+ Reply to Thread
Page 8 of 11 FirstFirst ... 678910 ... LastLast
Results 71 to 80 of 102

Thread: Wat het Siener van Rensburg nie gesien nie?

  1. #71
    Quote Originally Posted by Lukas View Post
    Jy het n paar goed genoem wat gesę is en ek sal eers wil bevestig of dit ooit gesę was.
    Net so! Dit klink sommer na AS se skryf styl...

    Hy sien 'n groot mynstaking, by 'n koppie naby Rustenburg. Hy sien vuurtjies by die swart staatsman se graf uitspring en reg oor die land hardloop en dan 'n groot vuur. Hy sien 'n groot kragonderbreking in Johannesburg en hy sien dit gaan 'n koue winter wees...
    Terloops, FH Pretorius het vandag n nuwe artikel laat verskyn.
    https://fhpretorius.wordpress.com/20...e-staatsgreep/

  2. #72
    Jammer Tom. Ek kan dit nie lees nie. Ek mag nie. Sę net of die oorspronklike woorde woordeliks bestaan of nie.

  3. #73
    Ja Lukas, soos julle sę: is dit siener van Rensburg of siener Snyman wat dit gesę het. Ek het ook nie genoeg agtergrond nie maar weet dit word aan hom toegeskryf...

  4. #74
    Phoenix. Dit is my probleem. Enige mens kan nou enige iets sę en dan vertel siener het so gesę en dan glo almal dit vir die waarheid.

    Ons kan net op die siener goed werk wat ons weet hy regtig self gesę het. Ek weet dat Dawie dit kwaai ondersoek het en ek het al vir Frik ook ontmoet. Dit is tegnies die enigste mense wie se woord ek omtrent die onderwerp sal aanvaar. Maar dan moet hulleself my antwoord en geen ander mens nie. Nie eers my beste vriend of my broer of my pa nie.

  5. #75
    Quote Originally Posted by Lukas View Post
    Jammer Tom. Ek kan dit nie lees nie. Ek mag nie. Sę net of die oorspronklike woorde woordeliks bestaan of nie.
    Lukas, ek het die grootste waardering daarvoor dat jy dit nie lees nie. Ek wens ek kon in die verlore argiewe gaan rondkrap waar ek in die begin, toe ek op AKSKA afgekom het, al gesę het ek waardeur dit dat jy nie Siener lees nie. Deur dit nie te lees nie, kan jou besluite nie daardeur beinvloed word nie en dit is hoe ek, en seker ons almal, dit wil he. Dit is te maklik om deur een of ander persoon se interpretasie beinvloed te word.

    Die skakel is maar geplaas vir ander belangstellendes se kennisname. Dit behels ook maar eintlik net Frik se eie opsomming van die huidige politieke situasie, gemeet aan sy enterpretasie van Siener en hoe die aanloop na Siener se visionere verhaal nog in plek is. Onthou, Frik se weergawe begin by waar die boom inpluiens van bo af en n gat los. Meer as dit gaan ek nie se nie. Jy weet teen die tyd van die boom storie. Volgens Frik het Siener niks direk oor ons teenwoordige tyd voorspel nie. Wanneer ons eendag by die beginpunt van die verhaal kom, as dit in ons lewenstyd is, sal mense soos ek en Dawie dit sę.

  6. #76
    Unregistered
    Guest
    Dawie het die stof van sy voete afgeskud en ons vir dood agtergelaat.

  7. #77

    Mense word blind

    Sien jy lukas wat hier aangaan as ek dit reg het is daar 9300 views op die onderwerp, mense lees nie meer hul bybels nie wil die vir my voorkom.

    Hul soek iets in die verlede en is bang vir die toekoms!

  8. #78
    Siende dat ek so paar poste hier geplaas het, moet ek seker die skoen aantrek, Nov16. Maar ek word nie meer kwaad daaroor nie. Ek het lankal geleer sulke ondeurdenkte aanmerkings gaan jy nooit stop nie. Ek berus my maar daarby dat niemand weet wat in my binnekamer gebeur nie.

  9. #79

    Net vir tom1

    Naansę tom ek het geen ondeurdenkte stelling gemaak nie, net dat as jy meer as 50 van die draad se inligting gelaai het jy die skoen moet aantrek, want dan pas dit mos, sonder enige kwaad gevoelens en woord gooiery, is dit net vir my vreemd en ja baie mense geniet sekerlik die sensasie as daar n moontlike toekoms efek kan plaasvind spring alwat kan op die wa.

    Toe ek jonger en minder ervaare was was ek een van die wa drywers, lankal dit gelos, interesant sal ek glo die onderwerp moet wees.

    Jammer as ek jou bloeddruk so pepper.

    My stelling is steeds mense gryp na geskiedenis en probeer die toekoms regverdig. Min besef die swaartekrag van negetaiewe denke, en die woord waarsku daarteen

    Lekker aand
    Barry

  10. #80
    Ek glo jy moet jou bekommer oor die dinge wat jy kan verander. Ek's redelik skepties oor die voorspellings en die aannames wat mense maak na aanleiding daarvan. "Fear Porn" is interessant, maar ek hou meer daarvan as die mense verkeerd bewys word. So 'n ruk terug sou die wereld op 'n sekere datum vergaan en allerande dinge sou gebeur. Die manne wat die "Fear Porn" verkoop is waragtig innoveerend met die antwoorde as die dinge wat hulle voorspel nie gebeur nie.

    Die nuutste is die "astroide" wat die aarde gaan tref op 24 September 2015! "So, whwt?" - Ek kan daar net mooi boggerall aan doen. Kom ek om, so kom ek om - een dood is ek skuldig en dit is nie vir my om te kies hoe of wnneer nie!

+ Reply to Thread
Page 8 of 11 FirstFirst ... 678910 ... LastLast

Posting Permissions

  • You may post new threads
  • You may post replies
  • You may post attachments
  • You may not edit your posts
  •