Liewe Ma en Pa,
Dit gaan goed met my en met julle?
Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baie lekkerder is as om vir Oom Piet te werk.
Hulle moet sommer gou kom aansluit voordat al die plekke gevul word.
Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper 06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap.
Sê vir Wouter en Koos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad te maak en goed blink te vryf.
Nikse gevarke voer, koeie melk, mampoer meng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks!
Manne moet nog skeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water.
Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterk
op steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sê
vir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie
leef, gaan sit. Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toe wanneer jy weer gevoer word.
Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse,
wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie my
plek om hom reg te help nie. 'n Roetemars is omtrent so vêr soos tot
by ons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons
almal ry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.
Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor.
Ek bly medaljes kry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie.
Die bulls-eye is net so groot soos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie.
En dit skiet nie eers terug soos daai bliks% # seVenters van die buurplaas nie. Al wat
jy moet doen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie
eers jou eie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.
Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training". Jy stoei
met die dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want
hulle kry maklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huis te stoei nie.
Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe vir
Groot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maar
ek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik
150kg, droë gewig.
Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens
uitvind van die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!
Julle liefdevolle dogter,
Ester
I finally received my tax return for 2015 back from the SARS.
It puzzles me!
They are questioning the number of dependents I claimed?
I guess it was because of my response to the question: "List all dependents?"
I replied:
• 16 million unemployed people;
• 8 million illegal immigrants;
• 1,5 million drug dealers;
• nearly a million people in overcrowded prisons;
• 234 members of Parliament
• and a useless President with 6 wives........
SARS suggest that this is NOT correct?
I KEEP ASKING MYSELF, WHO DID I MISS?
I’m really becoming forgetful in my old age...!!!!
Piet and Anna went to the Garies Landbou Skou every year.
Every year, Piet would ask:
"Anna, ek wil bietjie in daai helikopter vlieg."
And every year, Anna would answer:
"Jong, Piet, daai helikopter vlug kos vyftig rand. En vyftig rand is
vyftig rand!"
One year, Piet and Anna went to the fair again. Piet said: "Jong,
Anna, vandag is ek 71 jaar oud. As ek nie nou op daardie helikopter
klim nie, dan kan ek maar vergeet." Anna replies: "Jong Piet, daai
helikopter vlug kos vyftig rand. En vyftig rand is vyftig rand!"
The pilot overheard them, and since it was a quiet day, he decided to
have some fun. "Ek sê julle wat. Ek neem julle altwee vir 'n rit. As
julle vir die hele vlug stil bly, dan is die vlug verniet. So nie, dan
betaal julle vyftig rand!"
Piet and Anna agree to the conditions, and into the chopper they get..
The pilot took off, and did all sorts of rolls, dives, twists, turns
and tricks. Not a word was said. He did all his tricks over again, this time even
scaring himself. Still not a word was said.
They landed and the pilot turned to Piet:
"Bliksem! So iets het ek nog nie gesien nie! Ek het tot myself bang
gevlieg, maar julle twee het niks gese nie!"
Piet replied: "Ek wou so graag iets gese het toe Anna uitgemoer het,
maar vyftig rand is vyftig rand!" ;-)