+ Reply to Thread
Page 1 of 11 123 ... LastLast
Results 1 to 10 of 102

Thread: Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

  1. #1
    432
    Guest

    Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

    Vandag is dit agt dae sedert Mandela dood is en een dag voor sy begrafnis. Hierdie is die oomblik van waarheid vir die “ boere doomsday preppers” onder ons.

    In ‘n tyd soos die is dit belangrikker om te weet wat Siener nie gesien het nie as wat hy wel gesien het.

    Ek maak die draad oop om die mites en onwaarhede wat in Siener se naam versprei word te ontbloot. Dit kan vir party mense van lewensbelang wees, veral as jou inligting nog uit die pen van 'n moontlike agent provokateur kom!

    Ek wil mense dus uitnooi om die onderwerp te bespreek. Let wel slegs,"wat hy nie gesien het nie".

    As jou opinie is dat alles van Siener 'n klomp bog is moet dit asb nie op die draad deel nie, dit gaan my nie vermaak nie en definitief nie tot opbou wees van die wat daarin glo nie.

    Ek skop af met ‘n aanhaling van Andries Raath:

    Andries Raath, regsprofessor aan die Universiteit van die Vrystaat en skrywer van "Niklaas van Rensburg Die Siener" sę:

    1. Daar bestaan geen opgetekende en bevestigde visioen van ’n “nag van die lang messe” nie.
    2. Geen visioen van die dood van oudpres. Nelson Mandela verskyn onder die bevestigde visioene nie.
    3. “Myns insiens is dit ’n gefabriseerde en fiktiewe visioen wat deur sommige mense misbruik word om geloofwaardigheid aan hul fabriserings te gee,” sę hy.
    4. “Dis jammer die naam en reputasie van ’n eerbare mens soos Niklaas word so misbruik.”

  2. #2
    Unregistered
    Guest
    Ek het siener se boek te lank terug gelees om alles presies te onthou. Ek weet die nvlm visioen bestaan nie en dit is wat my bang maak vir die eerste skrywer se boeke! As daar oor een ding gelieg is ,hoeveel ander groot visioene is nie sy eie stories nie! Ek wil graag siener se visioene glo maar sy skrywer maak dat ek die dinge vat soos dit kom en nie soos die skrywer se dit kom nie! As iemand regtig die kennis het sal dit vir my great wees as julle meer lig kan werp op n paar punte.
    . Het hy niks gese van n nagaanval op johannesburg nie?
    . Is mandela se dood regtig net die skrywer se eie storie(want dan het hy nie te sleg geraai nie).
    . Is die vlamme wat uit mandela se graf kom ook net die skrywer se eie visioene?
    . Is die klien kaffertjie(ek skryf dit soos ek dit onthou) wie se skaduwee se skild oor die land val nie malema nie of is die visioen ook n leun.
    . Die emmer bloed, die volk wat dinge in sy eie hande neem en die vierkleur wat wapper oor n vrye volk. Eg of n leun?
    . Duitsland se briewe?
    432 ek hoop nie ek stuur in n ander rigting as wat jy beoog het nie. as ek doen stop my asb net hier.
    ps. verskoon asb my spelling!!

  3. #3
    Het hy niks gese van n nagaanval op johannesburg nie?
    Nee, hy het niks daarvan gesę nie, selfs Johanna Brandt, het niks daaroor gesę nie. Ek weet nie of jy bewus is daarvan nie, maar JB het n hele 5de visioen wat heeltemal vervals is. Daar bestaan nie so n visioen nie. Maar dit is n ander storie vir n ander draad. Die groot ding is dat JB se visioen die raamwerk gegee het vir die nag aanval en Siener is manipuleer om dit te beaam.

    Is mandela se dood regtig net die skrywer se eie storie(want dan het hy nie te sleg geraai nie).
    Ek verstaan nie regtig met wat jy bedoel deur te sę 'dan het hy nie te sleg geraai nie' Wat het hy reg geraai? Dat Mandela gaan sterf? Dat dit n groot gedoente gaan wees? Onthou, hy het daardie boek omtrent '94 laat verskyn. Dit was toe geen geheim meer dat die Mandela begrafnis n groot gedoente gaan wees nie. Ons weet wel reeds dat hy nie in n glas kas uitgestal was nie en nie 7 dae in staatsie gelę het nie. Hy het wel in staatsie gelę, maar dit is niks snaaks nie. Daar is selfs n woord daarvoor.


    Is die vlamme wat uit mandela se graf kom ook net die skrywer se eie visioene?
    Sovęr ek weet, is daar n visioen oor n gat en vlamme, maar dit het niks met Mandela se begrafnis te doen nie. Dit is waarskynlik net lekker aandik en met die vark gooi. Dit sal ons binne n paar dae kan bevestig, eintlik more al, want as n gat toegegooi is, kan daar nie meer vlamme uitslaan nie, want dit is nie meer n gat nie? Maar ons sal maar n paar dae moet gee vir die beeldspraak se onthalwe.

    Is die klien kaffertjie(ek skryf dit soos ek dit onthou) wie se skaduwee se skild oor die land val nie malema nie of is die visioen ook n leun.
    Ek dink daar is so iets, maar dit is spekulasie oor wie dit sal wees. AS het oorspronklik gesę dit is Mandela. Ek onthou egter nie meer so goed oor die een nie, 432 en ander kan ook help.

    Die emmer bloed, die volk wat dinge in sy eie hande neem en die vierkleur wat wapper oor n vrye volk. Eg of n leun?
    Volgens FH Pretorius is dit n leun. (Die emmers bloed gedeelte) Ek kan nie n skakel gee nie, want almal wat leef en beef het seker gaan lees en die bandwydte is opgebruik, tot volgende maand. Mnr. Pretorius betaal self vir dit en fondse is beperk.

    Die vierkleur wapper weer is skynbaar waar.

    http://artikels.sienervanrensburg.co.za
    Of
    http://sienervanrensburg.co.za

    Duitsland se briewe?
    Jy sal meer moet uitbrei oor wat jy bedoel en verstaan onder dit. Daar is wel iets oor briewe, maar die verklaring is blykbaar op n ander vlak as wat algemeen aanvaar word.

    Ek wil my nie uitgee as n Siener kenner nie. Ek het maar net omtrent al die boeke van die verskillende skrywers gelees. (AS, Raadt, Pretorius) Boonop raak my geheue ook maar verroes.

    Dan wil ek nog by die lysie byvoeg van wat ek dink nie waar is nie.

    Koeberg ontplof.
    Jan Kempdorp ontplof.
    Die Skaapkop diamant.
    So baie verskillende emmers bloed wat omval.

    Kyk, niks van hierdie goed is onmoontlik nie, maar ons kan nie wys hier het Siener dit voorspel nie. Dit is visioene wat gemaak pas is aan die vertolking wat daaraan gegee is. Die skaapkop diamant is blykbaar net eenvoudig versin? Koeberg kan wel iets mee gebeur, ek verstaan dit is egter op die ergste n 'meltdown' en gevolglike bestraling, nie n ontploffing nie. Feit bly dit is baseer op n 'liggie gaan dood'. Hoe op aarde kom jy nou by so n verklaring uit? Jan Kempdorp het ons in die weermag al oor bespiegel uit ons eie, daar was toe nog nie n Siener boek nie.

  4. #4
    Unregistered
    Guest
    Dankie Tom! Ek is bewus van JB se 5de visioen leun. Die mandela ding is soos jy verduidelik! Die Duitse briewe was blykbaar om die regering n ultimatum te gee. Kan nie onthou tov wat nie. Die briewe het ook blykbaar iets te doen met die hulp wat die boere Duitsland sou gee toe die unie Engeland wou help teen Duitsland! Dis regtig jammer dat AS soveel snert kwyt geraak het en dit sal ook mos nou weer die enigste skrywer se siener boek wees wat ek gelees het! Soveel mense het al houe gevat oor sy valsheid!!

  5. #5
    Unregistered
    Guest
    Die eerste ding om van kennis te neem is dat daar basies drie skrywers is wat deesdae oor Siener skryf:

    #2 jy noem dat jy Siener se boek lank terug gelees het, dit maak ‘n baie groot verskil watter skrywer se boek jy gelees het. Daar is basies drie skrywers wat deesdae oor Siener skryf Andries Raath, Adriaan Snyman en Frik Pretorius.

    Andries Raath skryf al die langste van almal oor Siener, hy het ‘n akademiese inslag en konsentreer nie veel op uitlegte nie. Beide die ander twee skrywers haal uit Raath se boeke aan.

    Frik Pretorius gebruik slegs bestaande aangetekende visioene en konsentreer op die uitleg daarvan.

    Adriaan Snyman intrepeteer bestaande opgetekende visione en fabriseer ter selftertyd nuwes.

    Adriaan Snyman is die enigste skrywer wat enigiets oor die nagaanval op Johannesburg geskryf het behalwe vir Annalize Morgan. Dit is Adriaan Snyman se vrou se naam en nooiensvan sowel as haar skuilnaam as skrywer. Adriaan Snyman se vrou het die boek oor Johanna Brandt geskryf en ‘n vyfde visioen ingewerk wat ooreenstem met Adriaan Snyman se nagaanval op Johannesburg.
    Siener het niks van ‘n nagaanval op Johannesburg gesien nie.

    Almal moet eenmaal doodgaan, Mandela ook. Siener het egter niks van hom gesien of gese nie. Adriaan Snyman hoef nie 'n profeet te wees om te weet dat Mandela tot sterwe sou kom nie. Soos Tom noem, Snyman het eers ernstig oor Siener begin skryf nadat Mandela weer op die toneel verskyn het.

    Die vlamme uit die graf is ook Snyman se versinsel.

    Siener het nie ‘n klein swart kaffertjie gesien nie. Hy het ‘n dreigende swart kryger gesien wat uit die gras opstaan en weer in newels/mis verdwyn. Snyman versuim telkens om die laaste deel waar die kryger in die mis verdwyn aan te haal. Die deel van die visioen waar die kryger verdwyn sonder om aan te val en verdwyn word gladnie deur Snyman genoem nie.

    Die volgende stelling is net so waar soos die Da Vinci Code. “Die emmer bloed, die volk wat dinge in sy eie hande neem en die vierkleur wat wapper oor n vrye volk”. Siener het nooit gesien dat die volk teen die swart regering gaan opruk nie.

    Duitsland se briewe of blou briewe. Siener het dit gesien. Dit het niks met die swart regering te doen nie.

  6. #6
    432
    Guest
    Dis ek wat die vorige plasing gemaak het.

    Ek dink ek moet die volgende beter verduidelik.

    “Die emmer bloed, die volk wat dinge in sy eie hande neem en die vierkleur wat wapper oor 'n vrye volk”

    Siener het glo gesien dat die vierkleur weer gaan wapper, dis die titel van een van Prof Raath se boeke.

    Om dit egter in een sin met die emmer bloed en die volk wat dinge in eie hande neem te noem maak dit 'n halwe waarheid en erger as 'n leun. Dit laat dit klink of die Boervolk sy vryheid van swart onderdrukking bekom deur te rebeleer deur dinge in eie hande te neem. Dit impliseer dat bloed in die proses sal vloei.

    Dit is sulke halwe waarhede wat daarvoor verantwoordelik is dat mense soos die boeremag lede dinge in eie hande geneem het deur Mandela te probeer vermoor sodat die volk kan vry wees. Dit het hulle in die tronk laat beland.

    Die res van ons moet nie dieselfde fout nie!
    Last edited by 432; 12-14-2013 at 09:39 PM.

  7. #7
    Unregistered
    Guest
    Dankie 432! Wat is jou opinie oor siener self? En as jy my sou aanraai watter skrywer volgens jou is naaste aan die waarheid! Eindlik het AS my so n swak smaak oor siener gegee dat ek nie regtig meer belangstel nie! Maar ek weet dis nie siener nie, dis die skrywer!

  8. #8
    432
    Guest
    Siener was 100% akkuraat met sy voorspellings en hy het 'n onberispelike lewe gelei.

    Niemand het soveel geskiedkundige feite soos Prof Raath bymekaargesit nie, in my opinie is hy akademies die sterkste van almal, vir naslaan en navorsing oor visioene is sy werk baie goed.

    Frik Pretorius gebruik slegs erkende opgetekende visioene en intrepeteer dit. Tussen die drie is hy die enigste een wat die gawe gekry het om die visioene te intrepeteer.

    Adriaan Snyman is 'n hele ander storie. Hy probeer om op Prof Raath se vlak te beweeg en terselftertyd visioene uit te le. In my opinie is hy 'n vervalsing in albei areas. Ek wonder somtyds of hy nie 'n agent provokateur is nie.

  9. #9
    432
    Guest
    Daar is 'n artikel oor Siener in more se rapport:

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika...g-mes-20111008

    Johannes de Villiers
    Niklaas “Siener” van Rensburg het nooit ’n “nag van die lang messe” voorspel nie, maar van die voorspellings wat hy wél gemaak het, wag nog om bewaarheid te word.

    So skryf prof. A.W.G Raath, historikus aan die Universiteit van die Vrystaat, in waarskynlik die mees omvattende stuk navorsing oor Siener wat nóg gepubliseer is.

    Raath se boek, Niklaas van Rensburg, Die Siener, is pas by die Clover Aardklop-kunstefees bekend gestel en is die produk van drie dekades se navorsing wat Raath oor Van Rensburg gedoen het.

    Die boek bevat foto’s van Van Rensburg wat nog nie voorheen gepubliseer is nie en inligting wat op sy visioene – soos hy dit self aan vriende en naasbestaandes vertel het – gegrond is.

    Aan Rapport het Raath die afgelope week gesę deur die jare het talle publikasies (wat op tweedehandse of apokriewe inligting oor Van Rensburg steun) ’n vals beeld van die ou Boereprofeet geskets as ’n soort Nostradamus-figuur wat “kristalbal”-voorspellings gemaak het. Baie dikwels is sy voorspellings misbruik om (dikwels ekstremistiese) politieke agendas te dien.

    Daarenteen skryf Raath in sy boek die volgende:

    * Van Rensburg het opgetree binne die “Christelike mistiek” – ’n tradisie wat in die geloofslewe van sommige Voortrekkers en hul afstammelinge aanwesig was en wat behels het dat die sien van visioene en voorbodes onder dié mense ’n relatief volop verskynsel was.

    * Onder Van Rensburg se opgetekende visioene was daar geen een wat redelik geďnterpreteer kan word as ’n voorspelling dat swart mense eendag tot ’n massa-opstand sal oorgaan om wit mense uit te moor nie. Trouens, daar bestaan geen rekord ouer as 1996 wat beweer dat Van Rensburg so iets voorspel het nie.

    * Hoewel heelwat van Van Rensburg se voorspellings gekoppel kan word aan gebeure wat reeds plaasgevind het, is daar sommige wat nog onvervuld is, vernaamd dat daar ’n groot węreldoorlog voorlę waartydens Duitsland as ’n węreldmag na vore sal tree.

    * Van Rensburg het in een van sy visioene gesien dat genl. Louis Botha, die destydse staatshoof, selfmoord sou pleeg. Hoewel die amptelike geskiedenis lui dat Botha ná ’n siekbed aan natuurlike oorsake dood is, is daar omstandigheidsgetuienis (onder meer die ongewone aard van Botha se begrafnis) wat deur sommige as ’n bevestiging gesien sou kon word dat Van Rensburg se voorspelling akkuraat was.

  10. #10
    Unregistered
    Guest
    Dankie 432! Is Frik die ou wat volksveraad geskryf het?

+ Reply to Thread
Page 1 of 11 123 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •