Results 1 to 10 of 103

Thread: Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

Threaded View

  1. #21
    Baie van die profesieŽ in die Bybel wat vir hierdie tyd geskryf is, sal nou duideliker word. ’n Profesie is nie iets wat vrees inboesem nie. Wanneer Raath dit regkry om die vertolkings van van rensburg se gesigte so te interpreteer dat dit nie vrees veroorsaak nie, is hy volgens die Bybel se riglyne in die kol.

    Wanneer ons van profesieŽ praat, is dit goed wat in die Bybel bevestig moet word. Die Suidland waarvan die Bybel n paar keer praat, is volgens my Suid-Afrika omdat ons die enigste land in Afrika is wat aan die vereistes voldoen.

    Volgens Openbaring 6 as ek reg onthou, sal die vyand, wit en swart hier in die Suid-Land aan peste en roofdiere tot n einde kom. Die Bybel noem tye en Walter Veith se vertolkings van die tye is vir my geloofwaardig.

    Praat ons van n staatsman wat in staatsie gelÍ het en ons noem dit 7 dae, sal ons seker die Bybelse 7 dae moet gebruik? Waarom? Omdat die insig dan van God sal kom en Hy verander nooit. Hy sal nie nou anders wees en praat as wat Hy in die verlede gepraat het nie.

    Daarom sal ek graag wil weet of Pretorius en Raath ook die 7 dae raakgelees het.
    Last edited by Lukas; 12-02-2015 at 11:33 PM.

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •