+ Reply to Thread
Page 2 of 11 FirstFirst 1234 ... LastLast
Results 11 to 20 of 103

Thread: Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

  1. #11
    432
    Guest
    Nee dit was Advokaat PJ Pretorius.

  2. #12
    Unregistered
    Guest
    O ja dis reg! Dankie 432!

    Groetnes

  3. #13
    Unregistered
    Guest
    Quote Originally Posted by 432 View Post
    Daar is 'n artikel oor Siener in more se rapport:

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika...g-mes-20111008

    Johannes de Villiers
    Niklaas “Siener” van Rensburg het nooit ’n “nag van die lang messe” voorspel nie, maar van die voorspellings wat hy wél gemaak het, wag nog om bewaarheid te word.

    So skryf prof. A.W.G Raath, historikus aan die Universiteit van die Vrystaat, in waarskynlik die mees omvattende stuk navorsing oor Siener wat nóg gepubliseer is.

    Raath se boek, Niklaas van Rensburg, Die Siener, is pas by die Clover Aardklop-kunstefees bekend gestel en is die produk van drie dekades se navorsing wat Raath oor Van Rensburg gedoen het.

    Die boek bevat foto’s van Van Rensburg wat nog nie voorheen gepubliseer is nie en inligting wat op sy visioene – soos hy dit self aan vriende en naasbestaandes vertel het – gegrond is.

    Aan Rapport het Raath die afgelope week gesê deur die jare het talle publikasies (wat op tweedehandse of apokriewe inligting oor Van Rensburg steun) ’n vals beeld van die ou Boereprofeet geskets as ’n soort Nostradamus-figuur wat “kristalbal”-voorspellings gemaak het. Baie dikwels is sy voorspellings misbruik om (dikwels ekstremistiese) politieke agendas te dien.

    Daarenteen skryf Raath in sy boek die volgende:

    * Van Rensburg het opgetree binne die “Christelike mistiek” – ’n tradisie wat in die geloofslewe van sommige Voortrekkers en hul afstammelinge aanwesig was en wat behels het dat die sien van visioene en voorbodes onder dié mense ’n relatief volop verskynsel was.

    * Onder Van Rensburg se opgetekende visioene was daar geen een wat redelik geïnterpreteer kan word as ’n voorspelling dat swart mense eendag tot ’n massa-opstand sal oorgaan om wit mense uit te moor nie. Trouens, daar bestaan geen rekord ouer as 1996 wat beweer dat Van Rensburg so iets voorspel het nie.

    * Hoewel heelwat van Van Rensburg se voorspellings gekoppel kan word aan gebeure wat reeds plaasgevind het, is daar sommige wat nog onvervuld is, vernaamd dat daar ’n groot wêreldoorlog voorlê waartydens Duitsland as ’n wêreldmag na vore sal tree.

    * Van Rensburg het in een van sy visioene gesien dat genl. Louis Botha, die destydse staatshoof, selfmoord sou pleeg. Hoewel die amptelike geskiedenis lui dat Botha ná ’n siekbed aan natuurlike oorsake dood is, is daar omstandigheidsgetuienis (onder meer die ongewone aard van Botha se begrafnis) wat deur sommige as ’n bevestiging gesien sou kon word dat Van Rensburg se voorspelling akkuraat was.

    ___________

    LET WEL: Hierdie berig is al twee jaar oud.

  4. #14
    432
    Guest
    Nieteenstaande ewe waar.

  5. #15
    Unregistered
    Guest
    Ek is nie seker nie en vra asb insae?
    Sien hierdie ouens net waarskuwings of sien hulle goeie nuus ook?

    BW.

  6. #16
    Unregistered
    Guest
    Die rede vir hierdie draad is om die onwaarhede van Snyman se vertolkings aan die lig te bring en het niks met goeie of slegte nuus te doen nie. Maar as jy mooi kyk en sien wat hy nie gese het nie is dit mos goeie nuus, of hoe?

  7. #17
    Unregistered
    Guest
    Dit is so, maar daar is mense wat in van sy stories glo en het fisiese sowel as kapitale energie ingesit om die gevare wat hy (en ander) van praat te probeer voorkom. Is dit maar n geval van "a fool is born every ...?

    BW

  8. #18
    432
    Guest
    Ek het vir Frik Pretorius gevra om iets saam te stel oor die valse visioene van Siener wat tans in omloop is, ek het dit al vir 'n paar dae. Ek wou julle nie voortydig uit die water uit bom nie.

    FH Pretorius:

    Ons het nou uiteindelik die punt bereik waaroor Adriaan Snyman so baie te sê gehad het, en dit oor die begrafnis van Mandela. As daar ooit 'n Nag Van Die Lang Messe gaan wees, sal dit voor of op 22-25 Desember 2013 moet (begin) realiseer.

    En ek hoop Lukas se lesers het al die baie hersienings wat Snyman oor die jare van sy 'waarheid' gepubliseer het gebêre, want hulle gaan dit nodig kry om sy spoor van leuens en bedrog na te spoor. Want dit is waarop hy staatgemaak het, dat sy lesers nou al sou vergeet het wat hy oorspronklik oor hierdie storie gesê het.

    As ek reg onthou het Snyman oorspronklik die volgende (baie kortliks gestel) oor Mandela se dood en begrafnis te sê gehad:

    (a) Hy sal na sy dood vir 'n tydperk van sewe dae in 'n glaskis in staatsie lê in Pretoria.
    (b) Die presiese plek hiervoor was soms die Uniegebou, maar soms selfs ook Kerkplein gewees. Ek het nogal baie gewonder oor hoe die nodige infrastruktuur hiérvoor ingerig sal word, maar dit nou daar gelaat. Hulle het in elk geval 'n plan daarmee gemaak.
    (c) Hy sal op dag sewe met volle eerbewys in die heldeakker in Pretoria begrawe word.
    (d) Dan sal daar 'n onheilige en doodse stilte oor die land neerdaal, en in hierdie tyd sal daar vlamme en vuur vanuit die graf oor die land versprei.
    (e) Hierdie vlamme sal die teken wees dat die swart massas die blankes sewe dae later in een enkele nag van bloeddorstige haat uit hul huise sleep en op die wreedste wyse met kapmesse doodmaak.

    Nou, kom ons kyk na wat intussen in die land gebeur het, en ook wat NOU besig is om in die praktyk te gebeur. Dit sal tog vir ons 'n idee kan gee van hoe haalbaar Snyman se storie werklik is.

    (a) Jy weet (onder andere) dat ek my oor die jare baie sterk uitgespreek het teen hierdie storie. Die laaste keer was in 'n artikel met die titel: ART 071: 2013-08-10 Ontspan nou maar, die Nag Van Die Lang Messe is amptelik afgestel! My artikel was in reaksie op 'n vraag wat ek van 'n vriend ontvang het. Hy het, net soos ek later, in 'n artikel van Snyman in Vaandel raakgesien dat Snyman in werklikheid besig was om BAIE vinnig om te swaai en terug te staan van sy maaksels oor die NVDLM! Ek het dan ook in hierdie artikel daarop gewys dat die feit dat Mandela maar net nie wil doodgaan nie in werklikheid 'n BAIE groot verleentheid vir Snyman geword het. Die redes hiervoor sal in die volgende paar reëls na vore kom.

    (b) Jy sal onthou dat dit reeds in 2008 bekend geword het dat die fokus van die swart militante groepe van die blanke af na hul binnekant toe weggeskuif het. Die groeiende skeurings in hul geledere was toe al baie duidelik gewees. Dit was toe ook al duidelik gewees dat COSATU, wat die sterkte van die ANC alliansie was, besig was om in teenoorstaande groepe te verdeel.

    (c) Ons het intussen ook die fiasko by Marikana beleef. Dit het die anti-ANC loopbaan van 'n militante leiertjie soos Malema 'n baie groot hupstoot gegee. Die feit van die saak is dat hy deesdae 'n al hoe groter faktor word in die uiteindelike ondergang van die ANC regering, soos ek dit ook al voorsien het. Hy sal nie noodwendig die ANC in die volgende verkiesing verslaan nie, maar dit is in elk geval nie waarom hy sy eie politieke party gestig het nie. Sy doelwit is rou en naakte aggressie en anargie teen (1) die Zuma regering en (2) die blanke, want dit is die somtotaal van sy vermoëns.

    (d) Ons moet noodwendig ook hier kyk na die absolute ongewildheid van die Zuma regering. Ons weet nou dat die FNB stadion hom tydens die 'roudiens' vir Mandela uitgejou het, en dit nogal voor al die buitelandse gaste....! Die boodskap aan Zuma hierin, en sommer die hele wêreld ook, dink ek spreek baie duidelik vir homself.

    Nou, Mandela is op hierdie stadium al 'n paar dae lank dood, en hy lê wel in staatsie in die Uniegebou. Die algemene situasie onder die swartes is tans (nog) rustig en kalm, maar daar is egter wel 'n paar groterige praktiese probleme. (Onder andere natuurlik vir Snyman se storie óók)

    (a) Dit skep groot verkeersprobleme, want die lyk word soggens met 'n stoet vanaf 1 Militêre Hospitaal, waar hy elke nag 'oorslaap', na die Uniegebou geneem.

    (b) Hy lê daar vir die hele dag, maar die gewone man op straat, wat hom as leier aanbid het, kan hom nie so maklik te siene kry nie, want volgens wat ons hier gehoor het 'ontvang' hy hoofsaaklik slegs die buitelandse besoekers wat hierheen gebring is vir die begrafnis. Nou, toegegee, dit is waarskynlik 'n bietjie oordryf, want daar kan nie soveel besoekers wees dat die plaaslike mense hom glad nie te siene sal kry nie. Wat egter wel gebeur is dat die tydperk wat hulle na hom kan kom kyk redelik drasties ingekort word hierdeur. Dit moet noodwendig die reeds bestaande wrewel teen Zuma nog groter maak!

    (c) Die kadawer word dan weer teen tjaila tyd teruggeneem na die hospitaal toe. (Ek wil my mede Pretorianers darem so 'n bietjie moed inpraat: Staan sterk vriende, dit is darem al Donderdag en hy is amper weg hier!)

    (d) En ja, askies maar as ek nou baie mense teleurstel, maar sovêr ek weet is daar geen sprake van 'n glas kis nie! Daar is wel 'n glas afskorting rondom die kis wat keer dat die publiek aan die kis kan raak, maar dit is darem nie heeltemal dieselfde as wat Snyman so baie en so luidrugtig oor gepraat het nie, is dit?

    (e) Die hele gedoente skuif oor 'n dag of twee na die plek waar die begrafnis sal plaasvind. Ek twyfel of die moontlikheid van 'n swart teen swart konfrontasie hier heeltemal sal weggaan, maar die waarskynlikheid daarvan behoort dan darem ook 'n bietjie af te neem.

    (f) Die blanke groep behoort heeltemal veilig te wees, mits niemand sy neus op die verkeerde plekke gaan probeer indruk nie. My raad is: Los hulle heeltemal uit! Dit is hulle hartseer, nie ons s'n nie, so moenie uitlokkend begin optree nie. Die enigste mense wat hieronder gaan ly is iemand anders se onskuldige vrou en kinders!

    Wat die volgende week of drie betref verwag ek nie dat die normale trant van sake VIR DIE BLANKE veel sal verander nie.

    (a) Zuma het inderdaad die ganse SA Weermag opgeroep, en dan ook om allerhande 'parades en eerbetoon' te betuig, maar is dit die werklike rede? Die gebeure by FNB Stadion dui daarop dat Zuma dalk eerder die soldate nodig het om 'n swart poging om sy regering omvêr te werp te kan ontlont. Ek kan nie aanvaar dat hy salig onbewus is van die wrewel teen hom nie! As dit so is het ek egter redelike slegte nuus vir hom, want sy vertroue in sy soldate is effe misplaas, want hulle is absoluut niks werd nie.

    (b) Die faksieverskille in die swart groep is op hierdie punt besig om 'n plofpunt te bereik. Dit skep 'n probleem vir hulle wat ek soos volg sal verduidelik: Malema en sy groep wil baie graag die blanke se eiendomme beset en ons geld en goed vat. Hulle maak 'n groot ophef hiervan met hul 'uniforms', hul slagspreuke en hul rooi bloedvlag. Maar wat is die mees moontlike scenario hier? Malema weet baie goed dat hy ons eers sal kan begin aanval NADAT hy AL sy teenstanders heeltemal uit die weg geruim het. En ja, Zuma is sy hoofteiken, want hierdie mannetjie het selfdunk en ambisies wat skrik vir niks nie! Hy kan dit nie voor die tyd doen nie, want die oomblik as hy sy fokus na ons verskuif maak hy sy rug en sy flanke oop vir 'n verrassingsaanval vanaf die ander Comrades wat nie van hom hou nie! En dit is waar van elke swart groep, Zuma ingesluit, want op hierdie stadium is elke groep al die ander se teenstanders, want elke groep wil die heerskappy vir eie gebruik hê! En boeta, hulle hou mekaar fyn dop om maar net daardie klein opening te kry om die mes in die ander ou se rug te druk.

    (c) Die 'vlamme uit die graf' (ai, hoe verpes ek sulke kinderagtige melodrama!), sal dus waarskynlik eerder die swartes self aanbrand as wat dit ons sal raak! En daar is hoofsaaklik twee redes waarom ek dit sê. Snyman se grootste probleem lê juis in sy breedste aanspraak, naamlik 'sewe dae na Mandela se dood...' Nou, of dit sewe dae is en of dit tien dae is maak seker nie veel verskil nie, want ons almal weet nou dat dit moontlik kan gebeur. Daar sal nie baie blankes in die land wees wat nie op 'n gereedstaan basis sal wees in daardie tydperk nie! (LOL) Laat hulle dan maar kom as Snyman se storie waar is, en as hulle daarvoor kans sien, want hulle gaan baie seer kry, veral omdat hulle so verdeeld is, en hulle weet dit baie goed! Die ander rede wat hiermee saamgaan, is dat daar moontlik een of twee geïsoleerde skynaanvalle op blanke woonbuurte kan wees om 'n paniek onder die blanke groep te skep. Dit kan tot 'n algemene mobilisasie teen die blanke lei, maar ons moet bloot nie toelaat dat dit gebeur nie. Wat ookal gebeur, MOENIE BLINDELINGS VLUG NIE! VEG BY JOU HUIS AS JY DAN MOET!

    (d) Daar kan egter eintlik groot voordeel vir ons in sulke geïsoleerde skynaanvalle wees. Ek het iewers in 'n skrywe daarop gewys dat iets soos 40% (maar minder as 60%) van al die voertuie in Pretoria gelyktydig tydens spitstye op die paaie in en om die stad is. (Pretoria alleen het iets soos 950,000 huisgesinne) Die verkeer in Gauteng lyk verskriklik erg vir 'n buitestaander, maar dit is omdat die padnetwerk nie soveel voertuie in so 'n kort tydjie kan hanteer nie. Die ander doodsteek hier is natuurlik robotte wat nie werk nie – DIT is lelik! Die voordeel lê egter daarin dat meeste mense wat wil vlug nie baie vêr gaan kom nie, want die verkeer gaan totaal en al doodwurg as meer as 60% van al die voertuie gelyktydig op die strate en paaie beland.

    Hou moed en bly kalm: ons is naby 'n punt waar ons onmiddellike probleme ligter sal begin word.

    Groete,

    Frik Pretorius.
    www.sienervanrensburg.co.za

  9. #19
    Unregistered
    Guest
    Ok. Daar het julle dit nou. Let asb op die man se laaste sin. "PROBLEME LIGTER SAL WORD" Aaaamen!! Vergeet nou asb al die doemprofete en dooies. Bekeer en sit julle vertroue in God almagtig.

  10. #20
    Unregistered
    Guest
    Miskien lees jy kort hier, jy gaan nie te veel reaksie kry nie. Die goed is vir ons ou nuus en ons is nie verskriklike Siener aanhangers nie, ons kan direk met sy Maker praat. Maar ter wille van die wat meer nuut hier lees, kan jou pos wel iets beteken. Staan vas

+ Reply to Thread
Page 2 of 11 FirstFirst 1234 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •