+ Reply to Thread
Results 1 to 4 of 4

Thread: Whatsup: TLU SA & www.stopblf.com waar of onwaar?

  1. #1

    Whatsup: TLU SA & www.stopblf.com waar of onwaar?

    Hello Lukas, weet julle of die boodskap waarheid in het of is dit net n foefie.
    Groete

    Geagte Boer,

    “We’ll kill their children. We’ll kill their women. We’ll kill anything that we find on our way” - Andile Mngxitama

    Sulke uitsprake kan lei tot moontlike gewelddadige plaasmoorde.

    TLU SA (Landbou-Unie) is van mening dat die regering, elke geval van rassehaat met dieselfde dringendheid en afkeer moet hanteer. Net soos in die Vicky Momberg saak waar tronkstraf toegedien is, of die Penny Sparrow aangeleentheid, moet die Suid-Afrikaanse regering teen Black First Land First en hul haat-aanjaende populistiese leier Andile Mngxitama, daadwerklik optree en hom verantwoordbaar hou.

    Ons benodig JOU STEUN om te verseker dat rassehaat en die wat dit aanblaas, veral teen minderhede, gestop word.

    Help ons om Andile Mngxitama en sy rassehaat in sy spore stuit. Deur op die skakel te klik www.stopblf.com en jou besonderhede in te vul, stuur jy ‘n geoutomatiseerde e-pos aan die President van Suid-Afrika, Minister van Polisie, Nasionale Kommissaris van Polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om onmiddellik teen BLF en sy leier Andile op te tree, te arresteer en die maksimum toelaatbare vonnis vir aanhitsing tot geweld en rassehaat op te lę.

    Ons eis tronk straf!

    Jou ondersteuning is nodig en word waardeer.

    Vriendelike groete.

    Bennie van Zyl
    Hoofbestuurder
    TLU SA

  2. #2
    Dit is die hele media vol. Die TLU het vanoggend bg persverklaring daaroor uitgereik.

  3. #3
    Wanneer julle met julle wagwoorde inteken sal julle die draad waar alles bespreek word, by die gebruikers forum sien

  4. #4

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •