+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Wat kan ons aan Plaasaanvalle doen?

  1. #1

    Wat kan ons aan Plaasaanvalle doen?

    Ek is op baie nasionale WhatsApp groepe. Nie dat ek vra om daar te wees nie, maar dit gebeur net.

    Ons werk al 30 jaar teen plaasaanvalle en ons het baie suksesse. Om die waarheid te s het ons nog nooit misluk nie en nie een van ons klinte of lede was ooit beseer of deur ons kennis getraumatiseer nie.

    Na die aanval by Bonnievale in die Wes-Kaap het n klomp mense vrae begin vra en op die Oor grense groep het dit later in n debat geindig.

    Ons AKSKA lede het gevra dat ons hierdie debat op die webblad plaas omdat ons tegnieke om aanvalle te stop daarvoor begin, glo baie goed in die debat verduidelik was.

    Vanoggend plaas n joernalis, Pieter Swart n storie op Facebook en ek dink dat dit n goeie wegspringplek is om hierdie debat op die webblad te regverdig.





    Pieter Swart
    2 hrs

    Click image for larger version. 

Name:	Pieter Swart.jpg 
Views:	47 
Size:	121.6 KB 
ID:	3746

    Die Here moet my vanoggend help om te verstaan hoe daar soveel wreedheid en boosheid in mense kan wees soos tydens die onlangse plaasaanval op Bonnievale in die Wes-Kaap.


    Want ek verstaan dit nie. En dit laat onwillekeurig n magtelose bitterheid in n mens opwel waarvoor jy nie gevra het nie.


    Dis nie lekker - vir my altans - om met wrewel aan my medemens te dink nie.


    Stel jou die volgende situasie voor:


    Jy en jou vrou sit alleen in julle huis. n Paar van jou werkers, wat jy volgens al die ander personeel met die grootste sorg, liefde en respek behandel, bars skielik die huis binne en oorval julle.

    Mense wat jy ken. Mense met wie jy al lank saamwerk. Mense wat jy, soos jou ander werkers, so goed behandel dat hulle jou en jou vrou as dierbare mense bestempel.

    Ek dink die aanvanklike groot skok is die ongeloof, die onwerklikheid.

    Genade, dis dan mense met wie ons elke dag mee saamwerk. Mense vir wie ek sorg. Gisteraand nog het ons mekaar vriendelik gegroet voordat hulle huis toe is. Dit kan mos nie wees nie?...

    Julle word rondgestamp. Geklap. Met die vuis geslaan. jou vrou begin huil en smeek, maar dit vuur die wreedheid net aan.

    Twee hou jou van agter vas terwyl die een man, met wie jy nog altyd goed oor die weg gekom het, n knipmes oopmaak en jou herhaaldelik begin steek.

    Jy probeer wegruk en koes, maar die houe ren op jou. In jou bors... jou arms, jou gesig.

    Jy voel nie die seer nie, maar kan sien hoe die bloed oor alles spat. Oor jou aanvaller wat gistermiddag nog vriendelik gegroet het. Op die vloer. Die skoon mat en meubels...

    Die skok en ongeloof laat dit voel of jy in iets soos n lugleegte is. of jy na iets kyk wat met iemand anders gebeur.

    Jy raak bewus van jou vrou se histeriese gille, maar hoe harder sy skree, hoe harder slaan een haar met n rewolwer in die gesig. Jou vrou.. En jy is magteloos.

    Hulle wil geld h. Juwele. Wapens. Iemand het hulle vertel daar is n fortuin in die huis se kluis, en hulle wil dit h!

    Jy sluit die kluis oop te midde van die houe wat op jou ren en wys hulle daar is feitlik niks daar binne nie.

    Dit het die teenoorgestelde uitwerking. Nou is hulle eers woedend. Hulle o raak wild. Hulle begin skreeu. Die gewelddadigheid neem toe.


    Die geld moet iewers wees. Julle steek dit weg. Ons wil dit h!...


    Die huis word omgedolwe. Nieteenstaande die aanhoudende marteling kry hulle niks. Dit is of hulle begin aanvaar daar is werklik nie n verborge skat iewers versteek nie.


    Jy begin eindelik moed kry. Nou sien hulle hier is niks. Dankie Here, dit sal nou ophou. Hulle gaan ons los....


    Maar dit gebeur nie.


    Die histerie het plek gemaak vir iets anders: n Kil, koue boosheid wat jy nog nooit ervaar het nie.


    Jy en jou vrou word vasgebind op stoele. Die een regoor die ander. Sodat julle mekaar kan sien. Asof die wreedheid ingeoefen is.

    Want indien dit nie ingeoefen is nie, is dit ingebore, dink jy verbasend helder terwyl dit gebeur...

    Ek sal enigiets doen. Enigiets. En julle kan my maar doodmaak. Laat my vrou tog net gaan. Ek smeek julle. Ons was tog nog net goed vir julle?


    Hulle grynslag net. Bly stil jou hond! Vandag wys ons julle wie is baas...!


    Een stap na jou geliefde, tenger vrou met n ketel vol kookwater in sy hand. Haar lyf ruk van die snikke, maar daar kom nie meer n geluid uit haar mond nie. Sy sit maar gedwe waar sy stewig vasgebind is.


    Dan begin die man, die een wat elke dag so vriendelik gegroet het, stadig die kookwater op haar kop uitgooi.


    Sy probeer desperaat haar kop wegruk, maar die stomende water bly oor haar kop stroom. Oor haar gesig. In haar o, oor haar wange. Haar rug. Haar borste... Dit vorm n poel in haar skoot waar sy haar bene styf teen mekaar vasklem...


    Jy kan sien hoe haar gesig en nek bloedrooi vlek van die water. En dit lyk of die velle van haar wange en nek begin afstroop...


    Ag Here, dit kan mos nie waar wees nie! S tog dis net n droom. Asseblief Here, dis tog nie my vrou wat so verbrand word nie?


    Dan raak jy weer bewus van die stemme. Asof dit vanuit n wasigheid na jou aankom... Jy hoor die gelag...


    Die geld is nou vergete. Vir die aanvallers het die rooftog nou n ander dimensie aangeneem. Dit het ontaard in n vertoning van mag. n Orgie van marteling en dierlike wreedheid.


    Die man word aangepor om nog water te gaan kook. Terwyl hy wegstap kom n ander en nader met n kas vol gereedskap. Hy haal die boor uit. Hulle praat met mekaar en weer hoor jy die gelag...


    Nou is die aandag op jou. Twee hou jou kop vas terwyl een die dikste boorpunt in die boor begin skroef. Hy skakel dit aan en sit die verstelling op hamer-aksie. Jy kan dit hoor.


    Weer die gelag...


    Jy voel nie terwyl die boorpunt stadig deur die been van jou slaap en deur jou oogkas dring nie... Jy voel net die vibrasie deur jou kop. Deur jou brein.


    Jy raak bewus van jou vrou se o. Dit is rooi. Vol vrees en afgryse.


    Moenie kyk nie. Moenie kyk nie... probeer jy prewel, maar die woorde wil nie vorm nie.


    Jy ruik hoe die boorpunt vleis en skedel brand terwyl dit draai en draai...


    Terug na die plaasaanval Maandagaand in Bonnievale waar mnr. Tool Wessels n die marteling buite buite sy huis doodgeskiet is. Net geklee in n onderbroek. n Das styf deur sy mond getrek.


    Sy vrou Liezel het oorleef. Sy het losgekom terwyl die mans met Tool uit die huis is waar hy verder gemartel en vermoor is. Sy kon regkry om betyds met haar motor weg te jaag om hulp te gaan soek.


    Dit maak my seer om n voorval so grafies te beskryf, maar ek is nie jammer nie. Dit moet gedoen word. Lees dit en lees dit weer. Stuur dit aan na vriende.


    Want dit is wat werklik gebeur. Oor 25 jaar het ons al so baie van plaasaanvalle gehoor en gelees dat die werklikheid daarvan ontneem is. Soos om die resensie van ng n rillerprent te lees.


    Iets wat eintlik nie werklik gebeur nie.


    Wel, dit gebeur werklik. En veel, veel wreder as ek wat ek ooit in woorde sal kan beskryf. Ons moet dit begin besef.


    Deur my werk as joernalis het ek talle tonele van plaasaanvalle besoek. Met baie slagoffers en oorlewendes gepraat.


    Wat ek bo beskryf het, is toevallig n byna soortgelyke voorval wat jare gelede buite Pretoria plaasgevind het. Die vrou het my later vertel hoe dit afgespeel het.


    Ja, die mense het werklik gelag terwyl sy met kookwater verbrand is. En gate in haar man se hande en kop geboor is.


    Sy was nog gelukkig. Sy is nie verkrag en lewend oopgeslag soos al baie gebeur het nie. Selfs met swanger vroue. Die gru-verhale is eindeloos.


    Selfs haar man was seker gelukkig om dit nie te hoef aanskou het voordat hy deur die dood uit sy lyding verlos is nie.

    Dit gebeur werklik.


    Die voorval bo het Maandagaand gebeur. Bonnievale. Wes-Kaap. Op die plaas Kapteinsdrift. Met dierbare mense. Mense soos ek en jy.


    Wees altyd waaksaam. Dit gebeur nie nie net met ander nie


    Gewone midaad? Haatmoord?


    Besluit jy maar self.


    (Die foto is van n ander plaasaanval-toneel ter illustrasie).

  2. #2
    Frik Wentzel
    Guest
    Goeie Mre Almal. Plaasmoord op Bonnievale. Tool en Liezel Wessels is gisteraand aangeval. Tool is vermoor en Liezel is in Worcester in die Intensiewe Eenheid

  3. #3
    Ons webblad is gaan vir n week af wees. EK sal die debat later plaas wanneer alles weer reg is

+ Reply to Thread

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •