+ Reply to Thread
Page 10 of 11 FirstFirst ... 891011 LastLast
Results 91 to 100 of 103

Thread: Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

  1. #91
    Baie van die profesieŽ in die Bybel wat vir hierdie tyd geskryf is, sal nou duideliker word. ’n Profesie is nie iets wat vrees inboesem nie. Wanneer Raath dit regkry om die vertolkings van van rensburg se gesigte so te interpreteer dat dit nie vrees veroorsaak nie, is hy volgens die Bybel se riglyne in die kol.

    Wanneer ons van profesieŽ praat, is dit goed wat in die Bybel bevestig moet word. Die Suidland waarvan die Bybel n paar keer praat, is volgens my Suid-Afrika omdat ons die enigste land in Afrika is wat aan die vereistes voldoen.

    Volgens Openbaring 6 as ek reg onthou, sal die vyand, wit en swart hier in die Suid-Land aan peste en roofdiere tot n einde kom. Die Bybel noem tye en Walter Veith se vertolkings van die tye is vir my geloofwaardig.

    Praat ons van n staatsman wat in staatsie gelÍ het en ons noem dit 7 dae, sal ons seker die Bybelse 7 dae moet gebruik? Waarom? Omdat die insig dan van God sal kom en Hy verander nooit. Hy sal nie nou anders wees en praat as wat Hy in die verlede gepraat het nie.

    Daarom sal ek graag wil weet of Pretorius en Raath ook die 7 dae raakgelees het.
    Last edited by Lukas; 12-02-2015 at 11:33 PM.

  2. #92
    Ek sal ook graag wil hoor waar, wanneer en hoe Siener die sewe dae ding gesÍ het. Ek is deur so baie vertolkings dat ek nou al deurmekaar is met wie het wat gese oor wat Siener gese het. Dit klink eerder vir my of iemand nou weer lewe in die dooie Uhuru wil blaas, n Uhuru wat Siener nooit van gepraat of voorspel het nie. Moet ons nou weer begin verduidelik dat nie eers Johanna Brandt n nag van die lang messe gesien het nie en dat dit alles AS se versinsels is.

  3. #93
    Goed om weer van jou te hoor! En JA! ek dink jy is heeltemal in die kol, ek verstaan hierdie ook as 'n nuwe poging om uhuru weer aan die lewe te kry. Dit is tog baie duidelik dat die doelwit met hierdie skrywe is om die voortgang van die storie van Mandela na Malema oor te dra. Verstommend, is dit nie!


    Malema is inderdaad in die nuus as 'n swart vuurvreter wat alles wat blank is wil oorneem en verswart, maar hoeveel mense wat hierdie soort propaganda opslurp as enigste waarheid verstaan waaroor dit regtig vir hom gaan? Kyk, hy is 'n baie gevaarlike adder onder die voet, maar hy maak eintlik hierdie wilde uitsprake in 'n poging om sy groep by die kiesers te vestig as 'n alternatief vir die ANC. As ons dan die nuusberigte in die media so onvoorwaardelik wil glo, waarom neem niemand dan ook Malema se pogings ter harte om 'n koalisie met die DA te wil vorm nie?


    Kan jy jouself 'n meer 'lop-sided' koalisie voorstel as juis hierdie een? Maar kan jy ook sien wat regtig hier aangaan as jy 'n bietjie dieper begin kyk? Kan jy sien hoe desperaat Malema is om vordering te maak? Gaan ons dus uiteindelik ook 'n soort samewerking sien tussen hom en Snyman rondom 'n nuwe NVDLM? Dit is al hoe hy kan vorder, want dit is al wat hy EN Snyman kan aanbied!


    Die ANC maak al van die vroeŽ 1980's af dieselfde geluide, maar baie min daarvan het tot dusver tot wasdom gekom. Dit sal waarskynlik ook nie gebeur nie, en in elk geval nie so lank as Britse MI en die CIA in die RSA betrokke is nie. Hulle het 1994 georkestreer en hulle swaai nog steeds die dirigentstokkie!


    En, moenie vir FW vergeet nie, want hy was en hy is nog steeds volledig deel hiervan (saam met Solidariteit). Die FW de Klerk Stigting en Solidariteit is die laaste oorblyfsels is van die 'ou' Broederbond. n Goeie vriend het my ook die aand van Solidariteit se beraad gebel om te sÍ hy dink dat hulle presies dieselfde funksie verrig as die OB in die 1930's en 1940's. Daardie organisasie is deur Jan Smuts onder kmdt. Laas gestig om die regse politieke toneel te kontroleer en te beheer, maar veral ook om Smuts se heroorname van die regering te fasiliteer.


    Ons het verder saamgestem dat die stigting van die AWB presies dieselfde doelwit gehad het. Daardie beweging het misluk toe ET ontmasker is as 'n staatsagent. Iets wat vir my baie interessant en verblydend is hier, is dat dit uiteindelik ook tot sy bekering gelei het en dat DIT 'n blanke bloedbad gekeer het toe hy deur die SAKP vermoor is. Hulle wou 'n regse blanke opstand bewerkstellig, wat van oorsee platgeslaan SAL word, maar die poging het misluk omdat ET intussen die AWB verander het in 'n werklike Christelike organisasie. Ek het nogal 'n artikel in hierdie trant gedoen nadat hy vermoor is.


    Die 7dae-storie was insgelyks ook nooit meer as een van Snyman se talle duimsuigstories gewees nie, want Siener se aangetekende visioene ken dit glad nie! Die lomp manier waarop die skrywer van hierdie brief die 7-dae probeer aanhaak as 'bewys' sÍ vir my dat Snyman self agter hierdie skrywe sit.


    Snyman het in elk geval net oor sowat die helfte van Siener se aangetekende visioene beskik, en hy bly daarby, so hoe kan hy met soveel gesag oor die geheel wil praat? Hy het destyds, met die publikasie van sy eerste klomp nonsens, nie eers geweet van die visioene wat kapt. Kerneels Nieuwenhuizen aangeteken het nie! Hy kan dit egter nie (meer) bekostig om erkenning daaraan te gee nie, want dan moet hy ook erkenning aan Raath gee, en dit kan nie vir hom werk in die gemeenskap waarin hy optree nie. Jy sien mos wat die ou hierbo van Raath dink, en jy kan van Snyman sÍ wat jy wil, hy verstaan daardie mense baie goed en hy praat dus hier inderdaad namens hulle.

    Snyman se stories floreer in daardie omgewing, want daardie mense het sy 'bevestigende inligting' nodig om hul ontsettende groot angs en vrees vir die swartes mee te regverdig. Hy is in hierdie opsig 'n kruk wat nie net hul angste bevestig nie, maar dit ook bevredig. Dit is, vanuit 'n sielkundige hoek gesien, presies soos 'n vrou wat 'n man trou wat haar slaan. As jy dieper gaan krap sal jy vind dat haar pa haar ma ůůk so aangerand het, en dat sy dit dus nodig het om 'n sekere 'balans' in haar lewe te kan handhaaf. Sy moet dit so doen, want tot tyd en wyl sy anders geleer word is dit haar verwysingsraamwerk, want dit is al wat sy ken en verstaan.


    En JA!, ek het nogal eerstehandse kennis van hierdie angs opgedoen, want een van die Suidlanders se agente het my 'n paar jaar terug letterlik doodgekuier en -gebel om kamstig haar vrese en angste oor NVDLM tot ruste te probeer bring. Ek het saamgespeel, maar het ook gou agtergekom dat sy eintlik inligting kom soek het. Sy wou weet waar kom ek aan my 'goeie inligting' maar in die proses kon ek ook optel hoeveel swart vrees daar werklik by die Suidlanders teenwoordig is. Trouens, as jy daardie vrees wegneem verval alle redes vir die bestaan van die beweging. Ek het haar gebel nadat Snyman die NVDLM 'afgestel' het, om vir haar te sÍ: Sien jy, ek het jou mos gesÍ dit is sommer 'n storie, en sy het darem die grasie gehad om baie verleŽ te klink. (Ek het agtergekom sy beweeg in die baie persoonlike geselskap van een of twee blanke vroulike kolonelle in die polisiediens, in Pretoria-Wes.)


    Soos dit is, is Raath natuurlik geen 'kenner' van die visioene as sulks nie, anders as dat dit deur Siener gegee is nie. Hy is 'n kenner van Siener se persoon en sy tydvak, maar van die visioene weet hy absoluut niks nie! Hy het geweldig baie kritiek teen enige poging tot enige uitleg van die visioene, en hy kan my nie verdra nie, maar soos dit is het hy nog nie eers een enkele ou woordjie bygedra tot die algemene opheldering van die visioene nie.


    Ek kan maar net herhaal dat daar geen waarheid in hierdie bloedstollende uhuru-storie is nie! Dit is iets wat destyds al na vore gekom het as GEHEIME Illuminati-BEPLANNING vir die Boervolk, so hoe en waar het Snyman regtig hieraan gekom?


    Maar daar is dalk ook 'n 'positiewe deel' verbonde aan hierdie nuutste duimsuigstorie. Ek glo dat Snyman self agter hierdie nuwe wending sit, en dit laat my nogal dink dat sy baie stories oor Siener dalk reeds inmekaar begin sak het. Hierdie nuwe poging moet net eenvoudig vir hom slaag of hy sal moet 'aftree' en ek glo nie hy sal toegelaat word om dit te doen nie. Hulle wil die blanke groep in 'n voortdurende staat van vrees hou, want dan kan hulle emosies kanaliseer en die groep beheer soos dit hulle pas.


    Ek glo nog steeds dat Snyman vir die een of ander intelligensie agentskap werk, en dan baie waarskynlik bepaald die Britse MilitÍre Intelligensie onderstroming in ons eie ('voormalige') MilitÍre Intelligensie. Hierdie mense is skynbaar in beheer van die Suidlander beweging. Die artikel wat ek oor Die Kruispad Voor Ons wil doen sal 'n bietjie meer besonderhede hieroor bevat. My gevoel oor hierdie artikel is nog nie heeltemal reg nie, en dit is so al of ek nog 'n bietjie 'vasgehou' word daaroor. Die tyd is seker nog nie heeltemal reg hiervoor nie.


    Groete,
    Frik
    Last edited by 472; 12-05-2015 at 07:00 PM.

  4. #94
    Senior Member
    Join Date
    Aug 2015
    Location
    Johannesburg
    Posts
    118
    Kom ek se vir julle wat Siener beslis nie gesien het nie - dis dat AKSKA hier is om te bly!

  5. #95
    Unregistered
    Guest

    Wat het Siener nie gesien nie

    Dit was nooit n verwysing na Nelson Mandela nie, dit handel oor die dood van Winnie Mandela want nou tans n staat begrafnis kry, sy is nie n staats hoof nie, maar die 3de belangrikste persoon in SA, sy is die 'Mother of the Nation' soos Julius vandag gese het, Julius het ook vandag verwys dat hy die spies sal optel, dit wys direk na die visioen waar sieners n kaffer krygertjie sien wat n spies optel, Siener praat ook van n groot vuur wat vooruit kom, 5 keer vandag gedurende die begrafnis is daar verwys na haar as n 'huge flame' Ek kan verkeerd wees, maar dit was nie n black king wat begrawe is nie, dis n black queen. Dit is wat ek dink Siener nie gesien het nie.

  6. #96
    Die klem van die swart kryger wat in die newels verdwyn is die feit dat hy verdwyn. En nee hy laat val nie ‘n spies nie. Dis ook insiggewend dat hy verdwyn op die oomblik wat hy die mees drygendste is.

  7. #97
    Baie dankie Frik. Jy slaan die spyker op die kop.

  8. #98
    Terwyl almal nou so aangaan oor die kryger wat in die newels verdwyn vir interesantheid hier is MK se embleem.Name:  6770F689-E49F-45E7-AE0E-308C82F71992.jpeg
Views: 526
Size:  77.7 KB

  9. #99
    Adriaan is seker nog onseker om hier te kom praat. Miskien moet ek meer verduidelik wat my motief is.

    Adriaan doen goeie werk om mense bewus te maak van wat in die wÍreld besig is om te gebeur en daarmee het ek geen probleem nie. Hy het goeie werk gedoen om siener van Rensburg se geskrifte op te soek en bymekaar te sit en dit was ook ’n uitstekende poging waaraan niemand ooit gedink het nie, en was dit nie vir hom nie, sou die mense vandag nie eers geweet het wie siener van Rensburg was nie.

    Ek dink dat ons, ons hoed vir hom moet afhaal want hy verdien dit.

    Hy borrel oor van inligting, want hy het soveel om te deel, maar wanneer hy die visioene van Siener sien, pas derduisende brokkies vir hom bymekaar en hy kan nie help om die goed saam te skryf nie. Hy sien dit dan vir wat dit is en hy herken dit soos wat dit gebeur. Daarmee het ek ook nie ’n probleem nie en ek dink dat ek en hy baie lang ure sal sit en gesels wanneer ons eers bymekaarkom.

    Ek het net een probleem. Omdat hy dit wat hy herken, so met die prentjies van die visioene bymekaarsit, word hy so opgewonde dat ’n mens later nie meer seker is, wie praat nie. Is dit nou Siener of is dit Adriaan? En dit is net hier waar die probleem inkom.

    Al sy lesers het nie die onderskeiding om daardie onderskeid te maak nie en dit veroorsaak dat hulle Adriaan en Siener se werk as ’n nuwe visioen beleef, wat nie altyd die waarheid is nie.

    Ek verstaan sy stryd om altyd teen die stroom te wees, beter as wat enige ander mens dit sal verstaan, en een ding wat ek nie wil hÍ nie, is om hom te verneder.

    Hy sal my moet help dat ons die paniek in die land wat as gevolg van mense se eie persepsies, wat ontwikkel het rondom die gesamentlike beeld wat uit die boeke gebore is, te besweer.

    Ons moet ’n skeiding maak en as ons dit kan regkry om die profesieŽ onafhanklik in een boek te kry en dan die vertolking van die politiek in ’n afsonderlike boek, dink ek sal ons ’n groot deurbraak maak.

    Ek voel net dat ons ’n heksejag teen Adriaan moet stop en dat hy die eer moet kry wat hom toekom, maar hy sal ook moet help.
    Last edited by Lukas; 05-21-2018 at 03:27 PM.

  10. #100
    Hallo Lukas,

    Frik se briewe op sy web bladsy toon aan dat Adriaan se boeke baie mense in die afgrond laat gaan het, en dit sluit sekere boeremag lede ook in, wat tans in die tronk sit, huwelike in die afgrond in, en families wil niks van hul weet nie, hul lewens heeltemal opgemors....
    As mens na Adriaan se boeke kyk, en dit wat sou gebeur het, NOOIT gebeur het nie..., dan moet mens sekere vrae vra.... 'n Halwe waarheid is mos niks anders as 'n volle leuen nie? Baie mense toon aan dat Adriaan miskien 'n agent van die staat is, en ek dink dat Frik ook daardie standpunt het... Gustav van Suidlanders is getroud met Adriaan se dogter..., maar dit kan ook seker toevallig wees....
    Ek en jy weet dat Adriaan baie boeke verkoop het en lekker geld gemaak het.... nou hoe dan nou?

    Daar is Adriaan Snyman Frik Pretorius, daai prof Raath..., en nog iemand wat ek ken..., wat die Niklaas van Rensburg se visioene uitgele het.
    En dan ken ek nog iemand... Al wat ek kan se is dat hierdie iemand se uitlegging daarvan eendag sal uitkom as die tydstip reg is, en dan hopelik sal die waarheid uitkom. Hoekom vertrou ek die iemand? Want sover ek met hom gedeel het, het al sy visioene wat hy aangetoon en met my gedeel het, het waar geword, al was sy voorspellings jare vooruit gedoen oor 'n spesifieke gebeurtenis. Ek kan ongelukkig nie sy naam hier se nie.

    So ek weet nie wat gaan dit jou baat om met iemand soos Adriaan te gesels, wie se vrugte glad nie reg lyk nie...

+ Reply to Thread
Page 10 of 11 FirstFirst ... 891011 LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •