van die Gees aktief uitleef en ons sal kop en skouers bokant die wÍreld uitstaan.

    Vrywaar dit ons van vervolging? Ek dink nie so nie, maar ons sal ook dit so anders hanteer dat ons gaan uitstaan.

    En nou kom ek na AKSKA toe terug ... ons is beslis nog nie almal daar waar ons net op die stem van die Heilige Gees kan staatmaak om waarskuwings te hoor nie en vir die die wat nog nie daar is nie gebruik God ander mense om hulle met ander kennis toe te rus sodat hulle lyding kan ontkom ... ek wil hierdie amper "wÍreldse kennis" noem.

    Soos ek dit dan sien is die "aksie" wat ons moet neem, dit wat ons moet "doen" eerstens die uitleef van God se opdrag oor verkondiging van die evangelie, versorging van die armes, bid, vas en gee, en dan die uitleef van die talente wat ons gekry het sodat Sy naam verheerlik sal word. Hierdie talente sal insluit bou van huise, aanbied van kursusse, verbou van gewasse, sing in operas, speel in toneelstukke, of wat dit ookal is waarmeee jy geseŽn is.

    Wat dit nie is nie is die afsloof in 'n beroep wat jy haat omdat dit nie jy is nie net omdat jy dink jy moet dit doen om vir jouself te kan sorg.

    Die neem van outoriteit oor die skepping en die geestelike ruim is iets waarvan ek nog baie moet leer, maar ek glo dat dit is waar ons werklik gaan leef ... Ons moet net uit die boot uitklim.

    Enige ander poging om op ons eie te oorleef is net onnodig sukkel omdat ons nie kennis het nie ...

  3. #13
    Dankie S415.

    Arno. Uiteindelik gaan alles oor jou motief wat jy in jou hart dra. Mense is baie geneig om met God deals te maak sodat dit met hulle beter kan gaan. Finansieel beter.

    Wanneer jy dit doen, is jou motief verkeerd en beteken jou deal niks nie. Baie mense wat finansieel geseŽnd is, is baie mooi gelowiges, tot die inkomste bedreig word. Wanneer dit gebeur bevraagteken hulle God en wil aan God die skuld vir hulle probleme gee.

    S415 en Arno. Ek doen nie wat ek baie graag in my lewe wou doen nie. Die wetenskappe is my passie en ek sou in my lewe drie dinge gedoen het as dit van my afgehang het.

    1. Ek sou baie groot geboer het
    2. EK sou meer in die aŽrodinamika gespesialiseer het en
    3. EK sou enige ding wat daar is wou, kon vlieg.

    Na my draai in die oorlog besluit ek dat ek sonder God in elk geval nie sou oorleef het nie en ek besluit toe om Teologie te gaan swot. Op daardie stadium het ek begin boer wat y eerste droom was.

    Ek maak toe ’n afspraak met die dekaan van die teologie fakulteit in Potch om te gaan swot. Tydens die onderhoud jaag hy my uit sy kantoor uit en verseker my dat ek in my lewe nie in enige Universiteit in Suid-Afrika sal kan gaan swot nie. Daarvoor sou hy gesorg het.

    Verdwaas stap ek uit sy kantoor en Leon Grobler vra my wat gebeur het. Ek sÍ toe vir hom dat die ou my gevra het of ek geroepe voel om teologie te gaan swot en toe ek ja sÍ, toe jaag hy my uit sy kantoor uit.

    Leon het ook sy kalm oomblikke gehad en ek en hy was saam in dieselfde operasionele eenheid voor ons die siviele lewe kom aanpak het. Nee sÍ Leon. Vertel vir my woord vir woord wat jy vir hom gesÍ het.

    Julle moet verstaan dat ek toe net ’n paar maande uit die oorlog was en my taal het tot vandag nie baie verbeter nie. Maar ek probeer om die gesprek vir Leon presies en woord ver woord oor te dra, soos wat dit gebeur het.

    Op die Dekaan se vraag was my antwoord. Nafokentuurlik is ek fokken seker dat ek gefokkenroepe is. En dit is toe dat die ou my soos ’n hond uit sy kantoor uitgejaag het.

    My lewe het daarna baie draaie gemaak en al die ontwikkelings en ontdekkings wat ek gemaak het, se geld het nooit in my sak beland nie. Maar ek het in my lewe twee opregte beloftes aan God gemaak.

    1. U die pottebakker en ek die klei. Vorm en maak my, net Soos U Wil.

    As ek maar toe net geweet het wat dit in my lewe sou beteken wonder ek of ek dit weer sou doen as ek die horlosie kon terugdraai. ’n Mens moet mooi dink voor jy vir God iets vra, want hoe Hy dit sien en wat jy eintlik bedoel, is nie altyd dieselfde nie.

    EK sal nie sÍ dat ek slim is nie, maar daar is impulse tussen my ore wat soms in oulike materiŽle goedjies manifesteer. Dit was vir my lekker om goed te bevraagteken en te ondersoek. Ek het, was nogal ’n uitblinker wanneer ek my kop op iets gesit het. Maar wanneer jou kop op iets is, is jou hart gewoonlik effens in die pad.

    Jy hoor nie fyn waarskuwings nie. Jy hoor nie goeie wenke nie. EN ek bedoel. Jy is ’n gelowige maar jou verhouding met God is ’n eenrigting ding. Jy loof en prys Hom. Jy dien Hom. Jy veroordeel jouself onnodig terwille van Hom, maar jy kan Hom nie hoor nie. En dit is toe wat ek die volgende besluit in my lewe gemaak het.

    2. Ek gaan ophou dink. Wanneer ek skaak gespeel het, kon ek tot twaalf skuiwe vooruitdink. Nou wil ek nie een skuif vooruitdink nie. EK gaan nie meer dink nie. Wat ek wou doen was om in my Gees stil te raak sodat ek God se boodskappe kon hoor.

    Die Engelse gesegde is regtig waar. “If you don’t use it you loos it.” EN dit is regtig waar. EK glo nie dat ek vandag meer as twee skuiwe vooruit kan dink nie en dit pla my nie.

    Maar die hele besluit het ook sy negatiewe uitwerking op my fisiese lewe gehad. Aan die een kant het God die bestaan van Kriptografie vir my oopgebreek. En terselfdertyd het mense se beledigings dat ek van my kop af is, my nie van stryk gebring nie. Dit het soos water van ’n eend se rug gerol.

    ’n vrou vertel my verlede maand dat haar man nie in die bestaan van kriptografie glo nie. EN toe hy haar sien meet, vra hy haar. “ Is jy al weer met KAKSKA besig. SY S  toe ja en sy vertel vir hom dat sy nog al haar kinders in die kennis van KAKSKA gaan oplei.

    Vir my is sulke opmerkings snaaks. Hierdie kennis is nie vir elke mens nie en die wat dit ontvang, verander ander mense se toekoms, sonder dat hulle eens daarvan bewus is.

    My derde uitdaging

    Jy moet weet dat ek teen hierdie tyd wat ek besluit het om net te luister, redelik in my kanon was. Ek het al my aandag en tyd aan iets spandeer, waarin niemand geglo het, dat dit kan bestaan nie. Daar was nie ’n inkomste nie en omdat ek uit die weermag bedank het, kon ek nie regtig teruggaan nie.

    Ek kan vir jou baie lang stories vertel hoe dit is om sonder ’n inkomste te wees. Erger as sonder ’n inkomste, en dit is om van die ekonomie afgesny te wees. ’n Mens besef nie wat die invloed van geld en die ekonomie is, tot jy totaal daarvan vervreem word nie.

    EK dink die mense in die plakkerskampe het ’n goeie idee waarvan ek nou praat, want ek was daar. EK het my eerste vrou verloor. EK het al my inkomste verloor. EK het die dak oor my kop verloor. Ek kan vir jou presies verduidelik hoe dit voel om honger te wees en om honde van hulle kosbakke te verjaag om iets te eet.

    Op daardie stadium het die weermag my as ’n konsultant aangestel maar omdat die offisiere wat saam met my moes werk, self met ’n teses oor landelike beveiliging besig was, het hulle my nie gebruik nie en terwyl hulle my nie gebruik nie, was daar nie geld nie.

    En toe. Op ’n dag roep hulle my in, waar ek ’n seminaar moet aanbied en ek kry toe vir daardie paar uur, R400.00 Jy kan jouself nie indink hoe baie R400 vir iemand is, wat gister nog ’n hond vir sy kos baklei het nie.

    Ek staan met die geld in my hand, en dank en loof God en terwyl ek dit doen, stop daar ’n man in die straat met sy voertuig, en God sÍ vir my om daardie R400 vir daardie man te gaan gee.

    Ek stap toe na hom toe. Klop aan sy venster en toe hy die venster oopmaak, stop ek die geld in sy hand. EN daar bars die man in trane uit. Hy het R400 gekort, anders sou die huiseienaar hom en sy gesin vandag uitgesit het.

    Wel, toe dank ek God weer. Iewers het iemand vir my R35 gegee en daarmee het ek ’n sak aartappels gaan koop. Met daardie sak kon ek ’n maand oorleef. Die volgende maand het ek weer R35 gery en ek het dieselfde gedoen. Na drie maande op aartappels het ek ’n ernstige sweibrand ontwikkel, maar ek het tot vandag nie my liefde vir aartappels verloor nie.

    Vandag is dit 19 jaar later. My uitgawes per maand is meer as R140 000.00 en ek kan nog altyd vir jou wys dat ek in my bank niks het nie. EK eindig elke maand op Nul Rand en ek weet nooit waar my volgende werk gaan wees nie.

    Vandag weet ek dat ek Donderdag ’n ondersoek naby Broedersput gaan doen. Maar waarheen my Vader my daarna gaan lei, weet ek nie. Soms gebeur dit dat die geld draai en dat mense my nie vir my dienste betaal nie en dan wil ek soms weer begin vra vrae, maar gelukkig hou dit nie lank aan nie, want dit is wanneer ek ten volle vertrou, wat alles in plek val.

    My kennis word vandag internasionaal erken, maar omdat ek nie aan een of ander geheime organisasie behoort nie, kan ek nie kontrakte kry nie. Kontrakte is Nice want daarmee kan jy ’n finansiŽle beplanning doen. Jy kan vir goed begroot. Maar my lewe is nog nie daar nie. Ek lewe nog in ’n vryval stadium waar ek alles oorgee om in gehoorsaamheid te loop.

    En dit bring my by Arno se vraag.

    Hy vra. “ Is dit nie moontlik nie om aan God te se jy gee al jou geld en besittings aan Hom met die doel dat Hy jou sal help om dit wys en tot sy eer te gebruik? Alles wat ons het behoort in elk geval aan Hom. Iets soos om kinders in die gebed aan God se beskerming toe te vertrou.”

    Arno. Jy kan dit doen. EK het dit gedoen. Jy kan dit ook doen, maar dan moet jy aanvaar dat jou lewe nie gaan wees soos wat jy dink dit sal wees nie. Wanneer jy dit wil doen, is jy totaal in God se diens en dan gaan jy waar die Gees jou lei. En dit is nie altyd maklik nie en jy sal nie noodwendig die mense in jou lewe vir wie jy lief is, behou nie. Hulle sal nie noodwendig dieselfde oor die saak voel as wat jy voel nie en hulle gaan jou weggooi.

    Johan Bezuidenhoud, ’n Goeie vriend van my, het dit ook gedoen. Hy was ’n baie groot Aartappel boer by Vivo. Hy het ’n pragtige wildplaas met die mooiste koedoes gehad, toe hy die besluit geneem het wat ek geneem het.

    Voor hy gaan boer het, was hy die speurhoof op die Wes-Rand. Nie ’n stupid ou nie. Hy het die mooiste vrou gehad wat by hom gestaan het. En hy het pragtige kinders.

    Toe hy alles vir God gee om alles te doen wat God van hom verwag, het die droogtes jaar na jaar hom platgeslaan. Sy pragtige koedoes het van honger op strepe langs die draad gevrek. Sy vrou het met ’n dokter weggeloop. Sy kinders was vir ’n tyd van hom vervreem en hy het uiteindelik ’n werk by ’n ander boer naby Pietersburg gekry.

    EK wou hom help en vir hom ’n werk gee, maar ek was verhoed om dit te doen. EK weet nie waar hy vandag is nie, maar ek weet een dink. Hy het sy besluit geneem en God is besig om hom te skuif tot waar hy moet wees.

    Op jou vraag is daar twee keuses of opsies.

    1. Gee alles vir God Dit sluit jouself in. Besluit om gehoorsaam te bly, al gebeur wat. En kyk wat God met jou Maak en Waarheen Hy jou Lei.

    In die proses sal jy ook leer wat werklike geloof is. Jy sal leer wat werklike vertroue is en jy sal leer wat jou outoriteit is wat jy in Hom het.



    2. Die ander keuse is nie makliker nie. EN dit is om God te dien waar jy is. EN verloor jy jou werk en jou huis, bly jy op hom vertrou vir ’n nuwe werk of uitkoms en waar jy ook al gaan, leef jy Sy invloed in jou lewe uit.

    Jy getuig waar jy moet getuig en jou bly stil wanneer Hy jou vra om stil te bly.

    Dit maak nie saak hoe jy na die lewe kyk nie. Die lewe bly ’n stryd en al voel dit vir jou jy gaan nie ’n tree vorentoe nie, vorder jy tog.

    EK sal sÍ. As jy nie geroepe is om in ’n sekere rigting vir God te werk nie, is jy waarskynlik reeds waar God jou wil hÍ. Leer om op Hom te vertrou en leer wat jou outoriteit is wat Sy Seun vir jou herwin het.

    Wanneer jy daardie twee lessies opreg geleer het, sal jy in oorwinning leef, waar jy ook al gaan.

    Geloof is nie ’n eenvoudige konsep nie. Geloof is maklik wanneer jou besigheid klopdisselboom gaan. Maar geloof is iets wat groei wanneer dinge skeef loop. En dit is in daardie tye wat jy moet stil word en tyd maak om al die wonderwerke wat tot vandag in jou lewe gebeur het, neer te skryf.

    Wanneer iets dan vir jou onmoontlik lyk en dit vir jou voel dat jy nie nog ’n dag sal kan oorleef nie, is dit die tyd wat jy daardie lysie vat. Bid voor God en dank Hom vir elke keer wat Hy jou in die verlede uitgered het, en dank Hom omdat Hy dit weer vir jou sal doen.

    OM geloof te hÍ is om alle vrees in jou hart te verwerp en dom dit met die beloftes van God te vul, en om nie terug te kyk, of te wonder nie. Aanvaar net dat dit so sal wees, soos wat jy glo. Vergeet van die probleem voor die hand, en dwing jouself om nie daaraan te dink nie.

    Want dit is wat Jesus verduidelik het toe hy van die ploeg gepraat het. Luk_9:62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
    Last edited by Lukas; 11-28-2018 at 11:23 PM.

  4. #14
    Ek doen nie wat ek baie graag in my lewe wou doen nie. Die wetenskappe is my passie en ek sou in my lewe drie dinge gedoen het as dit van my afgehang het
    Ek het net 'n ligte vermoede dat Josef, Moses, DaniŽl, Paulus en so aan ook soos jy gevoel het.

    Daar is nie baie op aarde wat so uitgekies word nie.


    As ek myself net ook kan kry om op te hou redeneer en planne maak en net regtig stil te word en luister ...

  5. #15
    Elke gelowige word gelouter en gesuiwer en dit maak nie saak wie jy is nie. Jy verloor baie in die proses maar dit is alles terwille van n upgrade wat beter is. Lees die laaste deel van Job en jy sal sien dat jy, wanneer jy getrou bly, nie gaan verloor nie. Maar onthou altyd dat dit oor motief gaan. Wanneer jou motief geld is, mis jy die punt en as jy n gelowige is, sal jy weer en weer in die oondjie beland tot jy dit verstaan.

    Om gelouter en gesuiwer te word, is nie grappies nie. Dit is soos om ín wit kwarts klip met ín swart kol in, in die oond te gooi en dit warm te maak. Eers begin die klip skiet en kraak en dan bars en kraak en skiet dit tot dit begin smelt. Wanneer die smeltpunt bereik en jy hou die temperatuur op hoog, begin die dele vanmekaar skei tot die swart gedeelte uiteindelik wys dat dit eintlik goud was.

    Wanneer die oond afgekoel het en jy die goud van die res geskei het, kyk jy mooi na die goud en sien nog onsuiwerhede. Dan maak jy die oond skoon, gooi die goud weer in die oond en begin alles van voor af en jy doen dit oor en oor tot die goud suiwer is.

    En dit is wat gelouter en gesuiwer beteken. Jy hoef nie spesiaal vir iets geroepe te wees nie, jy moet ín gelowige wees om deur dit te gaan.

    Sommige mense word gou mooi en ander verander sommer oornag. Ek is nie so gelukkig nie en beland maar kort-kort weer in die oond.

  6. #16
    Dankie vir jou antwoord, Lukas.

Page 2 of 2 FirstFirst 12

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •