Hierdie draad is na aanleiding van my hoed wat gesteel was en weer na baie dae teruggekom het. Toe ek met Gerhard praat vertel hy dat hulle na my hare in die hoed op soek was, om as a point of contact teen my te gebruik.
Hulle sal glo ook fyn poeier van n pofadder se vel aan die hoed smeer om een of ander iets met my reg te kry.
EK het die vloeke oor die hoed gebreek en dit in die was gegooi om die moontlikheid van slang gif en poiers en luiste te verminder voor ek die hoed dra. Teen laat middag was die hoed weer op my kop.
Maar hier is die versies wat gerhard vir my gestuur het om te lees en teen die vloeke te gebruik.
2 Cor 1:20,
2Co 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
Gen 12:3,
Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Gal 3:13,16,
Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Gal 3:14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
Gal 3:15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.
Gal 3:16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
Col 3:3, 2
2Co 3:3 omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
Col 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Col 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Pet 1:2-4,
1Pe 1:2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
1Pe 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
1Pe 1:4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons
Prov 26:2,
Pro 26:2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.
Luke 6:28, bless the people curse their works
Luk 6:28 Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
Gal 1:8, James 3:9-10, the key to receive promises
Gal 1:8 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
Jas 3:9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Jas 3:10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.
Eccles 5 spesialy verse 4, key for forgiveness in
Ecc 5:1 (4:17) Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase ‘n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen.
Ecc 5:2 (5:1) Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
Ecc 5:3 (5:2) Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
Ecc 5:4 (5:3) As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
Ecc 5:5 (5:4) Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
Math 6:12, true effect of Ps 91 have a key of Luke 12:8-9, key of knowledge Luke 11:52, Math 23:13. As a disciple we have a key Math 16:18-19, Math 18:18-19. It is good to have someone praying with you in authoritative prayer warfare, and to make sure before you pray about Eph 4:27, James 5:16, 1 Tim 5:22 .
Mat 6:12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
Psa 91:1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Psa 91:2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
Psa 91:3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.
Psa 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.
Psa 91:5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
Psa 91:6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psa 91:7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
Psa 91:8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Psa 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
Psa 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Psa 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Psa 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Psa 91:13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Psa 91:14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.
Psa 91:15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Psa 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.