+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Twee tipes lewens strategiee en "privilige"!

  1. #1

    Twee tipes lewens strategiee en "privilige"!

    Verskillende spesies in die natuur het verskillende "lewens strategiee" om te verseker dat eie genetika voortleef.

    Aan die een kant van die spektrum is daar 'n vinnige lewe strategie, maksimum voortplanting met minimum versorging van nageslag en 'n kort lewe. Diere wat onder omgewings faktore soos preditasie gebukgaan soos hase teel so vining moontlik en spandeer min tyd met hulle kleintjies voor hulle uitgeskop word en hulle het ook 'n kort lewe. Die tipe strategie verseker dat hulle genitika voortleef in 'n omgewing waar hulle baie predatore het.

    Aan die anderkant van die spektrum is daar 'n stadige lewens strategie, minimum voortplanting met maksimum versorging van nageslag en 'n lang lewe. Die Olifant wat laat geslagsryp word, lank dragtig is en lank hulle nageslag versorg en aanhou mentor vir die duur van hulle lewens wat 70 jaar oud word is 'n goeie voorbeeld van die tipe strategie.

    Ek vergelyk nie graag mense met diere nie maar die mens as spesie se lewens strategie sou eerder met die Olifant as die Haas vergelyk kan word. Ten spyte hiervan varieer die mens se lewens strategiee geweldig, tot so mate dat albei die tipe lewens strategiee binne een spesie gevind kan word.

    Goeie tye en stabiliteit veroorsaak teoreties dat 'n bevolking na 'n stadige en stabiele lewe met min kinders en maksimum versorging en laer risiko lewens gaan oorskakel en in swaar tye weer teoreties na 'n vinnige en kort lewe van maksimum voortplanting en gevaarlike lewenstyl gaan oorskakel.

    Voorbeelde van waar ons eie volk "vining" geraak het is tydens die Groot Trek wat die vrouens op 14 al getrou het en 14 plus kinders elk gehad het! Ten spyte hiervan het hulle steeds nie wild en wakker begin rondslaap nie! Hulle het steeds opvoeding en versorging van hulle kinders hoog op prys gestel. Die gemiddelde ouderdom wat mense geraak het was nie so hoog soos vandag nie maar bygese die omstandighede was ook nie gunstig vir oud raak nie!

    As mens egter na van die opkomende nasies van vandag kyk wonder mens of die grootste deel van die lewens strategie wat gevolg word nie geneties is nie? Selfs die met wie dit vir 'n lang tyd al goed gaan blyk meestal steeds 'n vinnige kort lewe met die klem op maksimum voortplanting te volg. Die mees populere leier beweer dit is 'n 'revolunionary act' om soveel moontlik kinders in die wereld te bring in 'n land wat reeds oorbevolk is.

    Dit is duidelik vir my dat 'privilige' niks anders as die effek van 'n stadige lewens strategie se saamgestelde effek oor 'n paar geslagte is nie!

  2. #2
    of die grootste deel van die lewens strategie wat gevolg word nie geneties is nie?
    Ek glo beslis nie so nie. Ek het 'n hele klompie jare in die staat gewerk saam met, wat ons dan as middelklas en selfs hor, sal kan beskryf van alle rasse in Suid Afrika. Amper deur die bank het die meer gegoede mense minder kinders gehad en waar ek vandag baie tyd saammet top besigheidsmense vanuit alle skakerings van die samelewing spandeer vind ek feitlik sonder uitsondering dat die aantal lede per gesin wesenlik kleinder is as die masssas wat onder swaar omstandighede gebuk gaan.

    Aantal kinders per gesin of dan aanwastempo binne een spesie word beslis eerder deur omgewingsfaktore as genetika gedryf.

  3. #3
    Ek wonder of dit nie dalk n kombinasie van omgewings faktore en genetika is nie.

    n Paar jaar gelede sit ek langs n ou Jood op n vliegtuig en ons begin toe gesels oor die ooreenkomste tussen die Afrikaner en die Israelies of Jode.

    Die ou vertel toe vir my dat hulle bevolking tussen 3 miljoen en 5 miljoen wissel. Dit word selde meer en as dit word, is dit nie vir lank nie. Die jaar toe ons gepraat het, was juis een van die jare wat meer as n miljoen Jode laat bleik het at hulle nie meer Jode wil wees nie. Hier by ons emigreer 2 Miljoen mense na Europa en ender dele van die wreld om een geslag verder nie meer Afrikaners te wees nie.

    Wat maak dat mense oordadig aanteel en wat maak dat mense soos in Europa hulleself uiteindelik so uit teel om uiteindelik nie meer aanspraak op hulle eie grondgebied te h nie?

    Ek dink daar is twee redes. Wanneer die mens se lewensverwagting swak is, teel hy ernstig aan sodat die genetika nie verlore gaan nie. Vir n mens is dit dan belangrik om n nageslag te h. Wanneer dit met die mens goed gaan en sy lewensverwagting word langer, wil hy weer iets vir sy kinders nalaat en wanneer dit gebeur, is die aanteel minder omdat sy voortbestaan meer seker is.

    Wanneer ons na die swartmense in Suid-Afrika kyk en wil verstaan waarom hulle so erg aanteel, het Kredo Muntwa die bekende Sangoma wat boeke oor sy mense geskryf het, verduidelik hoe die Britte na die 1920 die swart kinders gedwing het om van 12 jarige ouderdom huis te verlaat. Na 1960 het die swart mense wat nooit baie meer as ons was nie, n doelbewuste besluit geneem om ons uit te teel, wat hulle ook suksesvol reggekry het.

    Ons aan die ander kant het na 1902 waar ons mense stelselmatig meer gegoed geraak het, minder en minder kinders begin kry. Na die 1950s het die regering die mense aangespoor om belasting kortings te kry wanneer hulle vyf of meer kinders in die lewe bring. Daardie aansporing het nie veel gehelp nie, want hoe meer ons gegoed geraak het, hoe kleiner het die gesinne begin word.

    Sonder die politieke invloede en sonder die mediese invloed in Afrika het baie min swart kinders volwassenheid bereik en die volwassenes se lewensverwagting was ook nooit te groot nie. Kinders was gewoonlik voor vyfjarige ouderdom aan siektes dood en net die sterkstes het gewoonlik oorleef. Lae lewensverwagting en onvoldoende mediese kennis het op sy eie die bevolkingsgroei van Afrika in bedwang gehou.

    Vandag is dit net misdaad en dwelms wat die swart bevolkings groei se lewensverwagting verkort. En omdat die lewens verwagting negatief groei, skop die natuurlike drang om voortbestaan, gekombineer met politieke motivering in en word die groei iets wat hom uiteindelik op n lelike manier gaan regstel.

    Bevolkings groei het n manier om regstellings te maak wanneer dit buite beheer word. Dit was nie lank gelede toe ons nog die hongersnood in Etiopi en ander Afrika-lande gesien het nie. Hier by ons sal n hongersnood nie eers help nie en my opinie is dat ons dalk n meer gewelddadige regstelling kan verwag.

    Die feit bly staan. Ek glo nie dat dit die een of die ander rede is nie, maar dat die groep en afplatting van getalle deels deur sosio-ekonomiese sowel as genetiese snellers bepaal word.

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •