Daar is wereldwyd 'n neiging om alles te verenig in 'n een taal, een ras, een geld eenheid en een geloofs bestel en dit word Globalisme genoem. Op die oog af klink dit na 'n baie goeie idee!Maar eintlik is Globalisme niks anders as wereldwye Sosialisme nie. Meeste van ons leiers het ook ingekoop in die gedagte so ook meeste Christenne wereldwyd of ten minste dan ons Christen leiers.

Maar wag 'n bietjie dit klink bekend, ons lees van so bestel in die Bybel en God het nie daarvan gehou nie! Die bestel word gevind by die toring van Babel en dis juis hoekom God diversiteit ingestel het om die bou van die toring te stop!

Interesant as mens na die gesprekke in die VSA luister dan word die konserwatiewes uitgekruit dat hulle die vyand van diversiteit is tog is hulle juis vir diversiteit omdat daar geen diversiteit sal wees as daar net een ras was soos in die toring van Babel se tyd nie. God het diversiteit geskep!

Sonder om eers na Openbaring en Daniel te verwys is dit duidelik dat die UN en al sy takke tesame met die sosialistiese beweging wereldwyd diversiteit wil beeindig om weer 'n Toring van Babel te bou. Die skokkendste is dat die liberale/sosilistiese masjien tans baie oop is vir die Islam geloof.