Poll: bhp8Q

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast
Results 1 to 10 of 26

Thread: Republiek wording

  1. #1
    Unregistered
    Guest

    Republiek wording

    Ek praat gister met iemand oor 'n interesante gedagte.

    Daar word algemeen aanvaar dat die Afrikaner se reg tot sy eie grondgebied wat in die Anglo Boere Oorlog verloor is in 1961 met Republiek wording herstel is.

    Stem julle saam?

  2. #2
    Unregistered
    Guest
    En jou punt is ?

  3. #3
    Nee, ek stem nie saam nie.

    Volgens die Zandrivier konvensie het Britanje ons reg tot grondgebied erken en ons reg om bekend te staan as n Volk. Die 'ons' is die Boer Volk.


    Volgens die Vrede van Vereeniging moes die Boere Republieke herstel word.
    Dit is nie gedoen nie.

    Die Afrikaner het geen van hierdie regte of grond gebied nie en is nooit as Volk erken nie. Hulle is egter die meerderheid en het ons om die bos gelei, met n slenter gevang, met n Republiek. Natuurlik met die hulp en slinksheid van die magtige Britanje. Die Afrikaner is die meerderheid omdat die volksmoord al drdie jare begin is deur Engeland. 27 000 van ons kinders en vroue is daar uitgemoor, waarvan 25 000 kinders was. (2000 vroue, maar hulle bou n Vroue monument en swyg oor die 25000 kinders) Wat was die uitwerking daarvan op die getalle van die Boer Volk? Hoeveel vrouens is verkrag in die kampe en het verwagtend geword met basters? Die Boer het geen ander keuse gehad as om daardie kinders groot te maak nie. Na die Vrede van Veereniging was die Boer platgeslaan en verarm, het niks besit nie en moes van vooraf vir hom iets op bou. Hulle het hul diere en grond verloor en moes stede toe om te oorleef. Selfs in die myne moes gaan werk. Toe hulle staak agv onmenslikheid, is hulle deur Smuts dood geskiet. Omdat hulle arm was, is op hulle neergesien en uitgemaak as derde rangse burgers, 'white trash' as jy wil. Die Republiek was op hulle afgedwing. My geslag het in stede grootgeword en is in ons skole geleer om n trotse Suid Afrikaner te wees en op aandag te staan wanneer die Stem gesing word. Salig onbewus van wat werklik gebeur het. Te skaam om te erken jy is n Boer. Maar stadig haal die waarheid die leun in en word ons bewus van wat werklik die toestand van sake is.

    Daar is baie inligting vir die wat soek. Ek gaan nie verder op hierdie forum daaroor uitwei nie. Daar is genoeg ander forums waar dit breedvoerig bespreek word.

    Jammer Lukas, maar ek kon my nie inhou nie. Hierdie is my eie, persoonlike mening en het niks met AKSKA te doen nie.

  4. #4
    Was ons regtig onafhanklik? Soos Australi en Brittanje het ons nie n president gehad wat die land bestuur het nie, maar n eerste minister. Al die eerste ministers behalwe vir een tydelike en een permanente eerste minister, het in die kolonie grootgeword waar hulle van laerskool dae, gereeld God save the King gesing het. Soos Tom ges het, was die Republieke van Natal, Transvaal en die Vrystaat nooit herstel nie. Ons was gedwing om ons nasie naam vir Suid-Afrikaner en Afrikaner te verruil en die wat dit nie gedoen het nie, was en is vandag nog dwarstrekkers en rebelle. Ons eerste ministers het nooit n voet met Brittanje verkeerd gesit nie en hulle het selfs die apartheids beleid wat die Britte ingestel het, tot n politieke gereedskapstuk verhef waarmee ons wreldwyd mee aangeval en uiteindelik vernietig kon word.

    Net om te bevestig hoeveel die Britte van ons gehou het. Voor die uni wording was dit vir Afrikaners nie net moeilik om werk te kry nie. Hulle was ook net op universiteite toegelaat wanneer hulle teologie of onderwys wou studeer. Wanneer n Afrikaner in ander rigtings wou studeer, moes hy , of sy van na Engels verander of hy moes in die buiteland gaan studeer.

    Nee, ek weet ook nie of ons ooit onafhanklik was nie en ek glo ook nie dat ons ooit in die toekoms onafhanklik gaan word nie. Nie as Boere nie, en ook nie as Afrikaners nie. Brittanje het nog nooit sy greep op ons politiek verloor nie en hy gaan dit ook nie nou, of iewers in die toekoms doen nie.

    En waarvoor wil jy askies vra Tom? AKSKA streef mos maar altyd om op alle terreine die waarheid te ondersoek.

  5. #5
    Unregistered
    Guest
    Dit is hoekom ek baie meer van die naam OT lughawe hou as van JAN SMUTS.

  6. #6
    Unregistered
    Guest
    Jo Burg International was die beste.

  7. #7
    Unregistered
    Guest
    Ek dink nie ons antwoord nr1 reg nie, maar weet ook nie of dit n strikvraag is nie. Die Boere kon nog nooit saam staan nie en ek sal seker vir dit aangevat word, maar dit is wat ek in ons geskiedenis lees. 1961 Was die era van Dr Verwoerd wat wel n mate van eenheid bewerk het en geen linkse beleidsrigtings oorweeg het nie. Die leiers na hom het die maklik weg gekies en om te stry as n volk vervang met n vermenging met vreemde broederskappe. Vandag word gepraat van Boer en Afrikaner, maar die verdeeltheid was al onder die trekkers onversoenbaar, terwyl Dr Verwoerd wat as Afrikaner bekend was die meeste eenheid bewerk het. Vandag is die verdeeltheid verder getrek met linkses en regses binne die linkse en regse Afrikaner/Boer. My punt wat ek wil maak is of dit 17 Januarie 1852 of dit 31 Mei 1961 is die geskiedenis wys dat daar altyd verdeeltheid onder ons volk is vanwee verskillende standpunte en gelowe. Gaan ons dalk deur wat ons tans deur gaan om meer gelouter te word om minder hardnekkig as n volk eerstens met mekaar te wees en dan met ander, ek weet nie, maar voorentoe sal ons sien of ons die eienskappe sal kan slyp om as n baie jong volk wel die regte temperament sal ontwikkel om ons self te regeer as n volk. Die Woord se soek eers die konnikryk van God en dan sal die ander dinge bygevoeg word. miskien le ons selfbeskikking in daardie Woorde. Ons vlag en lese le nie in "een drag maak mag nie", maar soek eers die Koninkryk. Ek draai nie die draad nou geestelik nie ek noem dit omdat my seining is dat God die volkere daar gestel het en my sienswyse dus een is van n christelike nasionalisme. Staan vas

  8. #8
    Unregistered
    Guest
    Die argument oor Afrikaner en Boer kom now al n lang pad.

    Wie word nou geklassifiseer as n Afrikaner en wie word geklassifiseer as n Boer.Is dit deur spesifieke bloedlyne,uit eie keuse,oor die politiek wat jy aanhang,gaan dit net oor die naam Afrikaner........?

    Kan iemand my n duidelike definisie gee.

    Ek dink as daar n definisie bestaan kan elke persoon vir homself besluit waar hy staan.

    Ek kon nog nooit n definitiewe antwoord kry oor wie n Afrikaner is en wie n Boer is nie.



    Tom as jy kan verduidelik asb.

  9. #9
    Staan vas ek stem saam. Wanneer ’n mens s dat ons nie kan saamstaan nie, is ek gewoonlik die een wat die propaganda agter die stelling uitwys. Maar hierdie keer raak jy ’n ander hoek aan waarna ons ook moet kyk.

    Voor die tamboer oorlog toe Brittanje die Hollanders ’n 100 jaar na die Hollanders hier geland het, weggejaag het, was ons voorvaders almal Hollanders. Die mense wat toe hier agtergebly het en teen daardie tyd alreeds ’n vreemde dialek ontwikkel het, was toe eers vir die eerste keer as ’n groep saamgedwing.

    Tydens 1835 se groot trek, was die trekkers nie net Afrikaanssprekende trekkers nie. Van hulle was Engelssprekend en ander was kleurlinge en daar was selfs swart mense wat saamgetrek het. Die rede vir die trek was dat die boere toe uitgelewer gevoel het teen die misdadigers omdat die Britse regering nie die misdaad onder beheer kon kry nie. Sommige was keelvol en ander het geglo dat die saak nog gered kan word.

    Maar dit is nie die punt nie. Staanvas is reg. Ons volkie is nog te jonk om ’n eie karakter te h en ons word nog altyd geslyp om as ’n volk iets te word wat ons nog nie is nie. Ek het eers regtig begryp hoe jonk ons is toe ’n Rus eendag vir my vertel het dat sy familie 1221 jaar gelede vir Jesus as hulle God en Saligmaker aanvaar het. My eie familie kan ek maar net 319 jaar terug spoor. My familie se bestaan is 902 jaar jonger as wat sy familie tot Christus gekom het. Hy vertel vir my dat Europa oor die jare al ’n patroon gevorm het deur Rusland elke 500 jaar in te val. Elke 500 jaar? en ons volkie is skaars 350 jaar jonk.

    ’n Griek vertel vir my dat die Grieke vir 600 jaar deur die Turke oorheers en onderdruk was, voor hulle die juk kon afgooi. En dit het al meer as ’n 1000 jaar gelede gebeur.

    Staanvas. Jy is doodreg dat ons nog te jonk is om ons eie karakter te h. En met 250 jaar agter die rug, is ons ook nie voltallig nie sal die Britte seker nog vir baie lank ’n invloed in ons daaglikse lewens h. Maar dit is uiteindelik soos jy s nie die punt nie. Die punt is dat ons bevoorreg is om nog emosioneel, as ’n volk met ’n eie karakter te groei en te ontwikkel. Ons is nog te jonk om n eie definisie te h . Ons groei nog en ons is nog nie voltallig nie. Daar sal oor die tyd van ander dele in die wreld nog mense hier by ons kom aansluit, om deel van ons volkie te word. En elke mens wat nog moet kom, sal nog n bydra tot ons uiteindelike karakter maak.

    Maar om jou vraag te antwoord. Gaan ondersoek die Sandrivier konvensie. Brittanje het daar ’n baie groot fout gemaak deur ons wat Afrikaans praat as Boervolk te erken. Ons is daarom die enigste internasionaal erkende volk in Afrika wat aan die internasionale definisie van ’n volk voldoen. En daarom word daar Internasionaal na elke Afrikaanssprekende as ’n Boer, wat deel van ’n Boervolk is, verwys. Dit is net ons eie mense wat hare oor die onderwerp wil kloof. Maar as jy Afrikaans praat, ken die buitewreld jou as ’n Boer, omdat dit tydens die Sandrivier konvensie so beslis is.

    Mag God ons help om dit in Sy Gees te doen sodat ons volkie eendag Sy Karakter kan openbaar.
    Last edited by Lukas; 10-30-2013 at 11:07 AM.

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by Unregistered View Post
    Die argument oor Afrikaner en Boer kom now al n lang pad.

    Wie word nou geklassifiseer as n Afrikaner en wie word geklassifiseer as n Boer.Is dit deur spesifieke bloedlyne,uit eie keuse,oor die politiek wat jy aanhang,gaan dit net oor die naam Afrikaner........?

    Kan iemand my n duidelike definisie gee.

    Ek dink as daar n definisie bestaan kan elke persoon vir homself besluit waar hy staan.

    Ek kon nog nooit n definitiewe antwoord kry oor wie n Afrikaner is en wie n Boer is nie.



    Tom as jy kan verduidelik asb.
    Sorry to interject, but if the folks cannot identify themselves as Afrikaner or Boer, them time to look at how your enemy defines you. They call you Boer. Be it the Anglo-BOER war, or "kill the BOER....etc., you are seen as one. Aka the White Tribe of Africa by one author. What were you called on the Border? I am not sure, but my guess it would be.............BOER!

    Dis wat jy is, ek ook! ('n Rooinek BOER, or a BOER rooinek??............you think you got an identity crisis?)

    478
    Last edited by Lukas; 10-30-2013 at 01:24 PM.

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 123 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •