+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 10 of 19

Thread: Moorde boere is n krisis.

  1. #1

    Moorde boere is n krisis.

    Dit is hoe die Raport koerant die probleem beskryf het. Ek was nogal verstom om so iets in n koerant te lees. gewoonlik is ons mos die vark in die verhaal. Maar nie hierdie keer nie.

    http://www.rapport.co.za/Opinie/Hoof...risis-20131026


    Moorde op boere s n krisis
    2013-10-27 00:00

    Kry Rapport op

    Toe oudpres. Thabo Mbeki die kommandostelsel in 2003 om politieke redes ontbind het, het belangegroepe in die kommersile landbousektor gewaarsku dit gaan boere sagte teikens maak. Die regering het egter vasgeskop en ges n landelike beveiligingsplan sal die stelsel vervang.

    Tien jaar later is die vrese bewaarheid. Plaasaanvalle is n krisis en die syfers staaf dit: n boer se kans om vermoor te word, is nou bykans vier keer groter as di van ander Suid-Afrikaners en dubbel di van n polisiebeampte. Anders gestel: 120 uit elke 100 000 boere word jaarliks vermoor teenoor 31 uit elke 100 000 landsburgers of 54 uit elke 100 000 polisiebeamptes.

    Die regering durf plaasaanvalle nie meer soos ander misdaad benader nie.

    Mense in dorpe en stede kan hulle met alarms, gewapende reaksie-eenhede, diefwering, ho heinings en elektroniese hekke beveilig. Die bure is om die draai en die naaste polisiekantoor waarskynlik binne n radius van enkele kilometers.

    Di hulpmiddels maak weinig verskil in landelike gebiede waar plase afgesonder en die naaste bure of polisie dikwels n uur of meer se ry weg is. Die aard van hul beroep en leefwyse stel boere, hul families en plaaswerkers bloot. Hulle is kwesbaar, maar word al vir jare aan hul eie lot oorgelaat.

    Die polisieminister Nathi Mthethwa kan nie meer van die feite wegskram of dit met polities korrekte praatjies uitdoof nie. Dit is die regering se plig om in te gryp.

    Benewens die verlies aan lewens en die erge trauma van diegene wat dit oorleef, hou elke plaasaanval ekonomiese gevolge in. Landbou is n werkskepper en dra by tot Suid-Afrika se inkomste deur uitvoer. Dit hou ander sektore aan die gang dink aan kunsmis, gifstowwe, verpakkingsmateriaal, herstelwerk en implemente. Sonder boere kan ons maar vergeet van voedselsekerheid en volhoubare landelike ontwikkeling.

    Intussen skep die regering se dawerende stilte ruimte vir opswepers wat s die regering keur eintlik heimlik die moorde op boere goed. Dit doen skade aan boere se legitieme reg op beveiliging en saai verdeeldheid tussen rasse. Waarvoor en hoe lank wil Mthethwa nog wag?

  2. #2

    Moorde boere is n krisis

    Jip
    Die wat vannaand (Sonday 27de Oktober 2013) Fokus gekyk het sou gesien het dat Dr Johan Burger dieselfde ges het.
    Vorig presidente (Mandela, Mbeki) het almal voorsiening gemaak, maar ons huidige president (Zuma) voel vere, of dalk nog minder.

  3. #3
    Hahah Ek sien Tokyo hou lekker vakansie in Amerika. Dit is ’n spesiale vakansie vir oud regerings amptenare. Al wat hulle moet doen, is om daar te kom. Die Amerikaanse regering sorg dan vir die res.

    Ek wil ’n hulpfonds vir Zuma en Mbeki stig wat vir hulle, na Zuma se termyn, kan sponsor om vir die spesiale vakansiepakket aansoek te doen. Die fonds sal vir hulle ’n vakansie koop waar hulle vir ’n paar dae in California kan gaan ontspan. Tokyo Sexwale hou op die oomblik daar vakansie en ek dink dat die oud presidente ten minste dieselfde voorregte moet kry.

    Gaan julle my help ?

    Daar is net een probleem. Ek kry Tokyo Sexwale nerens onder terroriste wat gesoek word nie.
    Last edited by Lukas; 10-27-2013 at 11:33 PM.

  4. #4
    The department of international relations would continue in its attempts to rectify the travel restrictions of former ANC urban terrorists in some international countries, it said on Monday. The SA government has repeatedly raised this matter with the US and will continue until this matter is sorted, said international relations spokesman Clayson Monyela. The New Age reported earlier that ANC stalwart Tokyo Sexwale had been briefly detained by immigration control at the John F Kennedy International Airport in New York. His lawyer Leslie Makhabela said: They alleged he posed a threat to international security. Sexwale and many other anti-apartheid terrorists had been on a list of people banned from entering several countries since the apartheid era. They were not removed after the country gained democracy in 1994. Sexwale had since returned to the country. http://praag.org/?p=11346&utm_campai...source=twitter

  5. #5
    Lukas word die ouens nie na die Black Panthers toe gewerk nie?
    Wonder net, ek het die ondergenoemde artikel raak gegoogle.

    "FBI adds 65-year-old Black Panther to Most Wanted Terrorists list"
    Published time: May 03, 2013 01:26
    The Federal Bureau of Investigation has announced that Joanne Chesimard has been added to its Most Wanted Terrorists list.
    Thursday's bulletin gave Chesimard, a black nationalist, the dubious distinction of being the first woman to be placed on the list.

  6. #6
    Suid Afrika is vandag nog gelys as n terroriste land op die Amerikaanse boeke. Dit is as rede vir my gegee toe ek navraag by n verskaffer gedoen het oor waarom ons nie meer as $100 se vuurwapen parte mag bestel nie. As n part meer as $100 kos, vergeet dit maar. Hulle sal dit nie aan jou as Suid Afrikaner verkoop en stuur nie.

  7. #7
    Tom. Miskien moet jy dit deur Chris bestel. Wat hy nie kan koop nie maak hy. Hy het mos n fabriek wat die goed voorsien.

    S419. Baie dankie vir daardie insig. Tokyo het mos n manier om met die verkeerde mense te assosieer. Miskien is dit omdat hy dink dat sy verbintenisse met die groot geld manne in Amerika hom onaantasbaar maak. Miskien doen dit en dan sien ons hom weer een van die dae. Terselfdertyd beteken dit seker ook dat Julius nie lekker in Amerika sal kan kuier nie. Miskien moet n mens hom uitdaag om daarheen te gaan. Kan n mens hom nie uitnooi om n beraad oor die een of ander iets as gasspreker te gaan bywoon nie?

  8. #8
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by S419 View Post
    Jip
    Die wat vannaand (Sonday 27de Oktober 2013) Fokus gekyk het sou gesien het dat Dr Johan Burger dieselfde ges het.
    Vorig presidente (Mandela, Mbeki) het almal voorsiening gemaak, maar ons huidige president (Zuma) voel vere, of dalk nog minder.
    Dis dan juis Mandela en Mbeki wat die wiele aan die rol gesit het om die kommando's te vernietig? Watse voorsiening het hulle gemaak? Van hul ministers het selfs gese ons kan die land verlaat as ons nie van misdaad hou nie of het jy so gou vergeet. Was dit nie juis onder Mandela wat Peter Mokaba die Kill a Boer begin sing het nie.

  9. #9
    Unregistered
    Guest
    Wat pla jou #8? Niemand het vergeet nie en ons onthou dit nie net nie, maar ons het dit nog iewers op rekord. Verduidelik eers vir ons wat die punt is wat jy wil maak en wat jou so omkrap, sodat ons ook kan verstaan.

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by Unregistered View Post
    Wat pla jou #8? Niemand het vergeet nie en ons onthou dit nie net nie, maar ons het dit nog iewers op rekord. Verduidelik eers vir ons wat die punt is wat jy wil maak en wat jou so omkrap, sodat ons ook kan verstaan.
    Ek glo nie iets krap iemand om niie maar ek kan ook nie eintlik vertsaan wat die ou wil se nie? Dat dit beter gegaan het onder die eerste twee? Is dit weer n poging om aan ons te vertel dat Mandela heiliger as Zuma was of wat? Hulle is almal moordenaars wat bloed aan hul hande het. Nie een van hul is beter as die ander nie.

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 12 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •